DIE TROURING

Vrouekeur - - SÊ AMEN - Deur SOFIA S­MIT

Toe Toeks en Gert van die kerk af tuis kom, staan die ys­ter­hek na hul erf daar­die Son­dag ef­fens oop. Dit blyk dat wie ook al laas­te uit is, ver­geet het om dit op k­nip te trek. Ek hoef nie te ver­tel hoe die twee hare ge­kloof het oor wie laas­te daar uit is nie

In ’n land wat daag­liks on­der er­ge mis­daad en ver­al on­eer­lik­heid deur­loop, moet ek hier­die sto­rie met jul­le deel. En hoe ver­der ek aan hom skryf, hoe har­der kla­ter my ge­lief­de ou maat, my O­li­vet­ti­tik­ma­sjien, van sko­ne en­toe­si­as­me.

Maar, o wee, soos dees­dae o­rals ge­beur, het mis­daad ook sy na­re kop hier uit­ge­steek. My v­rien­din Toeks het ses maan­de ge­le­de on­der ’n in­braak deur­ge­loop.

Toe sy en Gert van die kerk af tuis kom, staan die ys­ter­hek na hul erf daar­die on­ge­luk­ki­ge Son­dag ef­fens oop. Dit blyk dat wie ook al laas­te uit is, ver­geet het om dit be­hoor­lik op k­nip te trek. Ek hoef nie te ver­tel hoe die twee hare ge­kloof het oor wie laas­te daar uit is nie.

Lang sto­rie kort: Daar is by hul huis in­ge­breek. Toeks, wat al­tyd haar duur, ge­lief­de trouring dra, het daar­die dag ver­geet om dit aan te sit. Na­dat sy en Gert deur die ge­stroop­te huis ge­loop het, tref Toeks se ge­we­te haar soos ’n vla­tert in ’n slap­stick-fliek. Hoe­kom het sy nie haar trouring aan­ge­sit nie? Dit is ook ge­steel, want dit het op haar spie­ël­ta­fel langs haar hand­sak ge­lê. Sy het die hand­sak in­der­haas ge­gryp en ge­skar­rel om­dat hul­le am­per laat was vir kerk.

Daar is baie goed ge­steel, maar die erg­ste was die ring. Toeks het ’n week lank oor­weeg of sy Gert gaan ver­tel.

“Dan­kie tog ek het nie my hand­sak met die pa­pa­wers op by die huis ge­los nie, an­ders was dit ook weg!” het sy teen­oor my ge­sug. Ge­luk­kig het die ver­se­ke­ring uit­be­taal, maar eers na­dat ’n pen­reg­op man­ne­tjie met te­rug­ge­jel­de hare haar en Gert kom be­soek het om te ver­se­ker dat hul­le nie kluit­jies ge­bak het oor wat ge­roof is nie.

Die steel van die trouring het soos die reuk van ’n stink ka­kie­bos tus­sen hul­le ge­hang. Die ver­se­ke­ring het toe uit­be­taal, maar die ring kon nie ver­vang word nie.

“Wat moet ek doen?” het Gert ge­blaf. “Weer met jou trou?”

Daar het meer tra­ne ge­vloei as wat daar van­jaar ná die re­ën wa­ter in ons dorps­dam ge­vloei het.

Din­ge was nooit weer die­self­de tus­sen Gert en Toeks nie. Die ver­wy­te was in die stil­tes, ver­al aan die e­tens­ta­fel. Ek het ge­reeld gaan kui­er, dan kry ek Toeks waar sy on­kruid tus­sen haar ra­non­kels uit­trek of haar ge­sig­gies met ska­du­net ver­troe­tel. “Dit voel of my vinger af­ge­kap is. Daar­die der­dui­sen­de wat hul­le vir my ring uit­be­taal het, be­te­ken niks. Ek sal die sen­ti­men­te­le waar­de nooit kan ver­vang nie.”

Gert het el­ke ge­leent­heid ge­bruik om by Basjan te kla oor sy vrou so min vir hul trouring om­ge­gee het dat sy dit so wrin­tie­waar laat steel het. “Ek het as ’n jong man twee jaar lank daar­aan af­be­taal!”

’n Week ge­le­de help ek Toeks om haar kle­re­kas uit te pak om ou kle­re vir die kerk­ba­saar te ver­sa­mel. Daar kry sy toe haar pa­pa­wer­hand­sak. “Haai weet jy? Ek kon dit ná daar­die in­braak nooit weer ge­bruik nie.”

Ek neem die hand­sak en be­won­der dit. “Jy kan dit maar vir jou vat,” sug sy hart­seer.

Ek neem die hand­sak te­ë­sin­nig en keer dit om, want ek wil dit graag hê, maar wat Toeks ook al daar­in ver­geet het, moet te­rug­gaan na haar toe.

Daar val haar ver­lo­re trouring toe uit! In haar haas het Toeks des­tyds die ring in die hand­sak ge­gooi met die ge­dag­te om dit la­ter in die mo­tor aan te sit, toe ver­geet sy daar­van. Ek kan jul­le nie die vreug­de be­skryf toe sy soos ’n at­leet op pad na die wen­streep na Gert toe hard­loop om dit vir hom te wys nie. Ek moes kort daar­na ver­kas, want Gert en Toeks het ge­ju­bel dat die kop­pies ant­woord gee.

Maar wat van die ver­se­ke­ring?

En dit is waar ek vir Toeks respek ge­kry het. Sy bel toe die ver­se­ke­ring en ver­tel dat sy die trouring ge­kry het. Maar die vrien­de­li­ke maat­skap­py, by wie hul­le nog nooit te­vo­re ge­ëis het nie, deel haar toe mee dat sy die geld maar kan hou.

Gert en Toeks is toe Prins Al­bert toe vir ’n na­week om daar in ’n luuk­se gas­te­huis hul lief­de vir me­kaar weer te vier.

Maar die eint­li­ke vie­ring was haar eer­lik­heid.

Wat sou jy in die si­tu­a­sie ge­doen het?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.