Wat is die op­los­sing?

Vrouekeur - - VERHOUDINGS -

E­li­ze sê dit is no­dig dat ’n paar­tjie in­di­vi­du­eel en ook saam met ’n te­ra­peut be­sin oor waar hul hu­we­lik is. “Al­bei par­tye moet oor re­des dink waar­om hul­le in die hu­we­lik sal wil bly, wat die sterk pun­te van die hu­we­lik is en wat die re­des is waar­om die hu­we­lik ont­bind moet word.

“Dis no­dig om vas te stel wat die wins en ver­lie­se sou wees as die hu­we­lik be­ëin­dig sou word. Hul­le moet ook dink oor die re­des waar­om hul­le ver­lief ge­raak het en of hul­le nog lief is vir me­kaar.”

Sy sê dis be­lang­rik om vas te stel of daar ge­noeg lief­de is om met die ver­hou­ding voort te gaan.

“As hul­le voel dat daar geen lief­de oor­ge­bly het nie, is dit moont­lik om deur mid­del van in­ten­sie­we te­ra­pie en ’n ver­bin­te­nis deur al­bei par­tye die hu­we­lik te red. As hul­le ná ’n pro­ses van in­ten­sie­we te­ra­pie tog be­sluit om die hu­we­lik te be­ëin­dig, kan al­bei par­tye op ’n be­te­ke­nis­vol­le ma­nier af­slui­ting vind. Men­se is dan meer ge­neë om op ’n be­skaaf­de ma­nier te skei.”

Han­ne­tjie sê dis be­lang­rik om met ’n plan te werk en nie son­der ’n “val­skerm” te spring nie. “Werk aan ’n uit­gang­stra­te­gie wat die bes­te vir al­mal sal werk. Kry jou eie in­kom­ste. Kry ’n me­di­a­tor. Be­spreek op ’n vol­was­se ma­nier wat vir die kinders die bes­te is. As daar nie kinders is nie, is daar baie min­der pro­ble­me. Dan kan die saak on­be­stre­de wees en bin­ne ’n paar we­ke af­ge­han­del word. Moe­nie geld­gie­rig wees nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.