‘A­we­so­me’ be­gin al in 1990’s kop uit­steek

Volksblad - - Kommentaar - Ger­hard van Huys­steen ■ Ger­hard van Huys­steen is ’n taal­kun­di­ge aan die Noord­wes U­ni­ver­si­teit. (ger­hard.van­huys­steen@nwu.ac.za)

Dit is ken­ne­lik on­wel­voeg­lik en ver­al on­ge­vraagd om kri­tiek op ’n A­fri­kaan­se “kuns”-rol­prent uit te spreek.

Daar­om sal ek maar lie­wer nooit in die o­pen­baar sê dat ek ’n paar keer ver­veeld op my hor­lo­sie ge­kyk het toe ons on­langs Ka­na­rie gaan kyk het nie.

Aan­ge­sien hier­die nie ’n fliek­ru­briek is nie, mag ek dus maar skro­me­loos oor fliek­taal­ge­bruik praat.

In ’n rol­prent soos Kro­toa kan die fliek­ma­ker in we­se nie die taal­ge­bruik van 350 jaar ge­le­de per­fek weer­gee nie.

Be­ne­wens die feit dat ons nie reg­tig weet hoe die taal toe ge­klink het nie, sal wei­nig men­se dalk e­nig­sins die rol­prent kon volg as ’n mens wél die taal van daar­die tyd sou ge­bruik het.

Dit sou wel vreem­de­rig wees as ’n ka­rak­ter in Kro­toa iets soos “Is jy van jou trol­lie af, Jan­ne­man?!” sou uit­roep.

Wan­neer dit in ’n se­ri­eu­se pe­ri­o­de­dra­ma voor­kom, staan dit seer­oog­lik uit as ’n so­ge­naam­de a­na­chro­nis­me – iets wat teen (“ana-”) die tyd (“chro­nos”) in­druis.

As ie­mand wat sel­wers ’n tie­ner in die 1980’s was, het Ka­na­rie se ma­kers myns in­siens uit­ste­kend daar­in ge­slaag om die pe­ri­o­de be­son­der ak­ku­raat uit te beeld.

’n Paar ta­li­ge a­na­chro­nis­mes in Ka­na­rie het my eg­ter op­ge­val:

■ My guns­te­ling­mo­ment in die rol­prent is wan­neer Ger­mandt Gel­den­huys se ka­rak­ter gil: “Mal vir Mi­mi!”

Hier­die “mal vir X”-kon­struk­sie is ’n re­de­lik re­sen­te kon­struk­sie in A­fri­kaans, en die waar­skyn­lik­heid is klein dat dit in 1985 be­kend sou wees.

■ S­chalk Be­zui­den­hout se ka­rak­ter kom van Vil­liers­dorp in die Wes-Kaap. Toe hy sy mond die eer­ste keer oop­maak, spring S­chalk se ken­mer­ken­de ge­ron­de “a” (soos in “my mô is A­frikô­ôns”) da­de­lik in my oor. Die be­ken­de A­fri­kaan­se fo­no­loog prof. Daan Wis­sing sê dat ons met stel­lig­heid kan aan­neem dat ’n jong man uit Vil­liers­dorp in 1985 nié sy a’s só sou rond nie.

■ Die op­val­lend­ste a­na­chro­nis­me is eg­ter wan­neer een van die ka­rak­ters ’n “a­we­so­me” laat val.

Vir my is die ge-“a­we­so­me”-ry in A­fri­kaans ’n ver­skyn­sel van die nu­we mil­len­ni­um. ’n B­litsop­na­me op T­wit­ter be­ves­tig my ge­voel: S­legs 11% van die re­spon­den­te dink dat dit ’n ver­skyn­sel is wat voor 2000 in A­fri­kaans be­gin nes­skop het.

Maar dan bring ’n die­per ge­gra­we ver­ras­sen­de fei­te vo­ren­dag. Reeds in die mid­del 1990’s be­gin “a­we­so­me” al kop uit­steek in ge­skre­we A­fri­kaans, wat im­pli­seer dat dit waar­skyn­lik wel al in die 1980’s in ge­spro­ke taal voor­ge­kom het. Kyk by­voor­beeld na die vol­gen­de aan­ha­ling uit Die Bur­ger van 6 Ju­nie 1994: “Dis hul eer­ste a­tel­jee-plaat in se­we jaar en klink so pro­fes­si­o­neel, swaar­wig­tig, dra­ma­ties en dood­ge­woon ‘a­we­so­me’ soos al­tyd.”

Har­de fei­te bring nu­we in­sig­te. As die ver­meen­de a­na­chro­nis­mes nie so a­na­chro­nis­ties is as wat ek aan­vank­lik ge­dink het nie, dan is Ka­na­rie ook dalk a­we­so­me­ër as my eer­ste in­druk­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.