Pra­vin ont­hul JZ se rol in staat­skaping

Hy toon glo diep­gaan­de be­lang­stel­ling in sa­ke

Volksblad - - Voorblad -

Oud­pres. Ja­cob Zu­ma was son­der twy­fel ’n voor­bok in die de­ka­de lan­ge pro­ses van staat­skaping, blyk uit Pra­vin Gordhan, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, se uitgelekte ver­kla­ring.

Gordhan se ver­kla­ring aan die Zon­do-kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping het uit­ge­lek en is voor­ty­dig in die me­dia be­kend ge­maak.

Gordhan het die ver­kla­ring van 68 blad­sye op 11 Ok­to­ber on­der­te­ken. Hy moet Don­der­dag voor die kom­mis­sie ver­skyn.

Zu­ma het lui­dens die ge­lek­te ver­kla­ring on­ver­wags en di­rek in­ge­meng in staats­oor­een­koms­te en -pro­jek­te, on­der meer die kern­krag­pro­jek; Pe­troSA se po­ging om ’n deel van En­gen te koop; en die stig­ting van De­nel A­sia – ’n Gup­ta-be­heer­de maat­skap­py.

Gordhan skryf Zu­ma het “diep­gaan­de be­lang­stel­ling” in “ge­wo­ne or­ga­ni­sa­to­rie­se sa­ke” ge­toon.

Sy per­soon­li­ke be­lang­stel­ling in se­ke­re pro­jek­te “kan op ’n pa­troon dui wat ’n mens kan help om staat­skaping te ver­staan”.

Hy wys die kern­oor­een­koms met Rus­land uit as een pro­jek waar­oor Zu­ma dit baie dui­de­lik ge­stel het hy wil hê dit moet voort­gaan.

Toe Pe­troSA plan­ne be­gin be­raam om die Ma­lei­sie­se maat­skap­py Pe­tro­nas se aan­deel in En­gen te koop, het die­self­de ge­beur. Dit het wel deur die mat ge­val, maar vol­gens Gordhan wou dit voor­kom of daar ’n “te­ë­sin­nig­heid teen en selfs ’n ver­my­ding van” be­hoor­li­ke kon­tro­le­rings­pro­ses­se was.

Die ver­kla­ring be­skryf ook hoe Zu­ma Gordhan, toe nog mi­nis­ter van fi­nan­sies, in 2015 ge­bel het om hom daar­van te oor­tuig om nu­we Ai­r­bus­vlieg­tuie vir die SAL aan te koop.

Zu­ma het hom ge­vra of dit moont­lik is om te doen wat Du­du My­e­ni, voor­sit­ter van die SAL en vrien­din van Zu­ma, wou hê (’n pe­per­duur oor­een­koms met Ai­r­bus).

Hy wou nie bes gee nie. Nhlanhla Ne­ne, wat tus­sen Gordhan se twee ter­my­ne mi­nis­ter van fi­nan­sies was, ook nie. Die SAL het uit­ein­de­lik die vlieg­tuie ge­huur.

Lui­dens Gordhan se ver­kla­ring het hy die Gup­tas amp­te­lik net een keer ont­moet. Hy was op drie an­der ge­leent­he­de in kon­tak met die om­stre­de fa­mi­lie – twee keer by o­pen­ba­re ge­leent­he­de en een keer op ’n sa­ke­ver­ga­de­ring.

Laas­ge­noem­de is deur To­ny Gup­ta ge­re­ël waar­op hy ’n In­die­se sa­ke­man aan Gordhan voor­ge­stel het wat glo ’n aan­deel in MTN wou koop. Niks het daar­van ge­kom nie.

Die be­lang­rik­ste in­ter­ak­sie was op ’n ver­ga­de­ring in die pre­si­den­si­ë­le gas­te­huis in P­re­to­ria waar­heen Zu­ma hom ge­nooi het. Hy het A­jay Gup­ta as sy “vriend” voor­ge­stel en ge­sê A­jay het kun­dig­heid in klein­sa­ke en fi­nan­sies.

“Ons het ’n paar mi­nu­te oor dit­jies en dat­jies ge­praat, maar ek kan nie die be­son­der­he­de ont­hou van wat ’n baie op­per­vlak­ki­ge ge­sprek was nie.”

A­jay het die ver­trek daar­na ver­laat en hy en Zu­ma het ver­ga­der.

Vol­gens hom was hy nooit by die Gup­tas se huis in Saxon­wold, Jo­han­nes­burg,

nie en het hy ’n uit­no­di­ging na die Gup­ta-troue in 2013 by Sun Ci­ty van die hand ge­wys.

Die EFF sê in re­ak­sie hy neem ken­nis van die feit dat Gordhan er­ken hy het die Gup­tas wel ont­moet. Die par­ty be­stem­pel hom steeds as ’n me­de­wer­ker van die fa­mi­lie om­dat

staat­skaping “in sy be­wind as mi­nis­ter van fi­nan­sies ’n vas­trap­plek ge­kry het”.

Die pre­si­den­sie het gis­ter­mid­dag ge­re­a­geer deur te sê dit is “nie ’n mis­daad om ie­mand te ont­moet nie”.

“Die staat­skapings­kom­mis­sie is in­ge­stel om juis die aard van daar­die

ver­bin­te­nis­se te on­der­soek. Die pre­si­dent gaan die kom­mis­sie nou kans gee om met sy werk voort te gaan.”

A­dri­an Lackay, Gordhan se woord­voer­der, sê dit is vir hul­le “on­ver­klaar­baar” hoe sy ver­kla­ring aan die me­dia uit­ge­lek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.