Pak die skuld op ... Eva!

Wan­neer ons in e­ni­ge op­sig faal of die skuld kry vir iets wat ver­keerd loop, oor­wel­dig al hier­die skuld­ge­voe­lens ons

Vrouekeur - - INSPIRASIE VIR DIE WEEK -

DS JANINE BEVOLO-MANDERS IS VER­BON­DE AAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK WITFONTEIN IN P­RE­TO­RIA-NOORD EN IS AL 20+ JAAR ’N PRE­DI­KANT

My dog­ter kom en­toe­si­as­ties die ka­mer in­ge­hard­loop om my iets te ver­tel. Da­de­lik strek ek om haar hare reg te stryk en haar ge­sig skoon te vee. Soos my hand na haar uit­reik, sien ek hoe haar ge­sig val.

Dis in­ge­bo­re moe­ders­in­stink: om ons kinders en selfs ons mans te fix. Dit kom nie uit ’n plek van be­heer of kri­tiek nie, maar dis eer­der soos ’n ma-kat wat van ge­noeg­doe­ning spin.

Vrou­ens en ma’s het hier­die oor­ver­ant­woor­de­lik­heid­sin. Ons dink ons is vir al­les ver­ant­woor­de­lik. En na­tuur­lik help ons mans en kinders ons nou nie vrees­lik om nié so te voel nie. Ons kry nog­al die skuld vir ’n klomp din­ge in die huis – van die kou­se wat op ver­keer­de p­lek­ke ge­bê­re is; as hul­le laat is vir ’n af­spraak om­dat hul­le ge­draai het; as hul­le saam na ’n fa­mi­lie­by­een­koms toe moet gaan waar­voor hul­le nie lus is nie, die feit dat sus­sie se so­mer­skool­rok in die win­ter ge­krimp het en nou nie meer die voor­ge­skre­we vier vin­gers bo die knie is nie; of as Boe­ta ’n sleg­te dag by die skool ge­had het, moet jy koes, want jy gaan die een wees op wie dit uit­ge­haal word.

So, ja, ons weet wat dit be­te­ken om vir ’n klomp goed die skuld te kry. Niks het ver­an­der se­dert die dae van die tuin van E­den nie. Eva het nou wel be­gin deur die slang die skuld te gee, maar toe bla­meer A­dam haar en so her­haal die pro­ses hom el­ke lie­we dag se­dert die be­gin van al­le tye.

Hoe­kom? Se­ker om­dat hul­le dink ons vroue kan dit vat. Se­ker om­dat hul­le weet as hul­le met hul ou­li­ke ge­sig­gies weer voor jou staan en om ver­gif­nis vra – sal jy maar vergewe.

Van vroue word ver­wag om die per­fek­te swan­ger­skap te hê, te bors­voed, Pin­te­rest te ver­ken om die per­fek­te Dis­ney-te­ma­par­ty­tjie te hou, te werk, mo­del­kin­ders groot te maak en kinders se skerm­tyd te kan be­heer.

Wan­neer ons in e­ni­ge op­sig faal of die skuld kry vir iets wat ver­keerd loop, oor­wel­dig skuld­ge­voe­lens ons. En ons voel ons wil net na die naas­te bak room­ys gryp.

Siel­kun­di­ges lê baie van kinders se pro­ble­me voor die deur van hul ma’s. Dit mag dalk so wees – ons ma’s is dalk vir ’n paar goed in die le­we te bla­meer wat dalk nie reg ge­loop het nie. Ek en jy as ma’s gaan dalk te bla­meer wees vir ’n klomp goed wat nie in ons kinders se le­wens reg loop nie, maar ie­wers moet elk­een van ons die si­klus in ons eie le­we breek en self ver­ant­woor­de­lik­heid vir ons­self, ons le­we, ons ge­luk en ons toe­koms vat.

Ar­me Eva het nie ’n ma ge­had om vir al die goed wat in haar le­we ver­keerd ge­loop het, die skuld te gee nie. Sy moes maar ei­e­naar­skap neem van als wat ver­keerd ge­loop het – haar een seun ver­moor haar an­der seun en dan word die een wat die moord ge­pleeg het as ’t wa­re ver­ban – nie ’n baie goeie be­gin vir die mens­dom nie. Tog gee die He­re haar nog ’n kans met haar der­de kind, Set. Soos die He­re ons al­mal al­tyd weer nog ’n kans gee. Maar wat no­dig is, is dat ons elk­een self ver­ant­woor­de­lik­heid vir ons­self, ons huis, ons le­wens, ons keu­ses vat.

Wees saam met my bly dat die He­re jou en my wil vry maak van skuld wat op ons ge­plaas word. Hy wil ons ook vry maak van die skuld wat óns graag op an­der wil plaas vir ons fou­te en mis­luk­kings.

Die He­re gee ons die kans om daar­van vry te kom en eer­der in oor­win­ning tot sy eer te le­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.