Nu­we le­we vir ‘Ra­chel­tjie’

Goud­storm­loop word ag­ter­grond vir ’n sus­sie se hel­de­daad

Volksblad - - Voorblad - C­heré­ne Pie­naar

Die­self­de soort ka­me­ra wat met die ver­fil­ming van die Os­car-be­kroon­de rol­prent A­va­tar ge­bruik is, word nou vir die eer­ste keer met die maak van ’n Suid-A­fri­kaan­se fliek, The S­to­ry of Ra­chel­tjie de Beer, in­ge­span.

Die So­ny Ve­ni­ce se vlym­skerp teg­no­lo­gie kom ver­al in die don­ker tot sy reg en is per­fek vir na­tuur­li­ke be­lig­ting, sê Jo­han Kru­ger, die ver­vaar­di­ger van Ra­chel­tjie, wat ook tal­le oor­se­se rol­pren­te op sy kerf­stok het.

Baie van die to­ne­le is in ’n sand­steen­huis op ’n ap­pel­plaas bui­te Fou­ries­burg ver­film. Dié huis was lank ver­la­te en be­hoort aan ’n vrou wat in ’n Bloem­fon­tein­se ou­e­te­huis woon.

Die rol­prentspan het die vry­heid ge­had om ’n kag­gel in te bou, die kom­buis don­ker-o­lyf­groen te verf en mo­der­ne e­le­men­te te ver­steek. An­tie­ke re­kwi­sie­te en meu­bels uit die 1800’s is ge­huur en ver­leen ka­rak­ter aan die huis.

Ul­tra­mo­der­ne vi­su­e­le ef­fek­te sal ge­bruik word om sneeu op die Oos-Kaap­se ber­ge te strooi wat as ag­ter­grond vir die rol­prent sal dien.

In die eet­ka­mer­to­neel ont­haal die Lunts vir Her­man de Beer (S­ti­an Bam) en sy kin­ders, Ra­die chel­tjie (Zo­ni­ka de V­ries) en klein Ja­mie (Jo­han­nes Jor­daan), na­dat hul os­se­wa ge­breek het.

Ma­ri­us Wey­ers ver­tolk die rol van Ge­or­ge Lunt, die ei­e­naar van die plaas.

“Die eet­ka­mer­to­neel het nét ker­se en lan­terns vir be­lig­ting, en dit is só mooi,” sê Kru­ger.

Kers­lig wat van ge­sig na ge­sig tus­sen die ak­teurs dans, ver­leen ’n in­ti­mi­teit aan die to­ne­le wat met kon­ven­si­o­ne­le lig­te ver­lo­re gaan, sê San­dra Prins­loo, wat die rol van die boer­vrou Ja­co­ba Lunt ver­tolk.

“Al­les is net so ou­ten­tiek en reg.”

Dit is die re­gis­seur Matthys Bos­hoff se eer­ste vol­leng­te rol­prent. Hy is be­kend as ’n kom­mer­si­ë­le TV-re­gis­seur en sy kort­prent V­lees van my v­lees het in 2016 die prys as kort­prent van jaar op die kykNET-Sil­wer­skerm­fees ge­wen.

Vol­gens hom het nog geen an­der rol­prent­ma­ker voor­heen kans ge­sien om Ra­chel­tjie se ver­haal te ver­film nie om­dat dit vol uit­da­gings is.

Kru­ger skerts: “Dis na­tuur, dis die­re, dis kin­ders – baie soos ’n

Ben Hur 2.”

Hoe­wel die plaas­grond Dins­dag nog met ka­pok be­spik­kel was, was die ag­ter­grond teen Don­der­dag skoon. Die skoon lei is i­de­aal vir die vi­su­e­le ef­fek van sneeu wat met die re­di­ge­ring sal by­kom.

Kru­ger en Bos­hoff is dit eens dat die fliek nie be­perk is tot ’n A­fri­kaan­se plaas­te­ma nie. Hul­le het weg­be­weeg van die Groot Trek-kon­teks.

“Om­dat die sto­rie fik­tief is, gee dit jou kre­a­tie­we vry­heid en ons het ge­voel die goud­storm­loop is in­te­res­san­ter.

“Dit is ’n u­ni­ver­se­le fa­mi­lie­dra­ma met on­heil­spel­len­de on­der­to­ne,” sê Bos­hoff.

Kru­ger praat reeds met bui­te­land­se ver­sprei­ders.

■ Wees op die uit­kyk vir ’n ar­ti­kel en fo­to­blad van die ver­fil­ming van die rol­prent wat aan­staan­de week op Net­werk24 sal ver­skyn.

■ The S­to­ry of Ra­chel­tjie de Beer

sal in Ok­to­ber 2019 in rol­prent­te­a­ters ge­sien kan word.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

S­ti­an Bam ver­tolk die rol van Her­man de Beer, Ra­chel­tjie se pa, in die rol­prent wat die volks­ver­haal in ’n vars kon­teks plaas. Die ka­me­ra waar­mee dit ver­film word, is die­self­de soort wat Ja­mes Ca­me­ron met die maak van A­va­tar in­ge­span het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.