Ken jou sto­rie

By la­er­sko­le word Ja­co Ja­cobs by­na soos ’n pop­ster ont­vang. Hy het ook al se­ker al die pryse ge­wen wat moont­lik deur skry­wers vir jong le­sers ge­wen kan word. Maar dit is nog nie ge­noeg nie!

Vrouekeur - - INHOUD - Deur Wil­lie Bur­ger

As daar een mens is wat ’n e­nor­me by­drae tot die vor­ming van jong A­fri­kaan­se le­sers maak, is dit Ja­co Ja­cobs. In boek ná boek, of dit kort­ver­ha­le, ro­mans of ver­se is, sleur hy le­sers mee en maak lees in A­fri­kaans cool.

Ja­cobs is be­sig om in A­fri­kaans te doen wat Ro­ald Dahl of Da­vid Wal­li­ams in En­gels ge­doen het: Hy kry kinders aan die lees.

u ’n Baie in­druk­wek­ken­de nu­we boek van Ja­cobs wat pas by Lapa ver­skyn het, is Moe­nie hier­die boek eet nie! ’n Rym­pie vir el­ke dag van die jaar. Die kleur­ry­ke il­lus­tra­sies (wat so ’n bie­tjie aan Dr Seuss­boe­ke her­in­ner) deur Zi­nel­da M­cdo­nald maak die ver­sa­me­ling ver­sies som­mer baie aan­trek­lik.

Dit is ’n lek­ker dik boek met 365 rym­pies – een vir el­ke dag van die jaar. Ek kan nie eens be­gin om te ver­tel waar­oor al die rym­pies gaan nie.

Ja­cobs se rym­pies is vro­lik en lig en sy hu­mor­sin ver­maak kinders (en vol­was­se­nes). E­nig­een met la­er­skool­kin­ders sal da­de­lik weet dat hier­die ge­dig­gie ’n tref­fer sal wees:

’n Dood­ge­wo­ne dag by die zom­bie­skool “Juf­frou, my han­de het voe­te ge­kry!” “Juf­frou, sy rol weer haar oë vir my!” “Hou op om met my to­ne al­bas­ter te speel!” “Juf­frou, ek het net aan sy skou­er ge­tik en toe’t hy sy ag­ter­ent mors­af ge­skrik!” “Juf­frou, waar’s my ore?” “En waar’s my on­der­kaak?” “Kyk – Juf­frou het so pas van haar kop af ge­raak!” En ’n ge­dig soos “My ou­pa is ou­er as Google” sal ook vol­was­se­nes ver­maak: “My ou­pa is ou­er as Google – dis moei­lik om te glo, maar ek het dit gaan google en Google sê ook so!

Kinders (en vol­was­se­nes) hou nie som­mer van­self van taal nie. ’n Lief­de vir taal, wat uit­ein­de­lik ook tot ’n ver­sig­ti­ger en ra­ker ge­bruik van taal lei, spruit uit ’n be­wus­wor­ding van taal, ver­al van die klank en die rit­me van taal. Hier­die rym­pies van Ja­cobs is pre­sies die soort taal­ge­bruik waar­aan kinders bloot­ge­stel moet word ten ein­de hul taal­ge­voe­lig­heid te ont­wik­kel – ’n ge­voel vir die klank en rit­me, vir die seg­gings­krag, vir die moont­lik­he­de van woor­de. Ek dink dat hier­die ver­se ’n on­ont­beer­li­ke by­drae kan le­wer tot die ont­wik­ke­ling van taal­ge­voe­lig­heid – son­der preek, son­der die ge­voel dat les­sies ge­leer word, bloot met die mee­voe­ring van uit­bun­di­ge spel.

Ag­ter­op die prag­ti­ge boek staan dat dit “’n Moet-hê-boek vir el­ke kind se boek­rak” is. Eint­lik kan ek daar­mee vol­staan.

u Die swak­ste re­stau­rant in die heel­al is ’n ver­sa­me­ling van tien kort sto­ries deur Ja­cobs. Die boek is deur Da­le Blan­ke­naar ge­ïl­lus­treer. Dit is on­ge­loof­lik dat Ja­cobs som­mer net een ná die an­der sto­rie kan uit­dink. Die ver­ha­le het tel­kens ’n ver­ras­sen­de wen­ding aan die ein­de – soos wan­neer ’n suur ou buur­tan­nie die he­le tyd kla oor die kind se ki­taar­spel, en wan­neer die ge­sin tot die ver­lig­ting van die buur­tan­nie trek, neem ’n rock­band hul in­trek in die huis!

Tal­le ver­ha­le is ge­moeid met die din­ge waar­mee by­na al­le kinders kan i­den­ti­fi­seer – ’n ge­voel van nie-be­hoort­nie, met vre­se vir ver­wer­ping deur an­der, skaam­te vir die ou­ers of bloot die er­va­ring dat nie­mand jou raak­sien nie. Maar nooit word die ver­ha­le pre­ke­rig nie.

u Ter­wyl die kort sto­rie­tjies so tus­sen 8 en 20 blad­sye elk (waar­van tal­le blad­sye uit il­lus­tra­sies be­staan) lank is, is ’n sto­rie soos Din­ge wat ek nie van ska­pe ge­weet het nie, ’n veel lan­ger ver­haal

(134 blad­sye) vir gro­ter kinders. Ek weet ek is ver­on­der­stel om as vol­was­se­ne, wat boon­op hoof­saak­lik “let­ter­kun­de” be­stu­deer, nie oor ’n “kin­der­boe­kie” op­ge­won­de te raak nie. Maar Ja­cobs se sto­rie het my in­ge­sleep en ek kon nie op­hou lees nie. Lu­an se pa stuur hom om die va­kan­sie saam met sy ou­ma in die Ka­roo deur te bring, ter­wyl sy pro­ku­reur­pa die ge­mors wat Lu­an en sy vrien­de by die skool ver­oor­saak het, “op­ruim”.

Lu­an sien vrees­lik daar­teen op om saam met sy wei­rd ou­ma deur die Ka­roo te ry waar sy fo­to’s van wind­pom­pe neem. Hy kan nie dink hoe­dat hy die he­le va­kan­sie son­der sy Play­sta­ti­on, die win­kel­sen­trums en sy pêl­le sal kan oor­leef nie. Maar dan ont­moet hy ’n mei­sie, en ’n de­pres­sie­we skaap, en sy he­le le­we ver­an­der …

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.