Wê­reld­rug­by sê op­laas iets oor daai duik­slag

Volksblad - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Wê­reld­rug­by het op die mees sub­tie­le wy­se, en son­der om die voor­val op die naam te noem, ge­re­a­geer op die veel­be­spro­ke O­wen Far­rell-duik­slag op An­dré Ester­hui­zen in ver­le­de na­week se toets tus­sen Suid-A­fri­ka en En­ge­land op T­wic­ken­ham.

Far­rell is nie vir dié duik­slag, waar­in hy in die dood­snik­ke vir Ester­hui­zen met die skou­er ge­loop het son­der om sy arms te ge­bruik, deur die s­keids­reg­ter, An­gus Gard­ner, ge­straf nie.

Dié voor­val het ’n e­nor­me de­bat ont­ke­ten. Die me­nings van voor­ma­li­ge spe­lers en -skeids­reg­ters was ver­deeld. Die voor­ma­li­ge Ier­se sen­ter B­ri­an O’D­ris­coll en die oud-Bok­flank Kee­gan Da­niel tel on­der dié wat glo Gard­ner het die reg­te be­sluit ge­neem.

Die oud-bla­sers An­dré Watson en Jo­na­than Ka­p­lan ver­skil van hul­le, ter­wyl die voor­ma­li­ge En­gel­se los­ska­kel An­dy Goode ’n plei­dooi ge­le­wer het vir Wê­reld­rug­by om te re­a­geer. In ’n ver­kla­ring wat dié be­heer­lig­gaam Don­der­dag oor vuil­spel en kon­tak met spe­lers se kop uit­ge­reik het, is daar laag af ’n sin­ne­tjie, wat as ’n sub­tie­le re­ak­sie op die Far­rell-skou­er­loop ge­lees kan word. “Na­dat on­lang­se wed­stry­de, in­slui­ten­de dié van die af­ge­lo­pe na­week wat bui­te die toets­ven­ster ge­val het, her­sien is, is wed­stryd­be­amp­tes weer her­in­ner aan hul ver­plig­ting om on­wet­ti­ge duik­slae son­der arms, hoë duik­slae en duik­slae waar daar met die voor­arm of elm­boog ge­lei word, te straf,” lui die ver­kla­ring, wat na aan­lei­ding van ’n werk­ses­sie met af­rig­ters en wed­stryd­be­amp­tes uit­ge­reik is. “Dít val on­der (Wê­reld­rug­by) se voort­ge­set­te toe­wy­ding om kop­be­se­rings te voor­kom. Dit is weer be­na­druk by ’n hoogs pro­duk­tie­we werk­ses­sie met wed­stryd­be­amp­tes. Dié ses­sie het oor dis­si­pli­ne ge­han­del.”

Ras­sie Eras­mus, die Bok­ke se brei­er, het ná die toets op T­wic­ken­ham, wat Suid-A­fri­ka met 1112 ver­loor het, op ’n sar­kas­tie­se wy­se op vrae oor dié duik­slag ge­ant­woord.

“Dit is dui­de­lik baie doel­tref­fend. As dit dan wet­tig is, moet ons ook só be­gin oe­fen,” het hy ge­sê.

By ’n oe­fe­ning van­dees­week in Pa­rys het hy daad by woord ge­voeg en ’n “steel­vi­deo” van Eras­mus en die ver­de­di­gings­af­rig­ter, Ja­c­ques Nie­na­ber, wat vir Ester­hui­zen “leer” om soos Far­rell te duik, het so­si­a­le me­dia soos ’n hoog­vat ge­tref. Die vi­deo kan ge­sien word as ’n dwars­klap wat na Wê­reld­rug­by ge­mik is, vir sy ver­suim om teen Far­rell of Gard­ner op te t­ree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.