Kol­lig op be­ken­des

’n Lied­jie, ’n boek of ’n rol­prent kan ’n mens se gan­se le­we be­ïn­vloed. Dié mu­si­kan­te her­roep bly­wen­de in­druk­ke

Vrouekeur - - INHOUD - Le­on An­dré Da­wie Wyn­and Deur CHRIS­TI­AAN J DE S­WARDT

Die mees­te van ons het op ’n keer ’n lied­jie ge­hoor, ’n boek ge­lees of ’n rol­prent ge­sien wat ’n bly­wen­de in­druk ge­laat het en wat dik­wels die snel­ler was om ons eie pas­sie te ontdek, te ont­gin en te slyp.

Die be­kroon­de ki­taar­spe­ler Le­on Gropp se en­kel­snit Ba­ke­ling ont­gin

’n nu­we kant van hom as san­ger. Die ge­paard­gaan­de mu­siek­vi­deo beeld die ver­haal uit van ie­mand wat na her­in­ne­rin­ge van ’n vroe­ë­re self te­rug­kyk.

Le­on her­roep die in­vloed van An­toi­ne de Saint-exu­péry, skry­wer van Die klein prin­sie, se boek Pi­o­niers van die wol­ke. “Dit is po­ë­ties en bit­ter mooi deur JGJ K­ri­ge en sy broer, Uys K­ri­ge, in A­fri­kaans ver­taal. Dis ’n am­per­se ou­to­bi­o­gra­fie van An­toi­ne wat ver­tel van sy we­der­va­rin­ge as han­dels­vlie­ë­nier in die vroeë 1900’s. Wat my le­wens­lank sal by­bly, is ’n stuk wat skaars ’n blad­sy en ’n half be­slaan. Hy be­skryf hier hoe hy op die bus sit op pad na sy eer­ste so­lo­vlug. Dis ’n re­ë­ne­ri­ge og­gend in Tou­lou­se, Frank­ryk, en hy be­sin oor hoe sy me­de­rei­si­gers aan hul lot oor­ge­laat is. Hul be­staan word deur hul be­nar­de huis­hou­de­li­ke pro­ble­me en geld­sa­ke ge­dik­teer. Hul­le het mu­re rond­om hul­self ge­bou wat nou tron­ke ge­word het. Hul­le het ge­kies om die slui­me­ren­de mu­si­kus/dig­ter in hul­self te be­gra­we deur el­ke moont­li­ke uit­weg na die lig dig toe te maak.”

Le­on sê dié stuk het ’n mas­sie­we im­pak op sy le­we ge­maak en hoe hy hom­self rig om te al­le tye die mu­si­kus en kuns­te­naar ín hom te koes­ter.

An­dré S­chwartz het pas ’n splin­ter­nu­we en­kel­snit en ge­paard­gaan­de mu­siek­vi­deo, T­wee­de kans, uit­ge­reik. Die in­spi­ra­sie vir die vi­de­o­kon­sep is ge­snel­ler deur ou fo­to’s uit sy jon­ger dae wat hy on­langs op­ge­spoor het. Die i­dee weer­spie­ël en pro­jek­teer die nos­tal­gie van die ver­le­de en hoe dit mens na nu­we hoog­tes dryf en jou le­wens­pad be­ïn­vloed.

An­dré, wat klas­sie­ke mu­siek­op­lei­ding ge­had het, ’n be­dre­we pi­a­nis is, 14 so­lo­al­bums uit­ge­reik het en as te­a­ter­ster met krag­ti­ge hoof­rol­ver­tol­kings in ver­skeie bly­spe­le be­kend­heid ver­werf het, ont­hou die bly­wen­de in­druk­ke wat die re­gis­seur Fran­co Bru­sa­ti se rol­prent Di­men­ti­ca­re Ve­ne­zia op hom ge­ëts het.

“Dit was die heel eer­ste ‘kuns­fliek’ wat ek by die La­bia in Kaap­stad ge­sien het. Die o­pe­nings­lied was Gluck se O del mio Dol­ce Ar­dor en van die eer­ste no­te en on­ge­loof­lik sterk vi­su­e­le sto­rie­ver­tel­ling het ek net ver­der be­sef hoe krag­tig mu­siek en vi­su­e­le as­pek­te saam kan wees as dit reg ge­bruik word. Soms is di­a­loog oor­bo­dig.

“Die ster­wen­de o­pe­ra­ster was so in­spi­re­rend en ek was ver­al be­ïn­druk met hoe sy haar ter­mi­na­le kan­ker han­teer het – met ’n ver­stom­men­de waar­dig­heid, dank­sy die on­der­steu­ning van die­ge­ne om haar, maar son­der ’n daad­werk­li­ke soe­ke na sim­pa­tie.

“Ka­rak­ters suk­kel met die aan­vaar­ding van ou­er word en die vloei­baar­heid van lief­de. Die seer van ver­lo­re jeug word aan­ge­spreek.

“Die sim­bo­liek van die kris­tal­bal en die breek daar­van dra nog al­tyd die bood­skap vir my dat die toe­koms net so broos soos ’n kos­ba­re stuk glas is. Dus, maak vrede met die ver­le­de en ge­niet die he­de en le­we vir nou.”

Da­wie de Ja­ger, be­kend om The Voi­ce SA se t­wee­de sei­soen, is ook die kre­a­tie­we kom­po­nis van ver­skeie klank­ba­ne vir lo­ket­tref­fers. “Ek skryf oor die le­we wat ek ken en er­vaar. Ek vind aan­klank by mu­siek en skry­wers wat my laat voel as­of al­les waar­oor hul­le sing ook van toe­pas­sing op my le­we is en wat nie be­reid is om hul in­te­gri­teit prys te gee nie,” er­ken hy.

“Ek was nog al­tyd mal oor mu­siek. My ma moes vir my el­ke og­gend Ma­ry Pop­pins op­sit. My ou­boet, Sal­las, het vir my ’n paar lied­jies van die Coun­ting Crows se al­bum Li­ve A­cross a Wi­re ge­speel. Ek het dit oor en oor ge­luis­ter. Ek het my ou­ers mooi ge­vra om vir my ’n ki­taar vir my ver­jaar­dag te gee. Ek het ge­smag daar­na om ook men­se só te kan raak deur net so rou en eer­lik te wees. Ek wou van toe af mu­siek maak wat son­der dans­pas­sies of sexy mei­sies en P­ho­toshop­voor­blaaie sal ver­koop – net om­dat dit mooi mu­siek is. Ek is dank­baar dat ek al lan­ger as 17 jaar só mu­siek kan maak.” Da­wie glo wan­neer woor­de en prent­jies nie meer kan sê hoe jy voel nie, sal mu­siek jou dra.

Wyn­and Strydom, die san­ger met die diep ras­per­stem, se jong­ste al­bum, S­kie­lik is jy vry: die mu­siek van Koos du P­les­sis sê hy het klein­tyd nie juis ’n pas­sie vir mu­siek ge­had nie. Maar op 16 het hy ’n kas­set ge­koop ...

“Ons was met va­kan­sie, ek ge­pant­ser met my Walk­man en ’n kas­set van Koos du P­les­sis. Die eer­ste lied­jie daar­op was Spro­kie vir ’n stads­kind. Die rus­tig­heid van die mu­siek het my kalm ge­stem. My ou­ers kon nooit lek­ker ver­staan hoe ek by Koos Doep kon vas­haak nie ... Ek was ook self nie se­ker nie. Ek het toe nog nie reg­tig ge­weet wat goeie of swak mu­siek is nie, maar ek het wel ge­weet dié mu­siek spreek tot my op ’n ma­nier wat ek nog nie voor­heen er­vaar het nie. Dit was ’n on­ge­loof­li­ke o­pen­ba­ring en se­dert­dien is Koos du P­les­sis se mu­siek e­wig deel van my mens­wees. Ek sa­lu­eer hom.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.