MAKARSKA, KLEIN DORP MET GROOT SJAR­ME

Vol ver­ras­sings in Kro­a­sië

Vrouekeur - - INHOUD -

Soms word mens met so­veel ge­sken­ke oor­laai dat jy eint­lik skul­dig be­gin voel. Dié ge­waar­wor­ding het ons om­trent daag­liks on­der­vind ty­dens ons on­lang­se reis deur Kro­a­sië, want om el­ke hoek en draai was daar a­sem­be­ne­men­de uit­sig­te, on­ge­loof­lik mooi dor­pies, kas­te­le op die on­ver­wag­ste p­lek­ke en ver­ruk­li­ke kusto­ne­le.

Om­dat ons haas­tig was om van­af Du­brov­nik by ons vol­gen­de be­stem­ming uit te kom, het ons die groot­pad, Via D8, ge­neem en die 152 km na Makarska aan­ge­pak. Die pad neem jou ver­by die Muur van S­ton – ook die Kro­a­tie­se C­hi­ne­se Muur ge­noem – en die lang Pel­ješa­cskier­ei­land. To­ne­le tus­sen Pod­gra­di­na en Plo­ce het ons ver­stom: Vrug­ba­re val­leie, wyn­pla­se, piep­klein spro­kies­dor­pies en diep­blou me­re het ons kort-kort laat stop om al­les te pro­beer in­neem of om plomp, bloed­rooi ker­sies by die vrug­te­stal­le­tjies te koop. Die grens­pos tus­sen Bos­nië en Her­ze­go­wi­na en Kro­a­sië het ge­luk­kig ook geen pro­ble­me op­ge­le­wer nie.

Ons was op­ge­won­de om Makarska te ontdek, want ons het ver­neem dat daar dié tyd van die jaar aan die Ri­vie­ra ’n vro­li­ke, ont­span­ne at­mos­feer heers, maar son­der die ska­res wat die gro­ter ste­de ge­woon­lik ver­trap.

Ons het reeds langs die pad met die vreem­de wit­grys Bi­o­ko­vo-berg­reeks waar­teen Makarska lê, ken­nis ge­maak, maar toe ons die ou stad­jie met sy eeu­e­oue ble­ke­ri­ge ge­boue en to­rings daar so in die arms van die ber­ge sien lê, het ons na ons a­sems ge­snak – dit was prent­jie­mooi. Die klein hoef­ys­ter­ha­we met die sei­le van ou­tyd­se ple­sier­bo­te wit in die son, het die skil­de­ry ver­vol­maak.

Ons het met spoed by ons bly­plek aan Ma­ri­ne­tastraat, reg langs die ha­we, uit­ge­pak, want wou die ou ge­deel­te van die dorp te voet in­vaar. Ons was baie tevrede met ons woon­stel op die t­wee­de ver­die­ping van ’n eeu­e­oue huis. Die bal­kon, het ons oom­blik­lik ge­weet, gaan saans ons ont­span­plek wees. Daar gaan ons die dag se in­druk­ke en ge­beu­re laat in­sink ter­wyl die son lang­saam ag­ter die see weg­raak.

Makarska se lig­ging aan die A­dri­a­tie­se See in die Dal­ma­tie­se pro­vin­sie van

Kro­a­sië met sy ha­we­ge­bied, het van die stad (vroe­ër Muccu­rum ge­noem) deur al­le eeue ’n plek ge­maak om oor te veg. Daar is be­wy­se dat ’n ne­der­set­ting al

2 000 VHJ daar be­staan het. Die Ro­mei­ne het 200 jaar lank ook om be­sit­reg ge­stry en ein­de­lik in die jaar 228 die plaas­li­ke in­wo­ners, die Ar­di­a­ei, ver­slaan.

Die ge­bied is deur hul ve­te­raan­sol­da­te be­set en het se­dert die jaar 395 as ’n be­lang­ri­ke ge­deel­te van die Oos­te­li­ke Ro­mein­se Ryk be­kend ge­staan.

Me­ni­ge stryd is vir hon­der­de ja­re daar­na s­teeds daar ge­stry. Die Ve­ne­si­ërs, Kro­a­te, Bos­ni­ërs en Tur­ke het ge­du­rig teen me­kaar ba­klei en om die beurt be­sit ge­wen. Die naam “Makarska” is vir die eer­ste keer in 1502 ty­dens Turk­se be­set­ting in do­ku­men­te op­ge­te­ken.

Laas­ge­noem­de het die ha­we baie waar­de­vol ge­vind en daar­om die ge­bied uit­ste­kend in stand ge­hou. In 1568 is ’n fort as ver­de­di­ging teen die Ve­ne­si­ërs ge­bou, maar in­wo­ners wou graag on­der die Tur­ke se heer­skap­py uit­kom en was dank­baar toe Ve­ne­sië in 1699 fi­naal die oor­hand ge­kry het.

Ná nog ’n paar eeue se veld­slae, was Frank­ryk en la­ter Oos­ten­ryk en Hon­ga­rye om die beurt daar be­trok­ke. I­ta­li­aans is as amp­te­li­ke taal op in­wo­ners af­ge­dwing, maar in 1865 was Makarska een van die eer­ste ge­bie­de wat hul Kro­a­tie­se taal amp­te­lik ge­maak het.

Die eer­ste ho­tel wat in 1914 op­ge­rig is, die O­se­ja­va, het die be­gin van die kom­mer­si­ë­le toe­ris­me-era aan­ge­toon. Die stad het ge­du­ren­de die T­wee­de Wê­reld­oor­log ’n be­lang­ri­ke rol as ha­we vir die O­n­af­hank­li­ke Staat van Kro­a­sië ge­speel.

Ná die oor­log het die dorp on­der kom­mu­nis­tie­se Joe­go­sla­wië ge­flo­reer en was land­bou, die vis­be­dryf en han­del s­teeds die be­lang­rik­ste e­ko­no­mie­se by­drae tot die ge­bied. Die stig­ting van ’n dorps­fo­rum om die stad op te kik­ker en toe­ris­me te be­vor­der, het in dié tyd weer nu­we le­we in dié be­dryf ge­blaas.

As ’n mens deur die ou dorp stap, kan jy jou son­der e­ni­ge moei­te in an­der tye in­leef. Die kei­steen­loop­vlak­ke is vir eeue deur der­dui­sen­de voe­te glad ge­trap. Hoe­veel Ro­mein­se sol­da­te, rid­ders, see­ro­wers en mon­ni­ke het nie met sandaal en ste­wel in die­self­de straat­jies rond­ge­stap nie?

Die Mid­del­eeu­se hui­se is dees­dae mo­der­ne win­kels, boe­tieks, spreek­ka­mers, eet­plek­ke en kroeë. O­ral is klein ho­tel­le en an­der ak­kom­mo­da­sie­ge­rie­we, ook in die ou, ou ge­boue in­ge­rig en mar­mer­trap­pe en ­mu­re is ’n al­ge­me­ne ge­sig in hier­die woon­plek­ke met hul grou bui­te­mu­re.

Dit is voor­waar won­der­baar­lik hoe goed hier­die ge­meen­skap dit reg­kry om oud en mo­dern tot ’n won­der­li­ke een­heid te laat saam­vloei.

Ons was in ek­sta­se: El­ke steeg, el­ke dak, el­ke muur maak ’n be­son­der­se fo­to, kon ons twee ou a­ma­teur­fo­to­gra­we na en­ke­le mi­nu­te in die om­ge­wing al be­leef. Fon­tei­ne, stand­beel­de, ho­ring­ou ge­boue, ka­rak­ter­vol­le win­kel­tjies ...

Kuns is groot in Makarska. Kuns­win­kels en kuns­ga­le­rye, stand­beel­de o­ral en kies­keu­rig in­ge­rig­te win­kels is ’n la­fe­nis vir die siel. Dit is mak­lik om ê­rens vas te haak en van die tyd te ver­geet wan­neer lief­li­ke glas­wa­re die lig vas­vang of kleur­ry­ke ge­skil­der­de doe­ke met plaas­li­ke to­ne­le jou hart roer.

Die Sint Mar­kus­ka­te­draal op die plein van die ou dorp da­teer uit die 17de eeu en men­se kui­er in­for­meel rond­om die kerk sit­ten­de op muur­tjies, trap­pe en ban­kies of drink iets koels op ’n ter­ras. Die stand­beeld van die mon­nik An­dri­ja Ka­ci­cMi­o­sic (1704–1760) voor die kerk met sy bont ge­knoop­te mat en die Ve­ne­sie­se drink­fon­tein wat in 1775 aan­ge­bring is, is baie tref­fend.

Op ’n an­der deel van die plein is ’n mo­der­ner brons­beeld op­ge­rig. Dit is van die ge­lief­de Kro­a­tie­se skry­wer/dig­ter

Tin U­je­vić wat in dié dorp skool­ge­gaan het en in la­ter ja­re as Kro­a­sië se bes­te dig­ter er­ken is. Die beeld is die werk van die be­ken­de Kro­a­tie­se beeld­hou­er I­van Ren­dić.

Nog twee stand­beel­de wat ge­noem moet word, is die een op die bou­le­vard om toe­ris­te te eer en dan die in­druk­wek­ken­de een op die punt van die ha­we van die hei­li­ge Pe­trus wat ’n sleu­tel na die stad toe uit­hou. ’n S­lin­ger­wan­del­pad tus­sen geu­ri­ge in­heem­se plan­te lei jou om die kus na dié beeld toe. Na­by die stand­beeld is ’n hei­ning waar ge­lief­des van reg­oor die wê­reld hul lief­deslot­jies kom vas­sluit.

Die Fran­cis­kaan­se kloos­ter wat uit die 16de eeu da­teer is net ag­ter die plein ge­leë en huis­ves ’n groot bi­bli­o­teek met tal­le boe­ke en seld­sa­me druk­stuk­ke. ’n Wê­reld­be­ken­de ver­sa­me­ling skul­pe van reg­oor die wê­reld word daar in die ma­la­ko­lo­gie­mu­seum aan­ge­bied.

Die sub­tro­pie­se ka­rak­ter van die dorp met sy palm­bo­me en in­te­res­san­te kak­tus­se, lang stran­de met al­ler­lei ver­maak, stal­le­tjies en eet­goed (ver­al baie room­ys), maak dit ge­wild by plaas­li­ke so­wel as bui­te­land­se toe­ris­te. Die ha­we­ge­bied is die hart­klop van die plek. Die pro­me­na­de spog met do­sy­ne kroe­gies en eet­plek­ke. “See­ro­wers” op die bo­te maak heer­li­ke, vars see­kos som­mer daar op die dek gaar en pas­sa­siers kan op rond­vaar­te gaan ter­wyl hul­le oor bor­de vol kos kui­er.

Daar word ge­sê dat Makarska een van die warm­ste dor­pe in Kro­a­sië is, maar ge­luk­kig was ons nie ge­du­ren­de mid­so­mer daar nie en het die tem­pe­ra­tuur heer­lik ge­vind. Die koel bries wat saans van die see af in­waai, bring vir se­ker ook in die warm­ste maan­de ver­lig­ting vir die dui­sen­de son­aan­bid­ders met bruin­ge­bak­te ly­we wat va­kan­sie­tye op die stran­de van Makarska en om­ge­wing kom ont­span.

Saans be­gin die om­ge­wing ’n an­der per­so­na kry en kan le­wen­di­ge mu­siek en lig­te, die aan­lok­li­ke geu­re van kos en klin­ken­de gla­sies die be­soe­ker ver­lei om deel van die dorp se pols­slag te wil word. Ge­wil­de eet­goed sluit groot piz­zasky­we, ge­vul­de tor­til­las en ’n groot ver­skei­den­heid see­kos in. En al­mal drink bier!

Ons het eg­ter, soos voor­spel, om­ring deur al die heer­li­ke klan­ke, reu­ke en die sag­te koel bries, op ons bal­kon ge­sit en van bo af die be­dry­wig­he­de on­der ons ga­de­ge­slaan, gla­sies wýn op die ta­fel­tjie voor ons. Die O­se­ja­va­ho­tel se lig­gies wat in die wa­ter daar na­by weer­kaats en dry­wen­de bo­te wat stil­weg die dag nag­sê, het ons weer eens na ons ka­me­ras laat gryp om ’n laas­te to­neel vas te lê.

Siels­ge­luk­kig en dood­moeg het ons saam­ge­stem dat Makarska ’n plek is waar­na ons graag een­dag sal wil te­rug­keer. Met ’n vreem­de heim­wee het ons die laat­aand­son daar ver oor die spie­ël­glad­de o­ran­je en geel A­dri­a­tie­se see ge­groet – mô­re ry ons ver­der ...

Die Hei­li­ge Pe­trus hou die sleu­tel na die stad in sy hand Die son word op ’n plein ge­niet Die 16de eeu­se Fran­cis­kaan­se kloos­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.