Die skoe­ne wat jy dra

Hier­die keer is Brooke Lo­gan Bo­tha op haar eie, want Bob­by met die mooi kui­te en die kuif het ’n sport­beurs om u­ni­ver­si­teit toe te gaan, en hy gaan nie sy toe­koms deur ’n ba­ba laat be­dui­wel nie

Vrouekeur - - INHOUD - Deur KRISTEL LOOTS

S­kool­kin­ders moet eint­lik nie ba­bas hê nie, hul­le moet eer­der pop­speel. Want ’n ba­ba is nie ’n pop nie, ’n ba­ba kan mens nie ie­wers in ’n hoek neer­gooi wan­neer die din­ge­tjie jou be­gin ver­veel nie.

Toe Frans en An­na des­tyds oor die tou trap, leer hul­le hier­die waar­heid ken – en nog ’n paar an­der. “Daar’s ’n brood­jie in die oond,” weer­galm dit deur die dorp, want dis in die tyd toe daar nog ge­frons is wan­neer so iets ge­beur. In elk ge­val in be­hou­den­de of be­nou­en­de dor­pies, waar ou nor­me en waar­des nog ge­geld het.

Ge­luk­kig is dit nie vir An­na se pa no­dig om sy ha­el­ge­weer uit die kluis te gaan haal nie, want Frans weet hy het nie ’n keu­se nie. Trou sal daar ge­trou word en gou ook.

Die do­mi­nee sit pe­no­rent op die sit­ka­mer­bank toe hy in­ge­roep word. Nee, hy wil nie kof­fie hê nie, dan­kie. Ook nie tee nie, maak nou nie saak dat daar melk­tert en koek­sis­ters by is nie. Hy ken die tan­te se bak­ver­nuf, hy proe dit el­ke jaar by die kerk­ba­saar, maar hy is nie hier vir par­ty­tjie hou nie.

“Ons het ge­won­der of Do­mi­nee hul­le nie maar kan trou nie,” vra An­na se ma. “Dis da­rem so aar­dig as die kinders in ’n koue, kaal hof moet trou. Ons wil graag vir die twee­tjies iet­sie re­ël vir ag­ter­na. Met tee en koek, Do­mi­nee weet?”

Maar nee, die tan­te moe­nie dink al­les kan met tee en koek reg­ge­toor word nie.

Die bes­te wat hy kan doen, is om Frans en An­na in die kon­sis­to­rie te trou. Op ’n Don­der­dag­mid­dag ná skool, so drie­uur se kant. Die oom en die tan­te kan as ge­tui­es te­ken en dan is dit som­mer af­ge­han­del.

Toe die dorps­dok­ter kort daar­na met ’n ken­ners­oog op An­na se maag druk en voel en hum-en-ha, kry die sto­rie ’n ek­stra stert­jie. An­na en Frans word met dub­be­le slae ge­slaan. Hul­le, wat nie nóú ’n kind wou hê nie, kry som­mer twee. En die tan­te wat al be­gin brei het dat die wol­le waai, moet nou twee van elk ver­vaar­dig, in een­der­se kleu­re. Ver­kies­lik pienk, want dis twee i­den­tie­se dog­ter­tjies wat on­ge­nooid hul op­wag­ting maak.

“Ons kan elk­een ’n naam kies,” stel An­na voor toe die twee­ling met hul ver­from­mel­de ge­sig­gies langs haar op die bed lê en Frans ook daar rond­staan. “Want daar is twee,” sê sy met ’n sug. “Een vir jou en een vir my.”

Vir An­na is dit mak­lik om te kies, want sy kyk el­ke aand The Bold and the Beau­ti­ful. “Haar naam sal Brooke wees,” be­sluit sy en tel een van die twee ba­bas op. “Want al die mans is al­tyd mal oor Brooke.” So gaan Dog­ter­tjie Nom­mer Een toe die le­we in as Brooke Lo­gan Bo­tha, ’n trot­se naam om ge­stand te doen.

Maar Frans is ver­sig­ti­ger met sy keu­se. Hy wil boe­te doen vir die oor-die-tou­trap­pe­ry en kies ’n By­bel­naam. “Ra­gel-re­bek­ka,” be­sluit hy.

So stap Brooke Lo­gan Bo­tha en Ra­gel­re­bek­ka Bo­tha hul le­wens­pad saam, maar dis nie al­dag dui­de­lik wie is wie nie. Eers toe die bloed­jies be­gin skoe­ne dra, sien die ou­ers dat die een paar voet­jies klei­ner is as die an­der paar. En net daar be­gin Brooke se ag­ter­stand, want groot voe­te is vir e­ni­ge vrou ’n le­wens­lan­ge las. Toe daar met­ter­tyd ook nog ’n beau­ty spot op Ra­gel-re­bek­ka se ken ver­skyn, weet Brooke dat sy fi­naal ver­loor het.

Brooke Lo­gan Bo­tha maak dit toe ook nie ver­by ma­triek nie. Kort voor die eind­ek­sa­men bars die bom toe sy in die wis­kun­de-, én die vol­gen­de dag in die En­gels-klas, naar word. Nou goed, dis nie haar guns­te­ling­vak­ke nie, maar sy het nog nie voor­heen so sterk daar­op ge­re­a­geer nie. “Li­ke mot­her, li­ke daug­h­ter,” is die re­frein wat die mees­te ge­hoor word. Want in ’n dor­pie soos hier­die gaan die ge­skie­de­nis nie som­mer ver­lo­re nie.

Maar hier­die keer is Brooke Lo­gan Bo­tha op haar eie. Want Bob­by met die mooi kui­te en die kuif het ’n sport­beurs om u­ni­ver­si­teit toe te gaan, en hy gaan nie sy toe­koms deur ’n ba­ba laat be­dui­wel nie.

Dis Ra­gel-re­bek­ka wat saam met haar sus­ter die paad­jie loop en wat haar moed in­praat die dag toe die ba­ba­tjie met ’n vrees­li­ke ge­steun en ge­kreun ge­bo­re word. Al weer ’n dog­ter­tjie, maar hier­die keer word die kind se naam ver­sig­ti­ger ge­kies. Klein An­na­tjie word na haar ou­ma ge­noem, al is die ou­ma al goed keel­vol vir skan­des en ska­des en vir ’n ge­brei­e­ry vir ba­ba­tjies wat nie ver­on­der­stel

was om nou al op te daag nie.

Nie­mand is juis ge­pla oor die skreeu­bek­kie wat al­les van voor af kom ver­fom­faai nie. Ook nie haar ma nie. Brooke Lo­gan Bo­tha droom an­der dro­me en dis nie mak­lik om daar­van af­stand te doen nie. Die klein­tjie dob­ber maar so tus­sen ou­ma An­na, tan­nie Ra­gel-re­bek­ka en haar ma rond, wat al drie taam­lik gre­tig is om haar aan te gee na die vol­gen­de stel arms wan­neer hul ge­dwon­ge beurt ver­by is.

“Al­les is maar ou­kei,” kla Brooke by haar sus­ter. “Be­hal­we dat ek nooit ’n ma­triek­af­skei­d­aand­rok gaan dra nie.” Sy sug. “En se­ker ook nie ’n trou­rok nie, in elk ge­val nie ’n wol­k­wit­te nie.”

Een ding oor die Bo­tha-twee­ling wat die dorps­men­se nie kan weg­praat nie, is dat hul­le mooi is. I­den­ties mooi, be­hal­we na­tuur­lik vir die beau­ty spot links van Ra­gel­re­bek­ka se mond. Geen won­der sy word toe by die land­bou­skou as Me­juf­frou Aar­tap­pel ge­kies nie. “Net jam­mer Brooke Lo­gan kon nie ook in­skryf nie,” word daar be­spie­gel. Maar die reëls is baie dui­de­lik – geen on­ge­hu­de moe­ders sal ver­dra word nie.

Brooke moet van die kant­lyn af staan en kyk hoe haar sus­ter al hier­die won­der­li­ke din­ge be­leef. Hoe sy aan die streeks­kom­pe­ti­sie deel­neem en Me­juf­frou Pa­tat en Me­juf­frou Pam­poen uit­stof om tot die pro­vin­si­a­le kom­pe­ti­sie, in die Kaap nog­al, deur te dring.

Dis ’n vrees­li­ke ge­skar­rel om Ra­gel­re­bek­ka ge­reed te kry. Met die wa­si­ge en­kel­leng­te aand­rok van rag­fyn ma­te­ri­aal wat styf oor die bors span as hoog­te­punt na­tuur­lik. En ook die sil­wer sti­let­to’s wat daar­by pas.

“Dis se­ker van al die stres,” troos Brooke haar sus­ter toe ’n kne­wel van ’n kar­bon­kel op haar ken uit­slaan.

Ra­gel-re­bek­ka is s­kie­lik so le­lik soos ’n storm­nag in die hart­jie van die win­ter.

“Ek kan nie so deel­neem nie,” wee­klaag sy be­proef. “Jy sal in my plek moet gaan.”

“Ek? Jy’s se­ker laf.”

“Ons te­ken vir jou ’n beau­ty spot op die ken. Met my beau­ty spot op jou ge­sig kan ons wen en as Me­juf­frou Groen­te ge­kroon word.”

“Maar wat sal Ma sê?”

“Ma mag nie weet nie, nie­mand mag weet nie.”

“Wat van An­na­tjie?”

“Ek sal na haar kyk. Sy sal nie eens weet jy’s weg nie.”

“Maar ek bors­voed haar …”

“Ons bou voor die tyd vir haar ’n voor­raad op, s­toor dit in bot­tels in die ys­kas. Sy sal nie die ver­skil ag­ter­kom nie.”

Dis so­waar ’n aan­bod wat sy nie kan wei­er nie, be­sluit Brooke. Om een keer haar sus­ter se le­we te leef, in haar skoe­ne te stap, is te goed om weg te wys.

Dis net dat die skoe­ne wat mens dra, spe­si­aal vir jou voe­te ge­maak word. Mos. Ra­gel-re­bek­ka Bo­tha se skoe­ne is nie Brooke Lo­gan Bo­tha se skoe­ne nie. Skoe­ne wat druk is soos tand­pyn. Ra­gel-re­bek­ka se skoe­ne kas­ty Brooke Lo­gan se voe­te.

Dis nie mak­lik om mooi te lyk wan­neer ’n mens in so­veel pyn ver­keer nie.

Maar Ra­gel-re­bek­ka Bo­tha, a­li­as

Brooke Lo­gan Bo­tha, is toe tog on­der die fi­na­le vyf wat ty­de­lik ver­daag word so­dat die be­oor­de­laars vir ou­laas kan be­sluit wie die kroon sal dra. Die Vry­staat­se Mie­lie­pit­mei­sies le­wer ’n mu­si­ka­le ver­po­sing met kla­wer­spel en sim­ba­le ter­wyl daar op die uit­slag ge­wag word. Die an­der skoon­he­de sit in die kleed­ka­mer hul hare en skik so­dat die kroon mooi daar­op sal pas.

Maar Brooke het net een be­geer­te: om haar voe­te uit haar sus­ter se skoe­ne te be­vry. Sy skrik toe haar sel­foon in haar hand­sak be­gin lui. Toe sy ant­woord, hoor Brooke die hel­se ka­baal aan die an­der­kant.

“Dis An­na­tjie,” hyg Ra­gel-re­bek­ka be­noud in haar oor. “Sy wil nie die bot­tel hê nie, sy soek haar ma.”

Die luid­spre­ker van die ver­hoog se kant af oor­don­der die ka­ko­fo­nie in haar oor toe Brooke hoor hoe die wen­ner aan­ge­kon­dig word. Vir ’n oomblik sit sy ver­star toe Ra­gel­re­bek­ka se naam uit­ge­roep word. Nog met haar kind se ge­skree in haar ore, stei­er sy o­rent, strom­pel sy kaal­voet op die ver­hoog, haar groot voe­te van klei ont­bloot vir al­mal om te sien.

Maar dis nie al wat keer dat die kroon op haar kop be­land nie. Want die waar­heid is ’n s­link­se mees­te­res, sy laat haar nie met val­se skoon­heid be­dek nie. Wan­neer die na­tuur in­skop, wan­neer in­stink oor­neem, ge­hoor­saam die lyf en is die te­kens maar net te dui­de­lik daar.

Vir al­mal om van te weet. Ver­al wan­neer die aand­rok aan jou lyf van rag­fyn ma­te­ri­aal ge­maak is. En styf om jou oor­vol bors­te span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.