Be­jaar­de eg­paar uit 7 rin­ge be­drieg

Volksblad - - Nuus -

Co­re­li Roos

’n Be­jaar­de eg­paar van Bet­hu­lie was on­langs die prooi van ’n swen­de­laar wat se­we goue rin­ge van hul­le ge­steel het.

Oud­past. Pie­ter Rood­man (81) en sy vrou, Tru­dy (77), sê op ’n Maan­dag­mid­dag laat het die man vir die eer­ste keer kom vra of hul­le ou mes­se­goed het om te ver­koop.

Hul­le het die kans aan­ge­gryp om­dat hul­le van hul huis­wa­re wou ver­koop. Die man sou die vol­gen­de dag te­rug­keer.

Hy het die vol­gen­de og­gend op­ge­daag met ’n duur la­ken­stel. “Hier­die is ’n ge­skenk vir jul­le om­dat ek ’n bie­tjie laat is,” het hy ge­sê.

Hul­le is saam na die kom­buis, waar die mes­se­goed op die ta­fel uit­ge­pak was.

Die vol­gen­de og­gend was hy te­rug en het hy ge­vra na goue ju­we­liers­wa­re. Tru­dy het hom be­veel om te bly waar hy is, maar hy het haar ka­mer toe ge­volg om te loer waar sy haar hou­er­tjie met haar ju­we­liers­wa­re bê­re.

Te­rug in die kom­buis het hy die ou hor­lo­sie­band­jies ge­weeg wat sy aan­ge­bied het en ge­sê dis eg­te goud. Hy het die eg­paar oor­reed om ook hul rin­ge te laat weeg.

“Hy wou al­less sien, maar ek het net twee rin­ge uit die bok­sie wat ek in die ka­mer gaan haal het vir hom uit­ge­haal.”

Toe druk sy die hou­er waar­in die an­der rin­ge is ag­ter die brood­roos­ter in om dit weg te steek. Hul­le wou nie hul rin­ge ver­koop nie en het so ge­sê.

Bot­tel­tjie

Hy dring toe daar­op aan om die rin­ge vir hul­le skoon te maak, waar­na hy dit in ’n vloei­stof ge­gooi het in ’n bot­tel­tjie wat hy by hom ge­had het. Hul­le het ge­hoor hoe ‘die rin­ge’ in die bot­tel­tjie val toe hy dit in­gooi.

Sy op­drag aan hul­le was dat hul­le dit vir 45 mi­nu­te nie moes oop­maak nie “dat die skoon­maak­mid­del sy werk kon doen”.

Hy het ’n op­roep ont­vang en ge­sê hy gaan geld trek by die kits­bank. Hy is toe daar weg.

Sy twee sel­fo­ne en R500 wat hy uit­ge­haal het, het nog op die ta­fel ge­lê.

Die Rood­mans was be­kom­merd dat die vloei­stof ’n am­ber­steen in een van die rin­ge kon be­ska­dig en het be­sluit om te kyk. Groot was hul s­kok toe hul­le die bot­tel­tjie oop­draai en klip­pe daar­in vind. Hul­le is be­drieg en be­roof, het hul­le be­sef.

’n Nog gro­ter s­kok het ge­wag toe hul­le die hou­er wat ag­ter die brood­roos­ter ver­steek was leeg op die kom­buis­vloer vind. Hy is uit­ein­de­lik weg met al se­we hul rin­ge van goud, wat hul trou- en ver­loof­rin­ge in­sluit.

“Ons het ’n klag by die po­li­sie in­ge­dien en al­le moont­li­ke be­wys­stuk­ke ver­skaf waar­op vin­ger­af­druk­ke kon wees.”

Die be­drie­ër was nog nie te­vre­de nie.

Ter­wyl Tru­dy die vol­gen­de dag by die haar­kap­per was, het haar foon ge­lui. “My naam is Go­ven­der. CJ was gis­ter by jul­le en hy het ’n klomp goud ge­vat, maar ek wil kom on­der­han­del,” het hy ge­sê en af­ge­lui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.