Ma­le­ma dreig, ker­ke bid, po­li­sie tree aan

Span­ning bou op voor hof­ver­sky­ning

Volksblad - - Voorblad - C­har­les S­mith, C­heré­ne Pie­naar en A­let van der Walt

Met Ju­li­us Ma­le­ma, lei­er van die EFF, wat van ’n “bur­ger­oor­log” in Se­ne­kal ge­praat het waar­heen sy par­ty en A­fri­ka­ner-groe­pe van­dag op­ruk, het die po­li­sie streng vei­lig­heids­maat­re­ëls in die dorp be­gin toe­pas.

In­tus­sen het ker­ke, or­ga­ni­sa­sies en lei­ers ’n be­roep op be­to­gers ge­doen vir kalm en or­de­li­ke pro­tes­op­tre­de en vir vre­de voor­bid­ding ge­doen.

Span­ning het gis­ter be­gin op­bou voor die twee­de ver­sky­ning van die twee ver­meen­de moor­de­naars van B­ren­din Hor­ner van Paul Roux.

Met die eer­ste ver­sky­ning op

6 Ok­to­ber het ’n groep be­to­gers die land­dros­kan­toor be­storm en ’n po­li­sie­vang­wa is uit­ge­brand.

An­dré Pie­naar is hier­voor in heg­te­nis ge­neem. Uit­spraak in sy aan­soek om ap­pèl teen die wei­e­ring van borgtog is gis­ter in die Vry­staat­se hoog­ge­regs­hof tot Maan­dag uit­ge­stel.

Pier­re Ver­cu­eil, pre­si­dent van A­gri SA, sê die boe­re moet ken­nis neem van Vry­staat Land­bou en die Se­ne­kal-boe­re­ver­e­ni­ging se ver­soe­ke vir ’n vreed­sa­me op­tog.

“As boe­re moet ons nie ’n vuur aan­steek wat ons ag­ter­na nie kan be­heer nie.”

Hoe­wel dit hul reg is om aan die pro­tes deel te neem, moet hul­le op­los­sings vind en kalm wees oor hoe hul­le dit be­na­der.

Ju­li­us Ma­le­ma, die EFF-lei­er, het eg­ter gis­ter ge­sê as die EFF se op­tre­de in Se­ne­kal tot ’n bur­ger­oor­log gaan lei, “dan moet dit ge­beur”.

Hy het in ’n on­der­houd met Xo­li Mn­gam­bi op Newsfeed AM ge­sê hy sal sy troe­pe in Se­ne­kal teen die “wit, ras­sis­tie­se ter­ro­ris­te” lei.

“Hoe­kom sal ons bang wees vir af­ge­tre­de (wit) sol­da­te as ons nie bang was vir hul­le toe hul­le sol­da­te was nie?

“Toe hul­le wet­ti­ge ge­we­re ge­had het om swart men­se mee dood te skiet en ons hul­le met klip­pe ge­kon­fron­teer het.

“Laat die ge­skie­de­nis hom her­haal.

“Ons gaan die men­se kon­fron­teer wat ons ou­ers ge­kon­fron­teer het. As dit die ge­val is, dan moet dit so wees.

“Hoe­kom moet ons in vrees le­we om­dat wit boe­re voor­ma­li­ge ge­ne­raals (in die weer­mag) is? Hul­le kan hel toe vlieg. Hul­le is moord­da­di­ge ge­ne­raals.”

Kal­lie K­riel, lei­er van A­friForum, het ge­sê hul­le gaan na Se­ne­kal om ’n vreed­sa­me pro­tes­op­tog teen plaas­moor­de te hou.

“Nou is dit on­ge­luk­kig so dat daar men­se is wat nie van die si­tu­a­sie hou nie en nie wil hê dat die bood­skap oor­ge­dra word nie en dit wil knie­hal­ter.

“So, jy kry aan die een kant die EFF wat drei­ge­men­te maak en eint­lik vir plaas­moor­de kom be­toog.

“Maar ons moet ons nie aan hul­le steur nie. As ons te­rug­tree en nie aan­gaan nie, het ’n klein, ra­di­ka­le or­ga­ni­sa­sie daar­in ge­slaag om ons van ons reg­te te ont­neem.”

K­riel het ge­sê A­friForum-le­de moet ook nie na Se­ne­kal gaan om met die EFF moei­lik­heid te gaan maak nie.

Die po­li­sie was gis­ter­mid­dag be­sig om al­les slag­ge­reed te kry vir van­dag wan­neer die EFF en A­fri­ka­ner-groe­pe in Se­ne­kal is.

Dui­de­li­ke rig­ly­ne is neer­ge­lê deur be­vel­voer­ders en al­les moont­lik sal ge­doen word om ’n ras­se-bloed­bad te voor­kom.

Die EFF se plaas­li­ke lei­ers is deur die po­li­sie in­ge­lig waar hul­le mag ver­ga­der.

Die par­ty se le­de sal na­by die hof by­een­kom, maar mag glad nie deur die dorp be­weeg nie. Die­self­de geld die A­fri­ka­ner­groe­pe. Ja­pie Gro­bler, pre­si­dent van die A­gri-een­heids­fo­rum, het ge­sê die forum doen ’n be­roep op al­le be­lan­ge­groe­pe om lei­er­skap te wys en na vre­de te streef en op­los­sings te vind.

“Dit is nie ’n swart-wit-kwes­sie nie, maar ’n stryd tus­sen mis­da­di­gers en wets­ge­hoor­sa­me bur­gers.”

‘‘ As boe­re moet ons nie ’n vuur aan­steek wat ons ag­ter­na nie kan be­heer nie. — Pier­re Ver­cu­eil

‘‘ Ek sal sélf in Se­ne­kal wees. Ek sal van voor af lei. Doen jy maar wat jy wil doen. — Ju­li­us Ma­le­ma

As die EFF se op­tre­de in Se­ne­kal tot ’n bur­ger­oor­log gaan lei, “dan moet dit ge­beur”, het die EFF-lei­er, Ju­li­us Ma­le­ma, gis­ter in ’n on­der­houd met Xo­li Mn­gam­bi op Newsfeed AM ge­sê.

Mn­gam­bi het ver­wys na oud­pres. K­ga­le­ma Mot­lant­he se op­mer­king dat nóg meer wry­wing in Se­ne­kal tot ’n bur­ger­oor­log kan lei.

Ma­le­ma het ge­ant­woord: “Dan moet dit ge­beur.”

Die EFF sal van­dag een van drie groe­pe wees wat na Se­ne­kal gaan op­ruk wan­neer die ver­meen­de moor­de­naars van B­ren­din Hor­ner, ’n jong plaas­voor­man van Paul Roux, hul twee­de ver­sky­ning in die hof sal maak.

A­friForum gaan ’n saam­trek hou, ter­wyl “A­fri­ka­ner­groe­pe” net twee straat­blok­ke van die EFF af gaan be­toog. Die EFF gaan glo reg langs die land­dros­kan­toor saam­trek.

Ma­le­ma het on­der meer ver­wys na die “wit, ras­sis­tie­se ter­ro­ris­te” en ge­sê hy is nie bang vir hul­le nie. Hy gaan sy troe­pe van voor lei.

“Ons is in hier­die ge­mors oor men­se soos Mot­lant­he wat wit­tes toe­ge­laat het om ons so te on­der­myn. Jy sê ons kan na men­se soos hy luis­ter? Jy sê ons kan na men­se soos M­be­ki luis­ter? Na Zu­ma, Man­de­la? Ons sal dit nooit toe­laat nie.

“Die non­sens moet ie­wers stop. Hier­die wit­tes moet weet ons is nie meer stief­kin­ders in die land nie. Dit is óns land. Ons hoort ook hier. En as ons na Se­ne­kal gaan om ’n bur­ger­oor­log te be­gin om­dat ons ons grond­wet­li­ke reg ge­bruik en dit lei tot ’n bur­ger­oor­log, dan moet dit so wees.”

Ma­le­ma het ge­sê hy praat nie net uit sy ge­mak­stoel in die nuus-a­tel­jee nie. “Ek sal sélf in Se­ne­kal wees. Ek sal van voor af lei. Doen jy maar wat jy wil doen,” het hy vir Mn­gam­bi ge­sê.

“Hoe­kom sal ons bang wees vir af­ge­tre­de (wit) sol­da­te as ons nie bang was vir hul­le toe hul­le sol­da­te was nie? Toe hul­le wet­tig ge­we­re ge­had het om swart men­se mee dood te skiet en ons hul­le met klip­pe ge­kon­fron­teer het. Laat die ge­skie­de­nis hom her­haal.

“Ons gaan die men­se kon­fron­teer wat ons ou­ers ge­kon­fron­teer het.

“Hoe­kom moet ons in vrees le­we om­dat wit boe­re voor­ma­li­ge ge­ne­raals (in die weer­mag) is? Hul­le kan hel toe vlieg. Hul­le is moord­da­di­ge ge­ne­raals.”

Mn­gam­bi het dit aan hom ge­stel dat sy uit­spra­ke as “’n ver­ant­woor­de­li­ke lei­er van die der­de groot­ste po­li­tie­ke par­ty in die land” dié is van “ie­mand wat oor­log na­jaag en nie die be­sker­ming van die de­mo­kra­sie is wat jy aan­voer jy gaan be­skerm nie”.

“Is dít wat jy uit­ein­de­lik wil hê?” het Mn­gam­bi ge­vra.

Ma­le­ma het op sy beurt ge­vra of dit oor­log is as ie­mand sê hy gaan Se­ne­kal toe om “’n ge­bou met sy lyf te be­skerm?”

“Ek het niks ge­sê van ’n AK47 nie... Maar jy praat van oor­log as ek sê ek gaan my­self be­skerm teen die wit, ras­sis­tie­se ter­ro­ris­te? As jy bang is vir hul­le, het dit niks met my te doen nie, chief.”

Kal­lie K­riel, lei­er van A­friForum, het ge­sê hul­le gaan na Se­ne­kal om ’n vreed­sa­me pro­tes­op­tog teen plaas­moor­de te hou.

“Nou is dit on­ge­luk­kig so dat daar men­se is wat nie van die si­tu­a­sie hou nie en nie wil hê dat die bood­skap oor­ge­dra word nie en dit wil knie­hal­ter.

“So, jy kry aan die een kant die EFF wat drei­ge­men­te maak en eint­lik vir plaas­moor­de kom be­toog. Maar ons moet ons nie aan hul­le steur nie. As ons te­rug­tree en nie aan­gaan nie, het ’n klein, ra­di­ka­le or­ga­ni­sa­sie daar­in ge­slaag om ons van ons reg­te te ont­neem.”

K­riel het ge­sê A­friForum se le­de moet ook nie na Se­ne­kal gaan om met die EFF moei­lik­heid te gaan maak nie.

“Ons gaan hul­le ig­no­reer. Ons gaan ons eie per­seel hê waar­op ons bin­ne die raam­werk van die wet gaan wys dat ons diep ont­huts is oor wat in die land aan­gaan.”

K­riel het ge­sê die re­ge­ring hou ook nie daar­van nie. Ver­le­de week met die ge­weld in Se­ne­kal was daar aan­hit­sers wat daar ge­plaas was en na hul mo­tors ge­hard­loop het en weg­ge­ry het toe daar moei­lik­heid was.

“A­friForum gaan sterk daar­op fo­kus dat ons ’n be­paal­de ter­rein het en al­leen daar­oor be­heer het. Ons gaan fo­kus op die werk­li­ke pro­bleem en dit is die ter­reur op ons pla­se.”

Fo­to: VER­SKAF

Ge­lief­des van B­ren­din Hor­ner on­der­steun me­kaar by die kruis wat op die moord­to­neel op­ge­rig is.

Plek­ke waar groe­pe moont­lik bui­te Se­ne­kal kan ver­ga­der as die po­li­sie die dorp af­sper

Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Po­li­sie­le­de hou gis­ter laat ’n pa­ra­de in die straat in Se­ne­kal op die voor­aand van die ver­wag­te toe­stro­ming deur die EFF en A­fri­ka­ner-groe­pe na die dorp met die twee­de ver­sky­ning van die twee ver­meen­de moor­de­naars van B­ren­din Hor­ner van Paul Roux.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.