Geld: Wat nou?

Vrouekeur - - MENSWEES -

Wan­neer jy vir jou af­tre­de be­gin spaar, het jy ge­woon­lik ’n af­tree­ou­der­dom in ge­dag­te, maar sê nou daar ge­beur iets on­voor­siens? Swak gesondheid of af­leg­gings by die werk kan jou dwing om vroe­ër op te hou werk as wat jy be­plan het.

Daar is ’n paar maat­re­ëls wat jy kan toe­pas om die gel­de­li­ke im­pak van vroeë af­tre­de te be­perk. Die eer­ste is om te be­paal hoe­veel spaar­geld jy het. Dit sluit jou pen­si­oen­of voor­sorg­fonds, po­lis­uit­be­ta­lings, be­leg­gings en die geld in jou “ge­wo­ne” spaar­re­ke­ning in. Be­re­ken hoe­veel van jou spaar­geld jy el­ke jaar gaan no­dig hê. As jy jou som­me goed maak en in­fla­sie in be­re­ke­ning bring, be­hoort jou spaar­geld 30 jaar te hou.

T­wee­dens, her­sien jou be­gro­ting. Dínk oor hoe jy jou geld uit­gee. Dit gaan nie help as jy be­plan om jaar­liks R180 000 van jou spaar­geld te trek, maar R200 000 uit te gee nie!

As jou af­tree-in­kom­ste baie min­der is as waar­mee jy kan klaar­kom, doen na­vraag by jou maat­skap­li­ke wer­ker. Dalk kwa­li­fi­seer jy vir ’n staats­toe­lae, maar jy moet re­de­lik arm wees om in aan­mer­king te kom en in­dien wel, is dié mee­val­ler­tjie maar skraps.

Doen al­les in jou ver­moë om jou me­die­se fonds te be­hou of by so ’n fonds aan te sluit. Me­die­se sorg kan jou spaar­geld bin­ne maan­de uit­wis. ’n Hos­pi­taal­plan sal ook help.

Ver­vroeg­de af­tre­de hoef nie gel­de­li­ke on­der­gang te be­te­ken nie. Bly koel­kop en weet wat jou op­sies is. Om met ’n fi­nan­si­ë­le raad­ge­wer te praat, is al­tyd ’n goeie i­dee.

By­ko­men­de bron­ne: Re­bec­ca La­ke; https://smart­as­set.com/re­ti­re­ment/5ways-to-co­pe-w­hen-you­re-for­ced-in­toe­ar­ly-re­ti­re­ment (ver­kort en aan­ge­pas vir Suid-a­fri­kaan­se om­stan­dig­he­de) http://www.see­sa.co.za/re­ti­re­ment­w­hat-does-the-la­bour-law-say/ www.le­wens­af­rig­ting.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.