Vrae na­dat vyf kluis oop­skiet

Be­seer­de man, vrou ry weg van to­neel

Volksblad - - Nuus - A­let van der Walt

Die po­li­sie kon nog nie vas­stel wie die man en vrou is wat dié week in die vroeë og­gend­u­re in T­heu­nis­sen in die Vry­staat be­seer is toe ro­wers ’n kluis met plof­stof by ’n vul­sta­sie oop­ge­skiet het nie.

Die twee, wat al­bei kop­be­se­rings op­ge­doen en erg ge­bloei het, het glo ná die roof­tog die win­kel ver­laat en weg­ge­ry.

Fo­to’s van hul­le is daar­na op T­wit­ter ge­deel.

Vol­gens die in­skry­wing het die man en vrou glo die og­gend uit Bot­ha­vil­le na Bloem­fon­tein ge­ry en hul­le in T­heu­nis­sen in die roof­tog vas­ge­loop.

Die vrou was glo op pad na Bloem­fon­tein vir ’n me­die­se on­der­soek.

Die ro­wers het glo ook die twee se beur­sies ge­buit.

Die voor­val was Dins­dag in die vroeë og­gend­u­re.

Vyf ge­wa­pen­de mans met klap­mus­se het om 04:00 op die Cal­tex-vul­sta­sie op die pad na Bloem­fon­tein toe­ge­slaan.

Hul­le het ’n man wat bui­te die vul­sta­sie was, uit sy I­su­zu­bak­kie ge­ruk en by die win­kel in­ge­dwing.

Klan­te in die Bim­bo’s-re­stau­rant en die ki­osk is ge­dwing om op die grond te lê voor­dat die ro­wers die in­gooi-kluis met plof­stof oop­ge­skiet het.

Met die ont­plof­fing het die win­kel se pla­fon in­ge­val en van die men­se in die win­kel is be­seer.

Kapt. Ma­le­bo K­hosa­na, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê die ro­wers het met ’n on­be­ken­de be­drag kon­tant in ’n wit Volks­wa­gen Po­lo en in die man se I­su­zu-bak­kie weg­ge­kom.

Die bak­kie is la­ter in T­heu­nis­sen ge­kry.

K­hosa­na sê hul­le weet nie wie die be­seer­de man en vrou is wat die to­neel ver­laat het nie.

Oog­ge­tui­es op die mis­daad­to­neel het aan die po­li­sie ge­sê die man en vrou is ná die roof­tog vin­nig uit die win­kel.

Hul­le het in ’n Toyo­ta A­van­za ge­klim en in die rig­ting van Bloem­fon­tein ge­ry.

Fo­to: T­WIT­TER

Dié fo­to's van ’n on­be­ken­de man en vrou wat in T­heu­nis­sen in ’n roof­tog be­seer is, is die af­ge­lo­pe week wyd op so­si­a­le me­dia ge­deel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.