Heer­li­ke koe­kies

Dié de­ka­den­te dadelkoekies is sag bin­ne met ’n lek­ker grond­boon­tjie­bot­ter­geur

Vrouekeur - - INHOUD - Deur MARELI VISSER

Da­del-en-grond­boon­tjie­koe­kies 24 koe­kies

225 g ont­pit­te da­dels

250 ml (270 g) grond­boon­tjie­bot­ter

(glad)

10 ml (2 t) va­niel­je­geur­sel

1 groot ei­er

2 plak­ke (160 g) don­ker­sjo­ko­la­de 60 ml (¼ k) grond­boon­tjies,

fyn­ge­kap

Voor­ver­hit oond tot 170°C en voer bak­plaat met was­pa­pier uit.

1 Kap da­dels in voed­sel­ver­wer­ker fyn. Gooi grond­boon­tjie­bot­ter by en kap tot daar niks meer grow­we stuk­ke da­del is nie.

2 Voeg va­niel­je­geur­sel en ei­er by en

kap tot be­slag ’n bal vorm.

3 Maak eet­le­pel­groot­te bal­le­tjies en

pak op bak­plaat. Druk met vurk plat.

4 Bak vir 15 mi­nu­te tot goud­bruin en gaar. Laat af­koel en plaas in vries­kas vir vyf mi­nu­te.

5 Smelt sjo­ko­la­de en doop koe­kies half­pad daar­in. S­prin­kel on­mid­del­lik met ge­kap­te grond­boon­tjies. Laat sjo­ko­la­de stol.

6 S­toor in lug­dig­te hou­er.

#ba­k­lief­de­ma­re­li

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.