‘Wond wat nie ge­nees’

Tal­le oud-Ko­v­sies ver­breek nou ban­de

Volksblad - - Voorblad - C­har­les S­mith

“Daar is ’n seer­plek voor die hoof­ge­bou van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) waar­oor geen roof ooit sal groei nie.”

Dit is die re­ak­sie van prof. Pie­ter La­bu­schag­ne, e­me­ri­tus­pro­fes­sor in po­li­tie­ke we­ten­skap aan U­ni­sa, na­dat die UV die beeld van pres. M.T. S­teyn voor die hoof­ge­bou die na­week af­ge­breek het.

Hy ver­skil dras­ties van dr. Da­nie Lang­ner, uit­voe­ren­de hoof van die FAK, wat ge­sê het dit is goed dat die S­teyn-beeld na ’n vei­li­ge plek ver­skuif word.

Dit is ook tyd dat die beeld van pres. Paul Kru­ger van Kerk­plein in P­re­to­ria na ’n plek ver­skuif word waar dit vei­lig is, meen Lang­ner.

La­bu­schag­ne, wat ook aan die UV stu­deer het, sê daar moet een­vou­dig nie toe­ge­laat word dat kul­tu­re­le er­fe­nis soos die S­teyn- en Kru­ger-beel­de na en­kla­ves ver­skuif word nie.

“Ons kan nie ’n na­sie word waar daar (nu­we) po­li­tie­ke en­kla­ves is nie.

“Dit is eint­lik ’n a­part­heids-en­kla­ve, want jy skuif al die goed na plek­ke wat a­part is van die sa­me­le­wing.

“Ek is ’n Suid-A­fri­ka­ner wat my­self ver­een­sel­wig met die nu­we in­klu­sie­we Suid-A­fri­ka. Maar hier­die he­le ding mar­gi­na­li­seer ons.

“As hul­le my sim­bo­le een­kant toe stoot, stoot hul­le my ook een­kant toe.”

Die af­breek van die S­teyn­beeld het hef­ti­ge re­ak­sie on­der oud­stu­den­te en a­ka­de­mi­ci ont­lok – baie meer as des­tyds met die be­gin van die pro­ses om die beeld te skuif.

Baie oud­stu­den­te sê hul­le ver­breek hul ban­de nou fi­naal met hul al­ma ma­ter.

’n Per­so­neel­lid het ge­sê die rek­tor, prof. Fran­cis Pe­ter­sen, sê die ruim­te op die Rooi­plein waar die beeld ge­staan het, gaan ’n ruim­te word van so­si­a­le ko­he­sie en na­sie­bou.

“Maar al wat ek sien, is hoe el­ke en­ke­le ding wat vir die A­fri­ka­ners by die UV be­lang­rik is, ge­kri­mi­na­li­seer en ge­stroop word – ter­wyl ons steeds al­les gee wat ons het om ’n ver­skil te maak,” sê die per­so­neel­lid.

“Los lie­wer daar­die ruim­te oop en moet ons nie ver­der be­le­dig of ’n vin­ger in die wond druk nie.”

La­bu­schag­ne sê die S­teyn- en Kru­ger-beel­de kan nie net weg­ge­skuif word en hul na­el­string en die po­li­tie­ke ver­bin­te­nis met die plek waar hul­le ge­staan het, ge­knip word nie.

Die reg­te stap vir die UV sou wees om ’n beeld van Bram Fis­cher, ’n oud­stu­dent en ad­vo­kaat wat oud­pres. Nel­son Man­de­la in die Ri­vo­nia-ver­hoor ver­teen­woor­dig het, naas die S­teyn-beeld te plaas.

“As jy nie jou voet dwars sit nie, skep jy ’n pro­ses van nim­mer­ein­di­gen­de el­len­de. Vol­gen­de mar­sjeer hul­le ook na die Voor­trek­ker­mo­nu­ment om te eis dat al die sim­bo­le daar ook af­ge­breek word.

“Ek is ook deel van die land en dit is my sim­bo­le daar­die – en dui­sen­de an­der men­se s’n.”

Oor die ge­lui­de dat an­der beel­de soos dié van genl. Chris­ti­aan de Wet voor die Vry­staat­se wet­ge­wer in Bloem­fon­tein óók ver­wy­der moet word, sê hy ons moes nooit by daar­die punt uit­ge­kom het waar toe­ge­laat is dat één beeld ge­skuif word nie.

“Hier­die is ’n skoon­maak­pro­ses waar hul­le een­vou­dig on­ver­draag­saam is en daar nie plek vir A­fri­ka­ners soos ek is nie. Ek is ’n A­fri­ka­ner met ’n eie kul­tuur en kan nie weg­ge­skuif word na rak­ke ag­ter in pak­ka­mers soos waar die beeld van pres. C.R. Swart lê nie.”

■ Vol­gens Lang­ner is Swart se beeld deur Die Voor­trek­kers her­stel en by die C.R. Swart­ter­rein op die Doorn­kloof-kul­tuur­plaas op­ge­rig.

Op my rak is ’n boek: Hand­lei­ding by die e­re­diens. Dit fokus op baie soor­te e­re­diens­te, maar sê niks oor ’n staat van in­per­king nie. Die voor­woord maak wel ’n be­lang­ri­ke op­mer­king: Die ver­skil­len­de vor­me van e­re­diens­te het een doel: die uit­druk­king van ge­loof in die He­re.

Vir­tu­e­le e­re­diens­te is nie on­be­kend nie. In gren­del­tyd word meer men­se hier­aan bloot­ge­stel. Dit het die plat­form vir ge­loofs­by­een­koms­te ge­word.

Dit het dui­de­lik ge­word pre­di­kers is baie in­no­ve­rend in die aan­bied van e­re­diens­te. Vir­tu­e­le e­re­diens­te, en an­der vor­me van kerk­li­ke be­die­ning, mag dalk aan­vank­lik vreemd wees, maar een saak is dui­de­lik: Die E­van­ge­lie of die Goeie Nuus kan nie ag­ter slot en gren­del ge­plaas word nie.

Me­nings ver­skil of ker­ke in ’n kri­sis­tyd soos hier­die ge­sluit of ten min­ste ge­deel­te­lik ge­o­pen moet word. Baie ar­gu­men­te gaan op dat kerk­li­ke ak­ti­wi­tei­te ’n nood­saak­li­ke diens is. An­der weer is be­wus van ge­meen­tes se ri­si­ko­p­ro­fie­le of hoe so­si­a­le af­stand be­oe­fen kan word.

Hoe ’n mens ook al hier­oor wil re­de­neer, kan die be­lang­rik­heid van die e­re­diens nie ge­ïg­no­reer word nie. On­ge­ag die wy­se van aan­bie­ding.

Ek blaai weer deur my boe­ke oor die e­re­diens. My oog val op ’n ge­meen­skap­li­ke op­mer­king – ’n deur­lo­pen­de te­ma, sou die stu­die­veld oor kerk­li­ke be­die­ning dit noem: die ont­moe­ting met die He­re. Ek delf ver­der in hier­die op­mer­king. En­ke­le sa­ke val op: Ont­moe­ting is al­tyd ’n be­wus­wor­ding van ’n Teen­woor­dig­heid wat nie on­der woor­de ge­bring kan word nie. Psalm 84 is ’n mooi voor­beeld. Die ver­lan­ge om weer in die Teen­woor­dig­heid van die He­re te wees. Die psalm­dig­ter se ver­wy­sings­raam­werk is die tem­pel – daar waar die ont­moe­ting plaas­vind. Sy op­mer­king is aan­gry­pend: eer­der ’n dag by die drum­pel van God se huis, as om te woon in hui­se son­der God.

Te­rug by vir­tu­e­le e­re­diens­te. Kan ons werk­lik sê God is nie ook in die ku­ber­ruim teen­woor­dig nie? Uit die per­spek­tief van die Nu­we Te­sta­ment be­ly ons im­mers dat God al­om­teen­woor­dig is. Die vraag vir ge­meen­te en pre­di­ker is: Is ons in­ge­stel op die ont­moe­ting met God on­ge­ag die plat­form? Dié plat­form is nie som­mer net ’n ge­spreks­ka­mer nie. Dit word nou die ruim­te waar­bin­ne God ont­moet word om ge­sa­ment­lik ons ge­loof in Hom te be­ly.

Soos ek deur boe­ke oor die e­re­diens blaai, word ek weer her­in­ner aan die ge­na­de­ver­kon­di­ging. Ons ont­moet God kol­lek­tief om weer te hoor dat wan­neer ons tot Hom na­der, Hy ons in ge­na­de sal aan­sien. Ek hoor al hoe min­der die woord “son­de” in ons pre­di­king – dit pas nie in ons mo­der­ne ra­si­o­na­li­teit in nie.

Vir my bly Je­sa­ja 1:18 se ver­kon-di­ging al­tyd aan­gry­pend: Kom, laat ons die saak uit­maak. Die e­re­diens moet – in wat­ter vorm ook al – ons weer wys op ons on­sin­ni­ge, har­te­lo­se en on­e­tie­se op­tre­de (Je­sa­ja 29:13). Ons moet ook Chris­tus hoor sê: “Son­dig nie meer nie” (Jo­han­nes 11:8). Die e­re­diens moet ver­maan – die staat van in­per­king is goeie preek­ma­te­ri­aal!

My boe­ke her­in­ner my ook dat nie­mand son­der hoop die e­re­diens kan ver­laat nie. Chris­tus se be­lof­te in Mat­te­us 28:20 gryp my aan die hart: Ek is by jul­le al die dae van die wê­reld­ge­skie­de­nis.

Die e­re­diens is ook ’n fees­ge­leent­heid. Gaan sy poor­te bin­ne met lof, lui Psalm 100. Die Psalms is vol van lie­de­re wat oor God ge­sing kan word. Ons kan Psalm 150 ge­rus ont­hou.

Am­per ver­geet ek: My boe­ke is baie dui­de­lik dat die e­re­diens eint­lik oor God en Sy stem gaan. Nie oor my nie.

Uit my stu­den­te­dae ont­hou ek ’n waar­di­ge pro­fes­sor se op­mer­king: Dit sal die kerk goed doen as ons meer uit die By­bel lees en min­der preek!

Fo­to: VERSKAF

Die “wond” voor die hoof­ge­bou van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) waar die beeld van pres. M.T. S­teyn ge­staan het. Die beeld is Sa­ter­dag deur die UV af­ge­breek.

Fo­to: ARGIEF

Die stand­beeld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.