SLENDER MAN 2/10

Vrouekeur - - KYKGENOT -

Met Joey King en Jaz Sin­clair

Re­gis­seur Syl­vain W­hi­te

RIL­LER Mens is nie se­ker of jy moet gril of dril of ril vir hier­die slap po­ging nie, maar wan­neer Hol­ly­wood ’n ril­ler ver­keerd op­vryf, smelt die ys wat ver­on­der­stel is om in jou are te vorm blits­vin­nig. Daar­die krie­we­ling wat jy in jou nek­ha­re voel, is uit sko­ne ver­ve­ling. Die kon­sep is goed. Sou ’n mens die ma­er Slender Man op­roep, ver­skyn hy tus­sen pi­la­re of boom­stam­me so­dat jy hom nie mak­lik kan on­der­skei nie. Maar o wee, dit is waar die grie­sel­rig­heid ein­dig, want die rol­prent is son­der ver­beel­ding of ’n kun­di­ge aan­voe­ling vir hoe ’n ril­ler se are deur ’n sto­rie loop. Ve­le kan­se om jou bang te maak, spoel met die drein af. Uit­ein­de­lik ver­an­der dit in ’n een­to­ni­ge deur­me­kaar­spul. Bui­ten­dien word die “held”, die ma­er man, se krag fil­mies nie na be­ho­re ont­gin nie. Te­leur­stel­lend. (Film­fi­ni­ty)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.