Sy reik na mis­da­di­gers én slag­of­fers uit

Jen­ni­fer C­hat­burn se pa was 26 jaar ge­le­de die slag­of­fer van die be­rug­te kruis­boog­moord wat die land ge­ruk het. Van­dag is dit haar doel om ge­har­de mis­da­di­gers te in­spi­reer om nie weer men­se leed aan te doen nie

Vrouekeur - - INHOUD - Deur MARETHA BO­TES Leer meer oor die Ho­pe-ge­van­ge­nis be­die­ning by www.ho­pe­pri­son­mi­ni­stry.org

Deur die Ho­pe-ge­van­ge­nis be­die­ning se pro­gram vir reg­stel­len­de ge­reg­tig­heid, reik Jen­ni­fer C­hat­burn na mis­da­di­gers én slag­of­fers uit.

Die pro­gram be­trek slag­of­fers van mis­daad by hul oor­tre­ders se pad na re­ha­bi­li­ta­sie. Hoe­wel dit nie haar vol­tyd­se werk is nie (sy is ’n spe­si­a­lis in haar­pro­duk­te en stilering), hoop sy dat sy deur haar praat­jies in tron­ke mis­da­di­gers kan in­spi­reer om hul slag­of­fers se familie te help om vrede te kry deur die waar­heid te praat.

Een van die ma­nie­re waar­op hul­le hoop om dit reg te kry, is om mis­da­di­gers tot in­sig te bring oor die im­pak van ge­weld op hul slag­of­fers se familie.

Jen­ni­fer het eer­ste­hand­se er­va­ring van wat dit is om nooit af­slui­ting te kry nie. Haar pa se moor­de­naar het tot van­dag toe nooit met die waar­heid uit­ge­kom nie.

Jen­ni­fer sê sy het vrede ge­maak daar­mee dat sy nooit die vol­le prent­jie oor haar pa, Gra­ham C­hat­burn, se moord sal hê nie, maar sy kan dalk help dat án­der vrede kry.

Die he­le land het in 1992 ge­gons oor die gru­sa­me kruis­boog­moord op Gra­ham van Kraai­fon­tein in Kaap­stad. Sy erg ont­bin­de lyk is met ’n pyl deur die kop in die Lies­beek­ri­vier ge­vind, na­dat hy ’n paar dae van­te­vo­re as ver­mis aan­ge­meld is. Sy t­wee­de vrou, Lou­isa, is in No­vem­ber 1992 aan die moord skul­dig be­vind en tot 25 jaar tronk­straf ge­von­nis. Sy is in 2007 op streng pa­rool voor­waar­des vry­ge­laat.

Jen­ni­fer en haar familie was ver­plet­ter oor die nuus dat die per­soon wat haar pa ver­moor het, die­self­de per­soon was wat ver­on­der­stel was om hom lief te hê.

Hy en Lou­isa is kort van­te­vo­re ge­troud en vol­gens Jen­ni­fer was daar nie re­de om te ver­moed dat sy hom ver­moor het nie. “Ons het ’n heel an­der prent­jie van Lou­isa (16 jaar jon­ger as my pa) ge­had.

“Vir ons was sy die ou­li­ke vrou­tjie wat my pa ge­luk­kig ge­maak het. Maar ons het nie die wa­re per­soon ag­ter die gig­gel­tjies en druk­kies en soen­tjies ge­sien nie,” sê sy. Eers ná Lou­isa in heg­te­nis ge­neem is, het Jen­ni­fer na haar eie trou­fo­to’s gaan kyk. Lou­isa en Gra­ham het saam aan haar en haar eer­ste man se bruids­ta­fel ge­sit. “Tóé tref dit my: daar­die ys­koue, dooie oë van haar,” sê Jen­ni­fer.

Sy sê: “Ek het ge­wel­dig ge­suk­kel met al­ler­han­de kwes­sies rond­om ver­gif­nis en selfs net of ék ou­kei is. Men­se bid vir jou en ver­wag jy moet da­de­lik ou­kei wees en met jou le­we aan­gaan. Hul­le ver­wag van jou om da­de­lik te vergewe. Ek het reg­tig daar­mee ge­suk­kel.

“Ek kon heel­wat la­ter, ’n paar jaar ná my pa se dood, eers deur die rou­pro­ses be­gin werk.

“In ’n moord­saak of in e­ni­ge ge­val waar ie­mand aan on­na­tuur­li­ke om­stan­dig­he­de dood is, word die rou­pro­ses eint­lik uit­ge­stel. Daar is be­graf­nis­re­ë­lings, po­li­sie­on­der­soe­ke, hof­sa­ke en al­ler­han­de din­ge wat eer­stens jou aan­dag kry. Jy bly heel­tyd be­sig met dié goed, en son­der dat jy dit be­sef, word rou op die ag­ter­grond ge­skuif.”

’n Maand na­dat Lou­isa ge­von­nis is, is Jen­ni­fer se eer­ste ba­ba ge­bo­re. Sy ont­hou die swan­ger­skap en ge­boor­te as ui­ters trau­ma­ties. Sy het toe nog met nie­mand oor haar pa se dood ge­praat nie. Maan­de la­ter het sy uit­ge­vind sy is swan­ger met haar t­wee­de kind. ’n Do­mi­nee het haar ge­nooi om met hom te ge­sels en vir die eer­ste keer het sy soos ’n ba­ba ge­huil en teen­oor ie­mand oop­ge­maak oor haar ge­voe­lens. Sy ver­tel: “Die do­mi­nee het vir my ge­sê ek mag nie toe­laat dat Lou­isa my ook ver­nie­tig nie.”

Jen­ni­fer het met haar stu­dies be­gin en siel­kun­de en kri­mi­no­lo­gie as hoof­vak­ke ge­had.

Sy het haar hon­neurs ge­doen en la­ter haar mees­ters­graad met lof ver­werf. (Sy is nou met ’n t­wee­de hon­neurs­graad be­sig.) “Dit was vir my ui­ters he­lend om my mees­ters­graad te doen. Ek het ge­kies om dit oor die on­der­werp van on­na­tuur­li­ke sterf­tes te doen. In dié tyd moes ons ’n staatslyks­huis be­soek. En dáár het dit my ge­tref: Hoe­veel men­se moet deur die vrees­li­ke trau­ma gaan om hul ge­lief­des in ’n lyks­huis te moet uit­ken?

“Die reuk, die op­ge­sta­pel­de ly­ke. En ont­hou, ek het nooit self my pa se lyk ge­sien nie. My oom het sy lyk uit­ge­ken. By die be­graf­nis kon ek nie ver­staan

As daar ’n ge­van­ge­ne is wat ek kan oor­tuig hoe be­lang­rik die waar­heid is, is dít my bood­skap aan hul­le: Moe­nie men­se met vrae los nie

waar­om die lyk­be­sor­gers nie my pa se kis voor in die kerk ge­sit het nie. Ek het ná die diens uit­ge­stap en oor die kis ge­buk om net ’n laas­te keer tot­siens te sê en ’n walm het my ge­tref. In die lyks­huis het ek s­kie­lik be­sef my pa sy lig­gaam was reeds te ver ont­bind. Dít was daar­die reuk. Dit het sin ge­maak.”

Ty­dens ’n sim­po­si­um in die Kaap waar­ty­dens die on­der­werp van reg­stel­len­de ge­reg­tig­heid be­spreek is, het sy en haar pa se broer be­sluit om ook dié pro­ses met Lou­isa te volg, ’n pro­ses van ver­gif­nis waar­ty­dens jy die mis­da­di­ger in die tronk gaan be­soek.

“Ek was van plan om hier­die hoof­stuk af te sluit en het ge­voel dit is die reg­te ding wat ek moet doen. Ek wou graag die waar­heid weet, want ons het nooit uit­ge­vind wie haar ge­help het of waar­om sy die moord ge­pleeg het nie. So het die pro­ses be­gin, en hoe na­der dit aan haar pa­rool­vry­la­ting ge­kom het, hoe meer het ek be­sef sy ge­bruik hier­die he­le pro­ses net vir vry­la­ting. Dít was vir my bit­ter hart­seer, want eint­lik is dit so ’n mooi pro­ses om deur te gaan. Toe kor­rek­tie­we diens­te haar pa­rool­da­tum be­kend­maak, het sy om­ge­draai en die an­der kant van haar aan ons ge­wys. Sy’t ons ge­ïg­no­reer en ge­wei­er om saam te werk en nooit die waar­heid ge­praat nie.”

Jen­ni­fer het teen die vry­la­ting ge­ap­pel­leer, en Lou­isa het nog ’n jaar ge­sit voor­dat sy vry­ge­laat is.

Jen­ni­fer het be­sluit om dit haar le­wens­taak te maak om an­der men­se te help dat hul­le nie deur die­self­de seer gaan nie. “As daar ’n ge­van­ge­ne is wat ek kan oor­tuig hoe be­lang­rik die waar­heid is, is dít my bood­skap aan hul­le: Moe­nie men­se met vrae los nie. Ek pro­beer hul­le mo­ti­veer deur te sê hier is jou kans nou in die tronk. Jy is hier as ge­volg van goed wat ver­keerd ge­gaan het. Dis soos ’n sok­ker­wed­stryd. Jy het reeds die eer­ste helf­te van die ga­me ge­speel. Nou is dit half­tyd. Jy is hier om oor jou fou­te te be­sin. Ge­luk­kig wen of ver­loor jy eers jou wed­stryd in die t­wee­de helf­te. Jy het nog ’n kans om die men­se wie se le­wens jy ver­woes het, te kontak en te sê jy wil reg­maak.”

Jen­ni­fer het al met ho­ë­pro­fiel­moor­de­naars ge­praat wat soos ba­bas ge­huil het om­dat hul­le vir die heel eer­ste keer be­sef het waar­deur die slag­of­fer se familie ge­gaan het.

“Ek vat hul­le deur die he­le pro­ses van die oomblik wat hul­le die mis­daad pleeg, wan­neer hul­le weg­hard­loop, en ’n groot ge­mors vir an­der men­se los. Ie­mand ontdek die lyk, die po­li­sie kom in, ie­mand moet die stuk­kies van daar­die per­soon op­tel, die familie moet in­ge­lig word en ’n lyk moet uit­ge­ken word. Dis be­lang­rik dat die mis­da­di­ger be­sef wat die pad is wat ’n slag­of­fer se familie moet stap. En dan gaan staan die mis­da­di­ger in die hof en lieg ter­wyl die familie met bloei­en­de har­te daar staan. Hul­le is ge­bro­ke. Iets baie kos­baars is van hul­le weg­ge­neem, wat nooit ooit weer te­rug­ge­gee kan word nie. Ek wys vir hul­le fo­to’s van my pa se lyk en ver­dui­de­lik die pro­ses by die lyks­huis so­dat hul­le be­sef wat die re­a­li­teit is.”

Jen­ni­fer ont­hou ’n ge­val van ’n vrou­e­mis­da­di­ger wat ná ’n praat­jie ’n brief aan kor­rek­tie­we diens­te ge­skryf het waar­in sy ge­sê het sy kan nie meer met die leu­ens le­we nie. Sy het ver­dui­de­lik pre­sies waar sy die twee wa­pens weg­ge­steek het wat sy ty­dens haar mis­daad ge­bruik het.

Daar was ook an­der wat na vo­re ge­kom en ge­sê het hul­le wil nie meer met die leu­ens saam­leef nie en die reg­stel­len­de ge­reg­tig­heids­pro­ses saam met die familie van hul slag­of­fers deur­loop het.

Jen­ni­fer sal nooit weer haar pa kan vas­hou en “tot­siens, Dad­dy” vir hom kan sê nie, maar sy be­sef sy kán ’n ver­skil maak. Sy wil graag hê haar pa se dood moet le­wens­ver­an­de­rend wees.

Ge­luk­kig wen of ver­loor jy eers jou wed­stryd in die t­wee­de helf­te. Jy het nog ’n kans om die men­se wie se le­wens jy ver­woes het, te kontak en te sê jy wil reg­maak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.