Klas­sie­ke klan­ke

Bril­jant soos wat sy was, was Ja­net Ba­ker im­mer ’n da­me en nooit ’n di­va nie

Vrouekeur - - INHOUD - Deur JO­HAN MYBURG

Da­me Ja­net Ba­ker, die En­gel­se mez­zo­so­praan wat so be­kend is vir die in­ten­si­teit van haar ver­tol­kings, of dit nou o­pe­ra of Lie­der is, het in Au­gus­tus 85 ge­word.

As daar een Ba­ker-o­pe­ra­ver­tol­king is wat ’n mens by­bly, is dit se­ker­lik haar voor­stel­ling van die tra­gie­se hel­din Di­do, of dit nou was in Hen­ry Pur­cell se Di­do and Ae­ne­as en ver­al die a­ria W­hen I am laid in e­arth ... of in Hec­tor Ber­li­oz se Les Troy­ens.

Op die kon­sert­ver­hoog was dit die

Lie­der van Gus­tav Mahler en dié van sir Ed­ward El­gar waar­in haar on­be­ris­pe­li­ke dik­sie en be­grip van die teks – in wat­ter taal sy ook al ge­sing het – wat so ma­te­loos be­ïn­druk het. Dink maar aan haar weer­ga­we van Mahler se Kin­der­to­ten­lie­der en El­gar se Sea Pic­tu­res.

Haar laas­te o­pe­ra-op­tre­de was in 1982 by G­lyn­de­bour­ne toe sy die rol van Or­feo in Chris­toph Wil­li­bald Gluck se Or­feo ed Eu­ri­di­ce ge­sing het. Sy was toe 49. Sy het daar­na wel nog vir ’n ver­de­re se­we jaar Lie­der-ver­tol­kings ge­gee voor­dat sy in 1989 op­hou sing het. Nie in een van die ge­val­le was dit om­dat haar stem pro­ble­me ge­gee het nie.

Bril­jant soos wat sy was, was Ba­ker im­mer ’n da­me en nooit ’n di­va nie.

Daar was in die me­dia geen be­rig­te oor uit­val­le met o­pe­ra­be­stu­re nie, daar was geen uit­spat­ti­ge le­wen­styl of dra­ma­tie­se ver­hou­dings nie.

’n Mens sou haar loop­baan só kon saam­vat: Sy het haar ta­lent ont­gin en hard daar­aan ge­werk om dit te slyp; sy het rol­le uit­ge­soek wat haar soos ’n hand­skoen ge­pas het en op­na­mes van die hoog­ste ge­hal­te ge­maak (daar be­staan nie min­de­re op­na­mes van Ja­net Ba­ker nie); sy het won­der­li­ke Lie­der-uit­voe­rings ge­gee en op die kruin van haar suk­ses, op 56, haar loop­baan tot ’n ein­de ge­bring. Toe die ap­plous op sy da­we­rend­ste was, het Ba­ker haar loop­baan vaar­wel toe­ge­wuif en met haar pri­va­te le­we aan­ge­gaan.

Ba­ker het in Yorks­hi­re groot­ge­word en ná skool in ’n bank gaan werk. Sy het in die Leeds Fil­har­mo­nie-koor ge­sing en in 1953 ’n oor­pla­sing na ’n bank in Lon­den ge­kry. Sy het in Lon­den sang­les­se ge­neem.

Sy het ’n lid van die Am­bro­si­an Sin­gers ge­word het. In 1955 het sy ’n ver­tol­king van Brahms en El­gar vir die BBC ge­le­wer. Die vol­gen­de jaar het sy die t­wee­de plek in die Kathleen Fer­rier-sang­kom­pe­ti­sie ver­o­wer.

Een van die be­oor­de­laars het oor dié kom­pe­ti­sie ge­sê: “Wat my be­tref, was daar maar een san­ger, en dit is Ja­net Ba­ker.”

Sy het haar o­pe­ra­de­buut in die Ox­for­d­u­ni­ver­si­teit se o­pe­rak­lub se weer­ga­we van Be­dřich S­me­ta­na se The Se­cret ge­maak en on­mid­del­lik aan­dag ge­trek.

Aan­vank­lik is Ba­ker met Fer­rier ver­ge­lyk. Fer­rier, die ge­lief­de con­tral­to, is in 1953 op 41 dood. Op die ke­per be­skou, het die twee se stem­me min oor­een­koms­te – Ba­ker be­skik oor ’n ho­ër re­gis­ter wat haar by­voor­beeld veel meer vir Mahler ge­skik maak.

Uit die be­skik­ba­re op­na­mes van Mahler se R­üc­kert-lie­der is dit Ba­ker se op­na­me van 1969 met die New P­hil­har­mo­nic on­der lei­ding van sir John Bar­bi­rol­li wat uit­staan, on­der meer om­dat Ba­ker, soos ie­mand op­ge­merk het, nie net die woor­de uit­spreek nie, maar dit in­der­daad be­lig­gaam. Die­self­de kan ’n mens sê van die Bar­bi­rol­li-op­na­me van El­gar se Sea Pic­tu­res en Ber­li­oz se Les nuits d’été.

En voeg by die ly­sie ook maar El­gar se The D­re­am of Ge­ron­ti­us met sir A­dri­an Boult voor die Lon­don P­hil­har­mo­nic-koor en -or­kes. En Ben­ja­min B­rit­ten se P­ha­e­dra.

Da­me Ja­net Ba­ker ’n paar jaar ge­le­de in ’n Tv-on­der­houd met Nor­bert Meyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.