‘Moei­li­ke ge­boor­te wag op M­zan­si-li­ga’

Volksblad - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Daar moe­nie te hoë ver­wag­tin­ge wees rond­om die eer­ste M­zan­si Su­per­liga, Suid-A­fri­ka se nu­we T20-toer­nooi, wat oor ’n week af­skop nie.

C­li­ve Ek­steen, Krie­ket SuidA­fri­ka (KSA) se hoof van kom­mer­si­ë­le sa­ke en be­mar­king, het van­dees­week ge­sê suk­ses in dié maand lan­ge toer­nooi sal ge­meet word aan hoe­veel on­der­steu­ners by die sta­di­ons op­daag en die ge­tal­le wat die wed­stry­de op te­le­vi­sie dop­hou.

Ek­steen het ge­sê daar is nog heel­wat werk wat ge­doen moet word.

“Dit is groot­liks be­dryf­sa­ke wat aan­dag ge­niet. Dit is ’n baie groot pro­jek,” er­ken hy.

Hy het ook ge­sê die te­le­vi­sie­pro­duk­sie word deur ’n in­ter­na­si­o­na­le a­gent­skap be­har­tig, met die SAUK wat hand aan hand met hul­le sal werk.

Ek­steen het be­ves­tig dat die toer­nooi in on­der meer In­dië, Aus­tra­lië, B­rit­tan­je, Noor­dA­me­ri­ka en die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de, as­ook an­der de­le van die A­sie­se sub­kon­ti­nent ge­beeld­send sal word.

“Dit is van die groot­ste mark­te in die krie­ket­wê­reld en sal goeie bloot­stel­ling vir die toer­nooi wees,” sê hy.

Ek­steen er­ken dat el­ke sent wat vir die toer­nooi ge­maak kan word, brood­no­dig sal wees.

Daar is al be­spie­gel dat die toer­nooi eers teen die vyf­de jaar ’n wins sal be­gin maak.

“Die be­doe­ling is al­tyd om geld te maak met só ’n toer­nooi, maar daar moet re­a­lis­me wees en jy weet daar gaan nie ge­lyk ge­breek word in die eer­ste jaar nie.

“Met al­les wat die toer­nooi ook voor­af­ge­gaan het, sal dit ’n

moei­li­ke be­gin wees en kan daar ver­wag word dat din­ge aan­vank­lik maar taai gaan wees,” sê Ek­steen.

Wat die kaart­jie­ver­ko­pe be­tref, sê Ek­steen dit is ook maar moei­lik om te be­oor­deel, aan­ge­sien die toe­skou­ers ge­neig is om op die dag by die veld hul kaart­jies te koop.

“Op die oom­blik is daar nog nie sta­di­ons wat uit­ver­koop is nie. Ons het be­slis ’n goeie eer­ste na­week van die toer­nooi no­dig om die vuur aan te steek,” sê hy.

Ek­steen sê al is daar nie ’n hoof­borg vir die toer­nooi nie, en span­ne ook nie hul eie in­di­vi­du­e­le bor­ge sal hê nie, is daar kom­mer­si­ë­le bor­ge en ven­no­te wat in die vol­gen­de paar dae aan­ge­kon­dig sal word.

“Die be­lang­rik­ste is om die spel in Suid-A­fri­ka te help groei. Daar is net ’n hand­vol spe­lers (on­ge­veer 18) wat na­si­o­na­le kon­trak­te kan kry.

“Met die dié toer­nooi sal so­veel meer jong spe­lers bloot­stel­ling kry op ’n groot ver­hoog en wê­reld­wyd in­druk kan maak,” sê dié eer­tyd­se draai­er van die Suid-A­fri­kaan­se span.

Fo­to: GALLO IMAGES

C­li­ve Ek­steen, Krie­ket Suid-A­fri­ka se kom­mer­si­ë­le en be­mar­kings­hoof, praat oor die M­zan­si Su­per­liga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.