‘Gee my die S­pi­ce Gi­rls’

Jo­nes min ge­pla met die ha­ka

Volksblad - - Sport -

Die S­pi­ce Gi­rls kan net so­wel op­tree as wat die All Blacks hul ha­ka voor ’n rug­by­wed­stryd uit­voer, meen Ed­die Jo­nes, die En­gel­se Ro­se se af­rig­ter.

Die uit­ge­spro­ke En­gel­se brei­er het op die voor­aand van van­dag se toets tus­sen En­ge­land en Nieu-See­land op T­wic­ken­ham ge­sê die ha­ka skeel hom maar min.

“In daar­die sta­di­um van die wed­stryd, kan hul­le die S­pi­ce Gi­rls speel en ek sal nie weet wat aan­gaan nie,” skerts Jo­nes.

“Hul­le maak mos ’n te­rug­keer, die S­pi­ce Gi­rls? Dalk moet hul­le dan (voor die af­skop) kom sing. Dit (die ha­ka) is glad nie re­le­vant vir my nie,” sê Jo­nes.

Die S­pi­ce Gi­rls het in­der­daad vroe­ër van­dees­week aan­ge­kon­dig hul­le gaan her­e­nig – maar wel son­der Vic­to­ria Beck­ham, of­te­wel Posh S­pi­ce.

Die Ro­se staal hul­le in­tus­sen vir ’n re­ü­nie van hul eie. Hul­le was vier jaar laas in ’n twee­stryd met die All Blacks be­trok­ke en Jo­nes is des­pe­raat om te keer dat die wê­reld se nr. 1-span die hoë no­te tref.

Daar­om glo dié brei­er sy plaas­ver­van­gers sal net so ’n be­lang­ri­ke rol as die be­gin­spe­lers moet ver­tolk as hul­le die kol­lig by die All Blacks wil steel.

“Die ge­skie­de­nis ver­tel vir jou Nieu-See­land wen die mees­te van hul wed­stry­de in die laas­te 20 mi­nu­te, so wie gaan be­lang­ri­ker wees – die ou in die be­gin­span of die ou wat van die bank af speel?”

Vol­gens Jo­nes het die spel só ver­an­der dat al 23 spe­lers van kar­di­na­le be­lang is.

“Jy wil uit­vind hoe om vir die he­le 80 mi­nu­te op jou bes­te te ver­toon. Spe­lers se ver­moë om die tem­po te ver­snel is nou 30% meer be­lang­rik as twee of drie jaar ge­le­de. Die spel is meer fi­siek, so jy moet twee spe­lers hê om po­si­sies te vul waar­in ’n hoë werk­ver­rig­ting ver­wag word.

“Dit is by­kans on­moont­lik om ’n stut vir die vol­le 80 mi­nu­te op die veld te hou.”

In­tus­sen sê die All Black-brei­er, S­te­ve Han­sen, ’n toets teen En­ge­land is selfs gro­ter as ’n reeks teen die B­rit­se en Ier­se Leeus. Die Nieu-See­lan­ders het ’n punt om te be­wys na­dat hul­le ver­le­de jaar die reeks teen die Leeus met 1-1 ge­deel het.

“Die Leeus-toer het dié toets gro­ter ge­maak, want ons was nie suk­ses­vol nie, ons het die reeks ge­deel,” sê hy.

Tog glo Han­sen die All Blacks is nou ’n be­ter span. “Ons het baie her­sie­ning ge­doen ná die tyd. Jy kan na daar­die jaar kyk en sê die Leeus-toer was ’n ge­skenk, want daar was baie din­ge wat ons nie goed ge­doen het nie.” – S­port­re­dak­sie, Reu­ters, The Gu­ar­di­an

Fo­to’s: GETTY IMAGES

Kie­ran Re­ad-hul­le doen die ha­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.