Con­stan­tia g­len se nu­we spog­wyn

Vrouekeur - - DRINKGOED - Be­soek www.con­stan­ti­a­glen. com

Die eer­ste Con­stan­tia G­len-win­ger­de is in 2000 ge­plant en vyf jaar la­ter is die eer­ste sau­vig­non blanc-drui­we ge­oes. Con­stan­tia G­len het pas hul splin­ter­nu­we Con­stan­tia G­len Sau­vig­non Blanc 2018 be­kend­ge­stel. “Die koel oes­jaar word dui­de­lik met die eer­ste sluk,” sê wyn­ma­ker Jus­tin van Wyk. “Hier­die was ’n be­son­der­se koel oes­jaar met ’n baie lang ryp­wor­dings­tyd­perk vir ons sau­vig­non blanc-drui­we. As ge­volg hier­van kon die drui­we ’n hoë kon­sen­tra­sie van geu­re en ’n on­ge­loof­li­ke suur­ge­hal­te ont­wik­kel om ’n op­win­den­de, ver­fris­sen­de wyn op te le­wer. Dít al­les ten spy­te van die kwaai droog­te wat ons ag­ter die rug het.”

Die wyn is di­rek by die wyn­land­goed, so­wel as toon­aan­ge­wen­de boe­tiek­wyn­win­kels be­skik­baar. Dit ver­koop teen R180 per bot­tel by die kel­der­deur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.