Ons ge­sels met Jak de Priester

Met ’n nu­we weer­ga­we van Sal­ly Wil­li­ams Nou­gat bin­ne­kort be­skik­baar en hul tien­de hu­we­liks­her­den­king om die draai, het Jak de Priester re­de om breed te glim­lag

Vrouekeur - - INHOUD - Deur ALITA STEENKAMP Fo­to’s WIL­LEM BO­THA

Die lied­jie be­gin met ’n een­vou­di­ge dog on­ver­geet­li­ke kla­vier­deun­tjie, en on­mid­del­lik weet jy: Dis Jak de Priester se Sal­ly Wil­li­ams Nou­gat dié! Dis reeds 16 jaar ge­le­de wat Jak de Priester dié tref­fen­de me­lo­die met die hart­ver­war­men­de woor­de met Suid-a­fri­kaan­se luis­te­raars ge­deel het.

Dit was in die tyd toe baie jong­men­se twee jaar in Lon­den gaan werk het en die woor­de het al­mal, ver­al dié met ’n ge­lief­de of ’n kind in die bui­te­land, na aan die hart ge­lê.

Nou het Jak be­sluit om vir Sal­ly so ’n bie­tjie af te stof. ’n Mens hoor dik­wels hoe kuns­te­naars ’n an­der kuns­te­naar se lied­jie vat, dit ’n vars, nu­we aan­slag gee en groot suk­ses met hier­die co­ver be­haal. Dit is pre­sies wat Jak met sy eie lied­jie gaan doen.

“As kuns­te­naar het ek baie die af­ge­lo­pe 16 jaar ge­groei,” ver­dui­de­lik Jak. “Ek het Sal­ly Wil­li­ams Nou­gat aan die be­gin van my loop­baan op­ge­neem. Met die ver­loop van so­veel ja­re en ná dui­sen­de kon­ser­te het ek as kuns­te­naar ont­wik­kel.

“As ek moet dood­gaan en dit is die lied­jie waar­mee ek al­tyd ge­as­so­si­eer word, wil ek hê dit moet ’n bie­tjie meer he­den­daags klink.

“Ons het die lied­jie nuut saam met die groep A­DAM op­ge­neem. Dit sal bin­ne­kort op i­tu­nes en an­der so­si­a­le plat­forms be­skik­baar wees om af­ge­laai te word.”

Hy ver­tel dat hy on­langs by Aard­klop Na­si­o­na­le Kuns­te­fees een aand by een van die oop ver­hoë ge­sing het. Die aand het hy ook hier­die ou tref­fer van hom ge­sing en toe die eer­ste no­te op­klink, het ’n he­le klomp jong­men­se reg voor die ver­hoog kom staan en woord vir woord saam­ge­sing. Dit was vir hom hart­roe­rend om te be­leef en te sien hoe men­se s­teeds op die lied­jie re­a­geer.

Hier­die klomp was al­mal veels te jonk om dit te kon ont­hou uit die tyd toe dit be­kend­ge­stel is, en dit be­ves­tig net die tref­krag van die lied­jie.

’n Wa­re tref­fer is im­mers ’n lied­jie wat ná ’n de­ka­de of twee nog net so ge­wild is en niks van sy tref­krag ver­loor het nie.

Vir Jak is daar ook nog ’n an­der re­de ag­ter die ver­nu­wing van die lied­jie.

Hy en Mi­chel­le vier op 16 No­vem­ber hul tien­de hu­we­liks­her­den­king. Hy het des­tyds die lied­jie vir Mi­chel­le ge­skryf toe sy twee jaar in En­ge­land gaan werk het en hy in Suid-a­fri­ka moes ag­ter­bly. Die nooi van des­tyds is nou die ma van sy drie kinders en ook die reg­ter­hand wat sy loop­baan be­tref.

“Ek en Mi­chel­le het tien jaar ge­le­de wit­te­brood op Dull­stroom ge­hou, want daar was ook ’n oor­se­se toer in dié tyd en Mi­chel­le het saam­ge­gaan. Dit was ’n heer­li­ke paar dae op Dull­stroom en al was dit al No­vem­ber, was dit mis­tig en koud en daar­om baie ro­man­ties. Die af­ge­lo­pe tien jaar was baie goeie ja­re saam met Mi­chel­le. Sy kyk ook na al die kan­toor­din­ge, sorg dat die kwo­ta­sies uit­ge­stuur en die vlieg­kaart­jies be­spreek word. Mi­chel­le is die ska­kel­per­soon tus­sen

my en die wê­reld daar bui­te en sy ver­dien be­slis om ’n bie­tjie be­derf te word en hier­die keer gaan ek dit in die Kaap doen,” sê Jak.

Hy ver­tel dat hul­le s­teeds in Hen­nops­park bly, bin­ne loop­af­stand van die kinders se skool.

Daar het hul­le ’n heer­li­ke ge­sins­huis met ’n swem­bad, ’n boom­huis, ’n ten­nis­baan, hon­de en vo­ël­tjies. Ja­mie is nou al agt jaar oud en in graad 2. Jak ver­tel dat Ja­mie ’n kra­ni­ge ten­nis­spe­ler is en dis vir hom heer­lik om saam met sy seun te speel. Op skool het Jak hoe­ka goed ge­weet wat om met ’n ten­nis­ra­ket te doen.

Sus Mi­ja is se­we en in Graad 1. Mi­ja is weer die e­ne­tjie wat kon­sert hou en mal is oor dans en sing. Klein Mi­ka is nou drie jaar oud en die mooi­ste ou seun­tjie wat nes sy boe­tie en sus­sie, baie vreug­de bring.

Jak is reeds klaar met die skryf van die nu­we lied­jies vir die al­bum wat hy in 2019 gaan uit­reik.

Hy be­plan om reeds in Ja­nu­a­rie a­tel­jee toe te gaan vir die op­na­mes. Hier­die sal sy tien­de CD wees en be­loof om weer uit­ste­ken­de mu­siek en ’n lek­ker ver­skei­den­heid te wees.

Die kan­se lyk baie goed dat daar in

2019 ook weer aan die werk ge­spring sal word met ’n vol­gen­de Reis na gis­ter­tvreeks. Daar het nou al twee jaar ver­loop se­dert die laas­te reeks op­ge­neem is.

In Reis na gis­ter neem Jak be­ken­des om hom te gaan wys waar hul­le hul eer­ste t­ree ge­gee het en hul skool­dae deur­ge­bring het. Die pro­gram is baie ge­wild, want Jak is ’n ga­we ge­spreks­ge­noot wat be­ken­des lek­ker en ge­mak­lik oor hul groot­word­ja­re laat saam­ge­sels.

“Toe ek nou die dag met Aard­klop op Pot­chef­stroom was, het ek vir Frank Op­per­man raak­ge­loop en ge­dink: Frank sal ’n uit­ste­ken­de gas op Reis na gis­ter wees. Of kuns­te­naars soos Ja­na Cil­liers of Br­ü­mil­da van Rens­burg, met wie ek ook baie graag in hul spo­re sal wil te­rug­loop.

“Met die vo­ri­ge reeks sou ons Way­de van Niekerk as die een van die gas­te ge­had het en toe kon dit om een of an­der re­de nie ge­beur nie. In­tus­sen het Way­de al hier­die won­der­li­ke pres­ta­sies ge­had en nu­we re­kords op­ge­stel, so dit sal goed wees om met hom te kan ge­sels.

“Daar is hon­der­de in­te­res­san­te men­se en ek dink nie die lys po­ten­si­ë­le gas­te vir hier­die pro­gram sal ooit op­droog nie. Ek is baie op­ge­won­de oor die moont­lik­heid van ’n nu­we reeks,” sê Jak.

Ver­le­de jaar het Jak in die Kers­tyd met ’n baie ou­li­ke lief­da­dig­heids­pro­jek na vo­re ge­kom waar­by die DBV ge­baat het. “Die eer­ste ses Geel jou hart vir lief­de­kon­ser­te is ver­le­de jaar in De­sem­ber by die Blou Hond in P­re­to­ria ge­hou.

“Ons het geel Kers­bo­me op­ge­rig waar­on­der die men­se hon­de­ en kat­kos en speel­goed en bed­de­goed kon neer­sit. Dit was so goed om na af­loop van die ses kon­ser­te te sien hoe­veel kos en ge­sken­ke daar vir die die­re neer­ge­sit is. De­sem­ber­maan­de is al­tyd die maan­de waar­in die die­re­skui­lings die swaar­ste kry om­dat baie ver­lo­re troe­tel­die­re daar land wan­neer die men­se el­ders va­kan­sie hou. Ons het al­les by die DBV gaan af­laai en die vreug­de was groot.

“Hier­die jaar be­plan ons om dit nog gro­ter te doen. Die eer­ste ses Geel jou hart vir lief­de­ver­to­nings gaan by Die Boer in Dur­ban­vil­le plaas­vind. Dan kom ons weer na die Blou Hond toe vir nog ses kon­ser­te en ons hoop die men­se sal weer ruim­skoots by­dra. Dit is ’n pro­jek wat ons el­ke jaar gaan doen en ek hoop dit gaan nog baie groei. Dis so lek­ker om ’n bie­tjie cha­ri­ty te doen, want nie­mand dink ooit aan die die­re as dit by lief­da­dig­heid kom nie,” sê Jak.

Vir Jak de Priester was die af­ge­lo­pe 16 jaar be­son­der goeie ja­re. Tog het hy nooit as jong on­der­wy­ser, wat ook self vir ’n tyd­perk in die bui­te­land gaan werk het, kon dink hoe sy le­we sou uit­speel nie. Jak het nou ’n ge­sins­le­we, maar het ook die voor­reg om dit met ’n loop­baan in die kuns­te te kom­bi­neer. Hy ry nog die he­le land plat om sy mu­siek na selfs die klein­ste plek­kies te neem. Dik­wels is dit juis die klein kon­ser­te wat vir hom so be­son­ders is.

“Ons was vier kinders en ek het in ’n ge­luk­ki­ge huis op Pa­rys groot­ge­word. Familie was nog al­tyd vir my be­lang­rik, so dit was se­ker maar al­tyd in my ag­ter­kop dat ek ook een­dag die subur­ban ding wil doen,” sê Jak.

“Maar toe het ek be­gin skryf en reis en oor­see ge­woon, en dan s­kie­lik gaan daar ’n an­der wê­reld vir jou oop – ’n wê­reld van reis en kuns en kul­tuur.

“Dan kom jy op ’n punt waar jy dink jy sal só ook ’n lek­ker be­staan kan maak. Tog dink ek ek het al­bei in my le­we no­dig. As ek ’n le­we son­der die lief­de van Mi­chel­le en die lief­de van my kinders moes lei, sou ek uit­ein­de­lik op ’n punt ge­kom het waar ek ’n leem­te in my le­we ge­voel het.

“Dan dink ek ook weer as ek net die ge­sins­le­we ge­had het, en ek was ’n on­nie en ek het nooit die te­a­ter­ en mu­siek­wê­reld be­tree nie, sou ek ook ’n leem­te ge­voel het. Dis vir my heer­lik om huis toe te gaan na my vrou en kinders toe, maar dan is dit ook vir my lek­ker om lied­jies te skryf en in die aan­de te gaan sing en vir die men­se in Suid­a­fri­ka my mu­siek te bied. Ek is reg­tig ge­se­ënd dat ek al­bei kan doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.