Bont­praat­jies

Ek wys vir haar my on­ge­wo­ne vonds, en sy be­duie na hare. En s­kie­lik word al­les dui­de­lik

Vrouekeur - - INHOUD - Deur TALITA VAN GRAAN

Ka­f­oe­fel in Ko­rea is nie kin­der­spe­le­tjies nie. Die woon­stel­le is mos piep­klein, en as ’n re­ël is drie ge­ne­ra­sies saam in­ge­prop – hul­le ver­sorg self die ou­men­se tot reg aan die ein­de.

Wat na­tuur­lik ’n pro­bleem is as mens be­gin rooi­hak­skeen­tjies kry.

E­ni­ge op­sit­kers se vlam­me­tjie sal suk­kel om aan die brand te kom met A­jum­ma (ou­ma) links en A­jos­hi (ou­pa) regs, Ma en Pa oor­kant en drie of vier boe­ties en sus­sies tus­sen­in.

Mens kan ook nie juis ka­mer toe vlug nie, want die mu­re is pa­pier­dun, soos ek en Da­niel­le tot ons ys­li­ke ver­leent­heid ag­ter­ge­kom het. Aan­vank­lik had ons geen bu­re nie, en neem dus aan als is klank­dig … tot ’n an­der pas­ge­trou­de paar­tjie langs­aan in­trek en ons be­sef mens kan selfs hoor as jy net die ke­tel aan­sit, só skraps is die skei­ding. Hul­le was óf gek oor me­kaar óf vrees­lik lief vir DIY, want ons was nooit se­ker of hul­le be­sig is om te ha­mer of te spy­ker nie.

Maar nou ja, hul­le was im­mers ge­troud en kon ’n ge­mak­li­ke lê­plek­kie vir hul­le­self uit­soek.

Wat moet die res maak tot hul­le uit­ein­de­lik tot trou kom?

Die ant­woord, vol­gens Ko­rea, is na­tuur­lik ’n lo­ve mo­tel.

Kom ons gaan eers ’n bie­tjie ver­der te­rug. Ek en Da­niel­le ver­ken el­ke na­week dié nu­we land waar­in ons kui­er, en be­sluit een Sa­ter­dag om op ’n bus te spring na Jinha, die naas­te s­trand. Ek is gek oor die see en smag daar­na om net weer op ’n mooi s­trand te lê en in die bran­ders te bal­jaar.

He­laas, dis ’n vies­li­ke in­dus­tri­ë­le ha­we­dor­pie. Ons vind op­laas ’n skur­we stuk­kie s­trand vol klip­pe en vul­lis, maar Da­niel­le wei­er dat ek selfs ’n toon in die vuil skuim sit.

Ko­rea skiet dik­wels in ve­le op­sig­te te kort, maar die een ding wat hul­le wel goed reg­kry, is vei­lig­heid. Die mis­daad­sy­fers is ont­set­tend laag en ons ge­niet dit ter­deë om as twee vroue die land son­der vrees te mag ver­ken.

Ons het dus net tan­de­bor­sels en skoon on­der­kle­re in­ge­pak vir hier­die na­week weg, ge­rus in die we­te dat ons feit­lik e­ni­ge plek sal kan oor­slaap, som­mer in ’n gim­gil­bang (spa) of die eer­ste, bes­te klein ho­tel­le­tjie.

Die son be­gin sak en ons dwaal on­ver­rig­ter sa­ke en te­leur­ge­steld van die s­trand af weg.

Jinha is toe glad nie ’n fraaie kus­dor­pie met slaap­plek vir toe­ris­te nie. Ons soek klip­hard vir die be­ken­de gim­gil­bang-ne­on­te­ken, maar he­laas. Op­laas sien ons iets wat ho­tel­le­rig lyk en stap na­der.

Daar hang ’n swaar ti­pe gor­dyn voor die op­rit. Am­per as­of hul­le nie wil hê mens moet tot by die par­keer­ter­rein kan in­sien nie. Wel, ons het tog nie ’n kar nie, so wat traak dit ons? Ons stap bin­ne.

“Hoe­veel vir een nag?” be­duie Da­niel­le be­leefd.

30 000 won as­se­blief, wys die ou­e­ri­ge ont­vangs­da­me.

Ons be­taal en stap boon­toe. Dik mat­te, ske­mer be­lig­ting, tjoep­stil.

Die ka­mer is nie sleg nie – dit lyk soos e­ni­ge goed­koop mo­tel. Daar is ’n TV en toi­let, en tot my vreug­de selfs ’n piep­klein bad.

Ek sien hul­le het vir ons ’n klein mand­jie met snuis­te­rye ter ver­wel­ko­ming op die spie­ël­ta­fel ge­los. Se­ker sjo­ko­la­de of se­pies of so, dink ek.

Aikô­na.

Drie kon­do­me, twee pak­kies smeer­mid­del, een kam en ’n weg­gooi­ba­re tan­de­bor­sel.

“Eee … Da­niel­le?” be­gin ek ver­baas, en draai om om haar na­der te roep.

Sy staan langs die bed en lyk net so ver­baas. Sy’t die du­vet oop­ge­trek om se­ker te maak die bed­de­goed is da­rem on­langs om­ge­ruil, en word deur ’n plas­tiek­la­ken be­groet.

Ek wys vir haar my on­ge­wo­ne vonds, en sy be­duie na hare.

En s­kie­lik is al­les vir ons dui­de­lik.

Dis ’n lo­ve mo­tel.

Die soort waar­heen spul­se jong Ko­re­a­ne hul­le be­geef wan­neer die lus te groot raak en die ge­sins­woon­stel te klein. En dis be­slis nie net jong­men­se wat die klan­di­sie op­maak nie … E­nig­een wat in groe­ner gras met ’n skelm­pie wil gaan wei of huur­vry kom kruip se­ker hier weg.

Ons staan vir ’n paar oom­blik­ke ver­bluf na me­kaar en kyk en be­gin dan gig­gel. Ek gryp my hand­sak en be­duie uit, bui­ten­toe – ons kan la­ter be­sluit wat ons nou te doen staan.

Ons strom­pel uit die ka­mer en pro­beer ons pad on­der­toe vind. Om die t­wee­de draai loop Da­niel­le haar by­na dis­nis teen die ys­li­ke ven­ding ma­chi­ne.

Let wel: nie vir koel­drank of swiets nie.

Dis van hoek tot kant (a­hem) met stou­te speel­goed vol­ge­pak.

Ons vlug ver­der.

Nog ’n vloer la­ter word ons deur ’n boek­rak vol stou­te rol­pren­te en voos ge­lees­de tyd­skrif­te be­groet, en nog ’n stel trap­pe la­ter is ons op­laas bui­te.

Ons duik deur die gor­dyn te­rug na die ge­wo­ne wê­reld, en gaan soek ie­wers ’n stig­te­li­ke eet­plek ter­wyl ons die saak oor­dink. Dis reeds laat, die vol­gen­de bus kom eers mô­re en selfs in vei­li­ge Ko­rea kan ons nie bloot op straat slaap nie.

Heel­wat la­ter sit ek die bed­lig­gie af en die plas­tiek­la­ken kraak on­der my toe ek om­draai en vir Da­niel­le nag­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.