Boer slaap in tronk na­dat wer­ker in wang ge­skiet is

Volksblad - - Nuus - A­let van der Walt

’n Boer van Bult­fon­tein, A­bel S­trauss (55), moes twee nag­te in die tronk deur­bring na­dat hy glo ’n plaas­wer­ker in die ge­sig ge­skiet het.

S­trauss het lui­dens sy ver­kla­ring ver­le­de Sa­ter­dag om­streeks 21:00 saam met sy vrou en hul ge­strem­de seun by hul huis op die plaas M­cGrath’s Park aan­ge­kom.

Kort na­dat hul­le in die huis in is, het hul­le ge­hoor hoe ie­mand aan die tra­lie­hek by ’n bui­te­deur ruk en pluk.

S­trauss het aan sy vrou en seun ge­sê om in die kom­buis te wag ter­wyl hy on­der­soek in­stel.

S­trauss het lui­dens sy ver­kla­ring sy vrou se .22 Be­ret­ta-pis­tool saam­ge­vat.

’n S­koot het af­ge­gaan en Jo­han­nes Jan­tjie (35), wat by ’n bui­te­deur was, skrams in die wang ge­tref.

S­trauss het die po­li­sie ont­bied en is in heg­te­nis ge­neem. Jan­tjie is in ’n plaas­li­ke hos­pi­taal vir ’n wond aan sy wang be­han­del.

Kapt. S­te­phen T­ha­keng, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê S­trauss is op 5 No­vem­ber op borg­tog van R3 000 vry­ge­laat. Hy moet weer op 26 No­vem­ber in die hof ver­skyn.

Hy word aan­ge­kla van po­ging tot moord en ’n oor­tre­ding van die Vuur­wa­pen­wet.

Jan­tjie is reeds uit die hos­pi­taal ont­slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.