S­kok vir Ba­ki­li

Sie­mens-ver­dag­te hoor van nog ’n klag

Volksblad - - Voorblad - Al­za­ne Nar­rain

S­tan­ley Ba­ki­li (37), die ver­meen­de baas­brein ag­ter die huur­moord op Lou­is Sie­mens, het gis­ter ’n s­kok ge­kry toe die staat ’n by­ko­men­de aan­klag, van sa­me­swe­ring tot moord, teen hom in­ge­dien het.

Xo­li­si­le M­be­be­to (38), wat Don­der­dag skuld be­ken het dat hy die snel­ler ge­trek het wat Sie­mens (52) se dood ver­oor­saak het, be­trek Ba­ki­li by ’n kom­plot om sy vrien­din, Lin­di­we Ra­de­be, te ver­moor.

M­be­be­to sê in sy pleit­ver­dui­de­li­king Ba­ki­li wou Ra­de­be laat ver­moor om­dat sy ’n ge­tuie in ’n be­drog­saak teen hom is.

M­be­be­to het kop uit­ge­trek toe Ra­de­be be­sef het hy ag­ter­volg haar.

Sie­mens was die be­stu­ren­de di­rek­teur van die Ci­tyMed-dag­hos­pi­taal in Bloem­fon­tein ten ty­de van sy dood.

Ba­ki­li se regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Sak­kie Nel, het land­dros Mar­le­ne Ma­rais ge­vra dat sy kli­ënt se aan­soek om borg­tog uit­ge­stel word om­dat hy eers die “sen­si­tie­we in­lig­ting” in die do­ku­men­te van die staat wil be­stu­deer en met sy kli­ënt be­spreek.

Die regs­ver­teen­woor­di­gers van die twee po­li­sie­man­ne in die be­skul­dig­de­bank het ook in­lig­ting van die staat ont­vang oor wat M­be­be­to oor hul kli­ën­te sê.

Jo­han Vor­ster, na­mens konst. Ka­gis­ho Is­ha­el C­ha­ba­ne (39), ’n ho­for­don­nans in die­self­de land­dros­hof, het ge­sê hy voer sa­me­spre­kings met die staat om die aan­klag­te teen C­ha­ba­ne te laat vaar.

Hy is glo ’n af­rig­ter van Ba­ki­li se sok­ker­klub.

’n Mo­tor wat na be­we­ring op die dag van die moord ge­bruik is, is in die naam van C­ha­ba­ne ge­huur.

Hul me­de­be­skul­dig­de, konst. Mo­le­bat­si John Mo­goe­ra (40), was na be­we­ring die on­der­soek­be­amp­te in ’n aan­ran­ding­saak wat Ra­de­be in Mei van­jaar teen Ba­ki­li in­ge­dien het.

Die staat be­weer ook die 9 mm-pis­tool waar­mee Sie­mens dood­ge­skiet is, is deur ’n po­li­sie­man van die po­li­sie­kan­toor in Bays­wa­ter ver­skaf.

Die drie ver­skyn weer la­ter van­dees­maand in die hof wan­neer hul­le om borg­tog aan­soek sal doen.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Van links sit S­tan­ley Ba­ki­li, konst. Mo­le­bat­si John Mo­goe­ra en konst. Ka­gis­ho Is­ha­el C­ha­ba­ne gis­ter in die be­skul­dig­de­bank van die land­dros­hof in Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.