Net nie nóg ’n mis­oes!

Twee­de te­leur­stel­ling sal toer ver­doem

Volksblad - - Sport - Co­bus Claas­sen

’NOor­win­ning ver­le­de Sa­ter­dag op T­wic­ken­ham oor En­ge­land sou ’n be­te­ke­nis­vol­le myl­paal in die Ras­sie Eras­mus-tyd­vak ge­wees het.

Die 2018-sei­soen – Eras­mus se eer­ste jaar as S­pring­bok-hoof­af­rig­ter – sou dan tot ’n groot ma­te ont­hou word vir die weg­se­ges oor die All Blacks en En­ge­land.

Daar is na­tuur­lik an­der re­des om te glo dat Eras­mus die reg­te man is om die Bok­ke aan­staan­de jaar Ja­pan toe te vat wan­neer die hei­li­ge graal van wê­reld­rug­by op die spel is.

Maar, na­dat die toer­span op T­wic­ken­ham teen ’n ge­lap­te En­gel­se span nie ’n uit­klop­hou kon plant nie, is daar gro­ter druk op die Bok­ke van­aand in Pa­rys teen Frank­ryk.

Nog ’n moes-en-kon-wen-mis­oes en dit dreig om ’n sei­soen van ver­lo­re ge­leent­he­de te word.

Daar­die Wel­ling­ton-op­skud­ding in die Rug­by­kamp­ i­oen­skap teen die wê­reld­kam­pi­oen het Bok-on­der­steu­ners weer ’n ap­tyt vir rug­by ge­gee, maar gaan dit ont­hou word as die e­nig­ste wa­re hoog­te­punt in ’n an­der­sins on­oor­tui­gen­de sei­soen?

Ja­c­ques Bru­nel, die Ha­ne se af­rig­ter, sê sy span móét wen om die Wê­reld­be­ker-jaar met self­ver­troue in te gaan.

Die be­soe­kers is ewe des­pe­raat. “Ja, ons het van­jaar al ’n paar goeie se­ges, maar ook te­leur­stel­len­de ver­to­nings ge­had,” het Eras­mus gis­ter ge­sê.

“Daar was toet­se wat baie na­by was en ons kon net so mak­lik teen Nieu-See­land ver­loor het (in Wel­ling­ton). Ons is net so des­pe­raat,” het Eras­mus ge­sê.

“S­kot­land en Wal­lis lê ook nog voor en ek sou graag al vier toet­se wou ge­wen het. Maar nou is die doel­wit drie uit vier.

“Dit is nog ’n ent Wê­reld­be­ker-toer­nooi toe, maar die laas­te ding wat jy nou wil hê, is om in ’n af­waart­se kur­we te be­land,” het die hoof­af­rig­ter ge­sê.

Die S­pring­bok­ke kom teen ’n span te staan wat min tot geen mo­men­tum of self­ver­troue het nie.

In Ju­nie, toe Frank­ryk laas ge­speel het, het die Ha­ne drie loe­sings by die All Blacks ge­kry.

Les B­leus het ook hul laas­te ses toet­se teen Suid-A­fri­ka ver­loor. Maar, soos al­tyd, weet nie­mand wat die Fran­se aan­slag op die dag kan in­hou nie.

Kom hul­le by die S­ta­de de Fran­ce aan en hul­le is lus vir rug­by speel, gaan dit keer kos. Wan­neer die Fran­se ska­re eers op hul voe­te is, is die Ha­ne bit­ter moei­lik om te stuit.

Daar is al die week ge­noeg ge­sê oor die span se af­ron­ding op T­wic­ken­ham, tog plaas Eras­mus ver­staan­baar ’n hoë pre­mie op goeie uit­voe­ring.

“Die toe­stan­de hier in die Noor­de­li­ke Half­rond ver­eis ’n an­der be­na­de­ring en dit was goed dat ons so­veel kan­se ge­skep het ver­le­de week.

“Die uit­ein­de was steeds dat ons die toets ver­loor het,” sê hy.

Mal­colm Marx, die Bok­ke se ha­ker, se in­gooie sal ver­staan­baar in die kol­lig wees in die na­draai van die T­wic­ken­ham-fi­as­ko.

As ’n bal­dra­er en -jag­ter het hy nie sy ge­ly­ke in in­ter­na­si­o­na­le rug­by nie, maar daar is steeds ’n hard­nek­ki­ge stig­ma oor sy swak lyn­staan­werk.

Die Ha­ne se los­ska­kel, Ca­mil­le Lo­pez, word in Fran­se rug­by­k­rin­ge as die groot ge­vaar­man be­skryf.

Sy di­rek­te teen­stan­der, Han­dré Pol­lard, skuld self sy span ’n be­ter ver­to­ning en sy be­sluit­ne­ming kan dit reg of weg maak in ’n nat S­ta­de de Fran­ce.

Volg ’n reg­streek­se blog van van­aand se toets op Net­werk24 en toets jou rug­by­ken­nis met ’n vas­vra. Jy kan mô­re vir die Bok­ke ’n rap­port gee.

Fo­to: GALLO IMAGES

Han­dré Pol­lard se be­sluit­ne­ming én skop­werk sal do­de­lik moet wees as die Bok­ke weer op die wen­pad wil kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.