Wag­te ver­wy­der EFF-raads­le­de ná c­ha­os

Volksblad - - Voorblad - Marietjie­ Gericke

’n C­ha­o­tie­se raads­ver­ga­de­ring van die Man­gaung-me­tro het gis­ter­mid­dag so ont­aard dat die spea­ker, Mxo­li­si Siyon­za­na, die mu­ni­si­pa­li­teit se vei­lig­heids­be­amp­tes in­ge­roep het om die EFF-raads­le­de te ver­wy­der. Hier pro­beer ’n vrou­li­ke vei­lig­heids­be­amp­te om Paul­ni­ta Ma­rais, raads­lid van die EFF, met ge­weld uit die raad te ver­wy­der. Ma­rais se hemp is in die pro­ses voor oop­ge­skeur. Die EFF-raads­lid Vic­ky Mot­laung (met die wit oor­jas) het pro­beer keer. Die EFF het die ver­ga­de­ring ont­wrig om­dat hul­le on­te­vre­de is met Siyon­za­na se han­te­ring van hul po­gings om ’n mo­sie van wan­troue per ge­slo­te stem­brief teen die uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter, Ol­ly Mlam­le­li, in­ge­stel te kry.

Ge­veg­te het gis­ter­mid­dag tus­sen vrou­li­ke EFF-raads­le­de en vei­lig­heids­be­amp­tes van die Man­gaung-me­tro in Bloem­fon­tein uit­ge­breek op ’n raads­ver­ga­de­ring wat in c­ha­os ver­val het.

Die spea­ker, Mxo­li­si Siyon­za­na (ANC), het die mu­ni­si­pa­li­teit se vei­lig­heids­be­amp­tes in­ge­roep na­dat EFF-raads­le­de lan­ger as twee uur die ver­ga­de­ring ont­wrig het.

Die twis­punt was die mo­sie van wan­troue wat die EFF in Au­gus­tus teen die bur­ge­mees­ter, Ol­ly Mlam­le­li, in­ge­stel het.

Die EFF wou toe hê die stem­me­ry moes met ’n ge­slo­te stem­brief plaas­vind, wat nie toe­ge­laat is nie. Die EFF wou die saak nou weer op die a­gen­da plaas, maar het nie 48 uur voor­af ken­nis hier­voor ge­gee nie, het Siyon­za­na­ná die ont­wrig­te ver­ga­de­ring aan Volks­blad ge­sê.

Ba­ba Se­bo­lao van die EFF sê eg­ter Siyon­za­na het op die laas­te raads­ver­ga­de­ring be­loof daar­die punt sou op die a­gen­da wees.

’n He­wi­ge ge­veg het gis­ter ver­al tus­sen twee vroue uit­ge­breek. ’n Vrou­li­ke vei­lig­heids­be­amp­te en Paul­ni­ta Ma­rais, EFF-raads­lid, het me­kaar let­ter­lik heen en weer ge­pluk. Die wag het Ma­rais se kle­re voor oop­ge­skeur.

An­der raads­le­de het deu­ren­tyd die ge­veg­te met hul­le sel­fo­ne af­ge­neem en ge­lag. Die EFF-raads­le­de het uit­ein­de­lik al­mal uit die saal ge­stap, be­ge­lei deur die vei­lig­heids­be­amp­tes. Die DA en die VF Plus het ook uit die ver­ga­de­ring ge­stap. Siyon­za­na het die ver­ga­de­ring ver­daag.

Die ver­ga­de­ring moes reeds vroe­ër vir tien mi­nu­te ver­daag word so­dat Siyon­za­na met die EFF kon praat.

Dr. E­li­za­beth Sny­man van De­ven­ter van die VF Plus het ná die tyd ge­sê dit was “’n sir­kus” en die EFF se wet­te­loos­heid is min­ag­ting van raads­re­ëls. Har­die Vi­viers, DA-kou­kus­lei­er, het ge­sê Siyon­za­na het nie die ver­moë om die huis in or­de te kry nie. Du­lan­di Leech (DA) het ge­sê wat in die raad ge­beur, word bui­te in die s­tra­te weer­spie­ël. ■ Lees­ meer­ op­ Net­werk24.

Fo­to: MARIETJIE GERICKE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.