Dub­bel­gan­ger Hfst 3

Vrouekeur - - INHOUD - Deur DE­BO­RAH STEINMAIR

Wat voor­af ge­beur het ’n Vrou word ná ’n mo­tor­on­ge­luk met ge­heu­e­ver­lies wak­ker. Haar naam is glo An­na­bel, maar haar man en kinders voel vreemd. Sy vind uit die mo­tor was deur ene La­e­ti­tia Bester ge­huur. Dit voel be­kend. Sy be­gin haar­self La­lie noem. Die seun, Kurt, help haar om toe­gang tot An­na­bel se re­ke­naar te kry. Dis skoon­ge­vee. Sy skep ’n Fa­ce­book-pro­fiel vir La­e­ti­tia en kry ’n drei­gen­de bood­skap. Sy er­vaar in­ten­se vrees

Die vrou wie se naam glo An­na­bel is, sit in ’n siel­kun­di­ge se spreek­ka­mer. Van­af die oor­kant­ste muur kyk die bui­e­ri­ge ge­sig van Sig­mund F­reud op haar neer, as­ook ’n he­le ry di­plo­mas.

Dok­tor Wolf­gang van der S­puy het in A­me­ri­ka ge­stu­deer, sien sy. On­der meer. Hy is ewe vrees­aan­ja­end as F­reud, met sy pan­kop, wenk­broue soos rus­pers en bok­baard­jie, yl soos ’n straal u­ri­ne. Sy wil nie hier wees nie, wil nie vrae be­ant­woord nie. Sy het die ant­woor­de ver­geet; hul­le lê langs die hoof­weg in ’n sloot, langs ’n boom.

“An­na­bel, ek ver­neem jy kan niks ont­hou nie. Maar er­vaar jy flit­se, beel­de, oom­blik­ke van her­ken­ning?” wil hy weet.

Sy vou haar arms. Haar flit­se, soms net ’n klok­kie wat ver­af deur die mis lui, is te fra­giel om met ’n vreem­de­ling te deel.

“Nee. My kop is leeg soos ’n stof­sui­er­sak wat uit­ge­dop is.” Sy moes net van­og­gend die oor­vol, stow­we­ri­ge sak leeg­maak, daar­om daag dié beeld by haar op.

“Hmmm. Jy het ’n ma­nier met woor­de. En ’n ak­sent wat nie in P­re­to­ria tuis­hoort nie.”

Hy leun te­rug in sy luuk­se stoel, tol ’n pot­lood tus­sen sy vin­gers ter­wyl hy haar van on­der sy ruie wenk­broue be­trag. Pro­beer hy haar hip­no­ti­seer? Sy kyk by die ven­ster uit.

“Iets wat ons kan help, is die ge­voe­lens wat jy er­vaar.” Sy han­de word ’n ker­kie met ’n spits dak.

“Er­vaar jy mis­kien ’n ge­mis, ’n hun­ke­ring, as­of jy al lank na ’n deel van jou­self op soek is?”

Sy skuif on­ge­mak­lik op haar stoel. Sy pu­pil­le is klei­ner as vlie­ë­mis, sy blik bran­dend in­tens. Sy stem da­wer in haar bin­ne­ste en sta­dig word el­ke woord waar: Sy be­sef dat sy op ’n sen­ding was, op soek na iets bit­ter be­lang­riks. Sy gaan hom nie ver­tel van haar ver­moe­de dat haar naam La­e­ti­tia is nie.

“Voel jy ooit dat jy moont­lik nié An­na­bel van S­ta­den is nie? Dat jou man en kinders vir jou vreem­de­lin­ge is, die stad en die om­ge­wing vreemd is? Ont­hou jy iets van ’n an­der land­skap, an­der ge­sig­te?” Hy hou haar stip dop.

Sy voel s­kie­lik soos die li­rie­ke van ’n lied­jie wat sê: “I felt as if he’d found my let­ters and re­ad e­ach one al­oud. I pray­ed t­hat he would fi­nish …” Sy kry die on­ge­mak­li­ke ge­voel dat hy meer van haar weet as sy self, dat sy ’n smeer­sel op ’n plaat­jie on­der ’n mi­kro­skoop is.

Sy kom so­waar nooit weer te­rug nie. Sy

sal self aan­pas en ant­woor­de kry.

In die straat by haar mo­tor hou die son­be­sies ’n oomblik op sing, ’n wolk skuif voor die son in en haar nek­ha­re gaan staan o­rent. Sy er­vaar ’n bo­se teen­woor­dig­heid voor­dat sy die fi­guur uit die hoek van haar oog sien. Hy leun teen ’n bus­hal­te-af­dak. Sy wil nie haar kop draai en hom aan­kyk nie, maar sy her­ken die hou­ding van ê­rens. Dis be­drei­gend en voor­spel niks goeds nie. Toe sy uit­ein­de­lik in­gee en haar kop in sy rig­ting draai, is hy weg. Haar vin­gers be­we en sy laat val die mo­tor­sleu­tel.

Hans gaan op ’n sa­ke­reis. Sy hoor eers ’n dag voor sy ver­trek hier­van, en dit maak haar on­van­pas ge­luk­kig. Hy ver­skaf min be­son­der­he­de, maar dit kan haar min skeel. Sy bied aan om hom lug­ha­we toe te neem, maar sy maat­skap­py se bestuurder kom hom glo op­laai. Sy doen haar bes om nie van oor tot oor te glim­lag nie.

Dis Vry­dag­aand en sy en die kinders is al­leen by die huis. Dit lyk nie as­of hul­le ooit uit­gaan nie, hul­le bly aand na aand in hul ka­mers. Is dit hoe tieners van­dag leef, in ’n na­maak­wê­reld op vir­tu­e­le wer­we? Sy be­stel piz­zas. Hans is bit­ter ge­kant teen kits­kos, maar sy won­der wat hy op sy sa­ke­mid­dag­e­tes ver­or­ber. As jy na sy lyf kyk, kan dit nie juis ge­sond of ma­tig wees nie. Doen wat ek sê, moe­nie doen wat ek doen nie.

Hul­le eet som­mer voor die TV, nóg iets wat Hans ver­bied.

“Jy’t ver­an­der, Ma. Jy was al­tyd bang vir hom. Dit het selfs ge­lyk of jy soos in bang is vir ons. Daar is iets an­ders in jou nou, iets don’t ca­re. As­of nie­mand met jou gaan mors nie.”

Dis die mees­te wat sy C­har­le­ne nog hoor praat het. Sy loer na die kind wat die kaas van ’n sky­fie piz­za lek. Haar vin­gers is lank en de­li­kaat.

“Ek noem haar La­lie,” brom Kurt en prop ’n he­le skyf in sy kies. Hy is ’n lang lel, am­per pyn­lik ma­er.

“Ek wil hê jy moet vir my na iets kyk, C­har­lie,” sê sy.

Sy staan op en be­gin haar bloes op­trek. “Wou-ho, stop rig­ht the­re, o­vers­ha­re, this is a­w­kward!” gooi C­har­le­ne wal.

La­lie draai na haar en wys na ’n lan­ge­ri­ge, op­ge­he­we letsel net bo­kant haar reg­ter­heup. Dis te slor­dig om ’n o­pe­ra­sie­let­sel te wees.

“Het An­na­bel … het jou ma so ’n letsel ge­had?’ wil sy weet.

“Wow, le­git scar,” re­ken Kurt, wat dui­de­lik nie weg­ge­kyk het nie.

C­har­le­ne staan na­der en vee lig­gies met haar vinger daar­oor, t­ree dan te­rug, soos van ’n vreem­de­ling. “Nee. Ek’s pret­ty su­re. Dis ook nie ’n nu­we scar nie. Wat het ge­beur? Jy ont­hou niks nie? La­lie?”

“P­hy­si­cal­ly is jy soos in ’n ex­act re­pli­ca

van haar. Dop­pel­g­än­ger,” wys Kurt sy skool-duits af.

“Hier­die is in­te­res­ting,” merk

C­har­le­ne op.

Hul­le ge­bruik meer En­gel­se woor­de wan­neer Hans nie by is nie, mis­kien om­dat hul­le bloot meer woor­de ge­bruik.

La­lie laat haar vinger oor die letsel gly en uit die bloute daag ’n beeld op. Verblindend. ’n Man se ge­sig, ver­trek in haat, ’n lem wat flits. “Two-ti­ming bitch. Ons is klaar as ék sê ons is klaar.” Dan is daar niks. Maar sy het die ge­sig her­ken. Die dr Van der Mer­we wat nie Ber­nard is nie, wat vir haar ’n Fa­ce­book­bood­skap ge­stuur het. Die lum­mel wat teen die bus­hal­te ge­leun het. Haar be­ne wan­kel en sy plomp op die bank neer.

Die kinders kyk met groot oë na haar. “Ie­mand stalk my. Ie­mand uit La­lie … uit my ver­le­de.” Sy weet van ê­rens af dat ’n mens nie tie­ner­taal met tieners moet praat nie; dis a­w­kward. Maar wat is stalk in elk ge­val in A­fri­kaans? Be­kruip, ag­ter­volg?

“En hy is ge­vaar­lik.”

“Kurt is ook soos in die victim van boe­lies, hy word soos heel­tyd ge­tar­get,” laat val C­har­le­ne met groot oë.

“Oh, shut up, C­har­lie. No big­gie. Ek kan met dit de­al.”

Sy kyk na hier­die twee tieners vir wie sy tog ver­ant­woor­de­lik voel. Sy dink daar­aan dat al­mal se le­we pro­ble­ma­ties en net-net bui­te be­heer is, dat al­mal maar pro­beer vas­klou aan hul waar­dig­heid. En hul le­we. Iets wat soos lief­de voel oor­wel­dig haar. Sy kyk weg so­dat hul­le nie die tra­ne sien nie. A­w­kward, La­lie.

Die vol­gen­de dag be­sluit sy om Kurt en C­har­le­ne by die skool te gaan haal. Dis ’n lan­ge­ri­ge ent se stap huis toe en wie weet wat­ter ge­va­re skuil om el­ke hoek. Kurt kom eer­ste uit­ge­stap. Hy is al­leen en sy kan van ver af sien hoe hard hy pro­beer om cool te lyk. Sy ak­nee het er­ger as ooit op­ge­vlam, sy hare is o­lie­rig en sy skool­broek hang soos ’n sak om sy heu­pe. Iets wat soos moederliefde voel en ’n bo­dem­lo­se be­sorgd­heid neem van haar be­sit. Sy sien hoe ’n ja­fel wat ten min­ste 21 jaar oud lyk, ’n har­de­baard met e­nor­me, ha­ri­ge bo­be­ne, sy voet van ag­ter uit­steek om Kurt te poot­jie. Kurt strui­kel en skar­rel on­waar­dig om op sy voe­te te bly.

Dis as­of sy in haar slaap loop, as­of sy ou­to­ma­ties han­del. Sy hoor die kar se deur toe­klap, voel hoe sy die straat met groot treë oor­steek, sien as­of van bo af hoe sy op die lum­mel af­pyl, haar reg­ter­hand on­der sy lin­ker­ok­sel in­steek, blit­sig en soe­pel in die pi­ge­on-po­si­sie op haar reg­ter­knie gaan staan en haar heup ge­bruik om hom soos ’n boom­stomp te laat neer­slaan. Hy staan op sy knieë om regop te kom, maar sy kniel voor hom, glip haar elm­boog om sy keel, dop hom om en pas druk toe. Die

D’ar­ce cho­ke, weet sy van ê­rens. Hy hou op spar­tel.

Kurt trek haar van hom af.

“Ko’s gaan huis toe, La­lie. Jy sal die

du­de vrek­maak.”

C­har­le­ne, wat ook by­ge­kom het, is dood­stil in die kar. Kurt se ge­sig is rooi.

“Jy weet se­ker jy het my vir e­wig die

laug­hing stock van die skool ge­maak? Wie se ma red hom met ju-jit­su mo­ves? Ek is

em­bar­ras­sed a.f.”

Sy weet nie waar­voor a.f. (En­gel­se uit­spraak) staan nie. Sy is hoog op a­dre­na­lien en haar hart ha­mer in haar ore. Ge­vegs­mo­dus! Ge­vaar! skree el­ke sel in haar lyf. Maar dis nie as ge­volg van die ja­fel wat sy om­ge­gooi en ge­wurg het nie. Dis oor iets wat sy ge­hoor het toe hul­le weg­stap. ’n Uit­bun­di­ge, spot­ten­de lag wat sy goed ken. Wat el­ke haar op haar lyf laat o­rent staan.

LA­LIE LAAT HAAR VINGER OOR DIE LETSEL GLY EN UIT DIE BLOUTE DAAG ’N BEELD OP. VERBLINDEND. ’N MAN SE GE­SIG, VER­TREK IN HAAT, ’N LEM WAT FLITS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.