Hier voel gas­te tuis

Die Bur­gers het ’n a­par­te huis op hul erf net vir familie en vrien­de ge­bou. Hul­le wys dié mo­der­ne huis

Vrouekeur - - INHOUD - Deur MARYKE RO­BERTS Fo­to’s JAC KRITZINGER

Ger­hard en Ma­ree Bur­ger het ’n nu­we huis op ’n baie klein erf OP Her­ma­nus, laat bou. Ma­ree be­skryf die huis wat reg langs hul woon­huis is, se styl as mo­dern, met ’n bie­tjie A­fri­ka-in­spi­ra­sie. Die net­jie­se wit af­wer­kings en hoë pla­fon­ne skep ’n luuk­se ge­voel van ruim­te en hul­le ge­niet die stoe­pe wat lek­ker son­nig is en op die swem­bad oop­maak.

Die Bur­gers is baie lief vir ont­haal en familie en vrien­de van oor die wê­reld kom kui­er op Her­ma­nus. Die nu­we huis sal hul gas­te huis­ves wan­neer hul eie huis te vol word.

Die huis is om ’n klein plas­swem­bad en bin­ne­hof ont­werp en groot­deu­re van el­ke ver­trek maak op hier­die vier­kant oop. Rot­tang, hout en palms skep ’n tro­pie­se ei­land-ge­voel.

Oud en nuut

Vir die nu­we huis het die Bur­gers al die meu­bels nuut ge­koop en dit so lig as moont­lik ge­hou. Ma­ree was wel skrik­ke­rig dat al die nu­we, neu­tra­le kleu­re te strak gaan lyk en het toe ’n paar twee­de­hand­se ar­ti­kels soos die ou hout­ta­fels ge­kry om ’n lek­ker at­mos­feer te skep wat warm­te en ’n ge­voel van in­ge­leefd­heid aan die ruim­te te ver­leen.

Die sit­ka­mer, eet­ka­mer en kom­buis is al­les oop­plan, so­dat al­mal deel van die ge­sel­skap is, on­ge­ag van waar in die kui­er­gas­te hul­le hul­le be­vind. Ma­ree se aan­dag aan in­te­res­san­te de­tail is o­ral sig­baar. In die knus sit­ka­mer met sy lek­ker kag­gel is ’n in­ge­bou­de ban­kie en muur­tjie om die kag­gel ge­bou, wat sag­te ron­dings aan die an­der­sins sim­me­trie­se ver­trek gee.

In­te­res­san­te kleu­re

Ma­ree het al die bad­ka­mers oor­we­gend wit en grys ge­hou, be­hal­we die klein gas­te­bad­ka­mer langs die kom­buis, waar sy met steen­kool­kleu­ri­ge mu­re en in­te­res­san­te ster­pa­troon­te­ëls ’n in­druk­wek­ken­de stel­ling maak.

In die slaap­ka­mers spog el­ke ver­trek met ’n wit ag­ter­grond en spat­sels kleur.

Die ruim­tes is oop en lig, met baie min tier­lan­tyn­tjies wat rond­staan.

Ma­ree het ge­leer dat jy met die ver­sie­ring van ’n huis jou in­stink­te moet volg en moet lig­loop vir te veel kleur aan die be­gin. “Hou by neu­tra­le kleu­re en bring la­ter kleur in soos jy voel,” ver­tel sy.

Lig en vei­lig

Sy ver­tel: “Ek let al­tyd op ruim­te, son­lig en hoog­te en het die stoe­pe en bin­ne­hof as deel van die huis ont­werp. Dis nie die eer­ste keer wat ons bou nie en die ar­gi­tek, Lu­ke van der West­hui­zen, help ons al­tyd met die ont­werp.

“Ek hou ook van ’n huis waar­in ek vei­lig kan voel en wat jy net kan toe­trek as jy reis, maar wat warm en son­nig is vir ’n ge­mak­li­ke le­wen­styl.”

na­tuur­li­ke aan­voe­ling

Ma­ree sê haar na­tuur­li­ke aan­voe­ling vir de­kor is te dan­ke aan een van haar goeie vrien­de, S­te­phen Falc­ke, die be­ken­de bin­ne­ver­sier­der, as­ook haar ou­ma, Mi­mi Fou­ché. “S­te­phen het my ge­ïn­spi­reer om an­ders na de­kor te kyk en my ou­ma was ’n vrou met be­son­der goeie smaak wat ’n groot in­druk op my ge­maak het.”

Ma­ree Bur­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.