OM WEER OP TE STAAN

Groot storms om weer ge­luk te vind

Vrouekeur - - INHOUD - Deur MORYN HANZEN

Dit was ’n vriend se uit­no­di­ging na ’n kof­fie­kroeg­aand by­na 30 jaar ge­le­de wat Bar­ne­a­ce Slab­bert se le­we ver­an­der het. Dis hier waar ’n lang, skraal man wat ki­taar speel haar pad ge­kruis het. “Dit was ’n Sa­ter­dag­aand toe hy my voe­te on­der my uit­ge­slaan het,” ver­tel sy.

Dié on­der­wy­ser was dui­de­lik ge­lief on­der die strand­diens­span­le­de. “Toe hy sy mond oop­maak, kon ek ag­ter­kom hy is ’n Na­ma­kwa­lan­der. Sy ak­sent het my be­to­wer.” Uit die staan­spoor het hy haar met respek be­han­del.

Hy het haar a­dres ge­vra en só by haar be­gin kui­er. ’n Jaar la­ter is hul­le ge­troud. “Hy was ’n won­der­li­ke mens. Ons was by die kerk en ver­al by die jeug be­trok­ke.”

Dit was ’n paar jaar ná hul seuns se ge­boor­tes toe sy ge­lei­de­lik be­sef het dat hy nie meer die man was met wie sy ge­trou het nie. Wan­neer hy kwaad ge­word het, het ’n an­der mens na vo­re ge­kom as die lief­de­vol­le een wat sy ge­ken het. “Soms het ek hom nie ver­staan nie, ver­al as hy stil­stui­pe of woe­de­buie ge­kry het.”

Hul­le het ver­al ver­skil oor sy ge­brek aan dis­si­pli­ne in hul seuns se op­voe­ding. Hy het hul­le ook van kleins af met speel­goed en lek­ker­nye be­derf.

“Ek kon hom nie teen­gaan nie, ek moes stil­bly en dit net aan­vaar.”

Saans het hy klok­slag om agt­uur vir die seuns By­bel­sto­ries ge­lees. “Hy het min­der en min­der be­lang­stel­ling in my ge­toon. Ek het waar­de­loos ge­voel en be­gin hoop ver­loor.”

Boon­op was hy ge­du­rig be­sig en hul lief­de het met­ter­tyd ver­flou. “Hy het toe ’n goeie pos by ’n groot maat­skap­py be­klee.” Hy het ook na­we­ke ’n be­sproei­ings­on­der­ne­ming be­dryf vir ’n ek­stra in­kom­ste. “Daar was nie meer tyd vir me­kaar nie. Die kinders het hom nog meer ge­mis.”

Hy het al­ler­han­de sin­ne­lo­se per­ke be­gin stel. “Ek mag nooit ons pos oop­ge­maak het nie en ek kon dit nie ver­staan nie.” Toe sy een­dag ge­waag het om ’n koe­vert oop te skeur, was hy woe­dend.

“Ek is so lief vir men­se, maar hy wou nooit kui­er nie. Ons moes net al­leen uit­gaan of by die huis bly.”

Tog het hy haar aan­ge­moe­dig om haar droom te be­waar­heid om ’n gospel­cd te laat op­neem en sy het by ker­ke be­gin op­tree.

“Hy was my klank­man en ’n heel­te­mal an­der mens by die ker­ke waar ek be­dien het.” Maar sy ont­hou ook hoe hy dit tel­kens reg­ge­kry het om haar voor ’n op­tre­de te ont­stel.

Ná ’n hu­we­lik van ne­ge jaar kry Bar­ne­a­ce een na­mid­dag ’n drin­gen­de op­roep van hul pre­di­kant wat hul le­wens dras­ties ver­an­der het. “Hy het ge­vra dat ek en die seuns da­de­lik pas­to­rie toe moes gaan, daar het iets ge­beur. Ek het on­mid­del­lik die erg­ste ge­dink: Dat my man dalk in ’n mo­tor­on­ge­luk was.”

Niks kon haar voor­be­rei op die nuus wat sy daar­die dag ge­kry het nie: Haar man was in po­li­sie­aan­hou­ding na­dat hy ’n vrou­li­ke kol­le­ga met ’n ha­mer ge­slaan het. Dié is in die waak­een­heid van die hos­pi­taal op­ge­neem. “Ek het be­gin lag en

ge­sê: ‘Nooit, dis nie mý man nie!’”

Eers toe sy hom in die po­li­sie­sel be­soek, het die werk­lik­heid tot haar deur­ge­dring.

“Hy was met bloed be­vlek en het oor en oor ge­sê die vrou het hom twee jaar lank ge­teis­ter en hy kon dit nie meer vat nie.”

Be­wy­se het la­ter aan die lig ge­kom dat hy na be­we­ring soos ’n mo­der­ne Ro­bin Hood ar­mes, hulp­be­hoe­wen­des en selfs ge­meen­tes fi­nan­si­eel ge­help het met die geld wat hy by die werk ver­duis­ter het.

Sy po­ging om sy kol­le­ga, wat ag­ter­ge­kom het waar­mee hy be­sig was, stil te maak, was voor­af be­plan.

Hul kinders was daar­die tyd on­der­skei­de­lik vyf en drie jaar oud, en sy wou hul­le die nuus spaar, maar hul oud­ste seun het by die speel­skool­tjie daar­van ge­hoor.

“Hy was op die oog af meer ge­raak om­dat hy ou­er was. Hy het baie vrae ge­vra en wou heel­tyd weet wan­neer sy pap­pa huis toe kom.”

Bin­ne drie dae ná sy in­heg­te­nis­ne­ming het sy en die seuns by­na al hul be­sit­tings ver­loor. “Ek het won­der­li­ke sus­sies. My oud­ste sus en my swa­er het ons in­ge­neem.”

Bar­ne­a­ce sê sy wou nie meer leef nie. “Ek het ge­glo dis ’n droom en dat ek gaan wak­ker word en be­sef dit het nie ge­beur nie! Ek wou nie sing nie, ek wou nie meer By­bel lees of bid nie. Ek het my­self ook ver­waar­loos. Ek het net ge­lê en my­self be­jam­mer.”

Sy kon nie ver­staan hoe­kom dit met haar moes ge­beur nie. “Ek het dan in ker­ke be­dien, men­se be­moe­dig wat deur trau­ma ge­gaan het en daar was ek, ’n gospel­san­ge­res, self in hier­die storm van my le­we.”

Die keer­punt het ge­kom toe sy een Maan­dag­og­gend nie kans ge­sien het om op te staan nie en haar By­bel by Je­sa­ja 41:10 oop­ge­maak het: “Wees nie be­vrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angs­tig rond nie, want Ek is jou God. Ek ver­sterk jou, ook help Ek jou, ook on­der­steun Ek jou met my red­den­de reg­ter­hand.” Dit het haar so ge­raak dat sy ’n lied ge­skryf het: Ek staan op U Woord.

“Hoe­wel my sus­sie-hul­le goed vir ons ge­sorg het, wou ek ook my deel doen. Ek het by win­kel­sen­trums gaan sing.”

Sy en haar man is ’n jaar la­ter ge­skei en hy is 12 jaar vir be­drog en vier jaar vir po­ging tot moord ge­von­nis.

Sang was ge­ne­sing vir haar siel, maar sy het nog nie sterk ge­noeg ge­voel om weer in ker­ke op te t­ree nie.

’n Vrou het een­dag voor ’n win­kel twee uur lank na haar sang ge­luis­ter en haar aan Bar­ne­a­ce voor­ge­stel.

“Eve het ge­sê dat sy my met my be­die­ning wou help.” Hul­le het vrien­de ge­word en van­dag, 18 jaar la­ter, staan sy Bar­ne­a­ce s­teeds by.

Op ’n dag het sy be­sef dat sy nie met haar le­we kon voort­gaan son­der om haar eks­man te vergewe nie.

In­tus­sen het ’n vriend van haar swa­er, Jo­han, die seuns leer ken nog voor­dat sý hom self leer ken het.

Vier jaar ná die eg­skei­ding is sy en Jo­han ge­troud. “Ons het ’n be­lof­te aan me­kaar ge­maak dat ons niks vir me­kaar sal weg­steek nie en al­tyd eer­lik met me­kaar sal wees.”

Hul­le het die seuns twee keer na haar eks­man ge­neem ter­wyl hy in aan­hou­ding was, maar dit was te trau­ma­ties vir hul­le. Hy het ná haar troue al min­der be­lang­stel­ling in die kinders ge­toon.

Hy het we­lis­waar baie in die ge­van­ge­nis ver­an­der en ook op­lei­dings- en op­hef­fings­werk daar be­gin doen.

“Hy is selfs toe­ge­laat om na­we­ke sy ge­tui­e­nis in ver­skeie ker­ke te le­wer.” Hy is vry­ge­laat na­dat hy agt jaar van sy oor­spronk­li­ke von­nis uit­ge­dien het.

“So drie jaar ge­le­de het ons ’n ont­moe­ting met hom ge­re­ël. My oud­ste seun, nou 25 jaar oud, wou juis met hom ge­sels, want hy het met ver­gif­nis ge­suk­kel. Dit was eg­ter moei­lik vir hom om ’n per­soon­li­ke ge­sprek met sy pa te hê ter­wyl hul­le om­ring was deur an­der be­hoef­ti­ge kinders oor wie sy pa hom ont­ferm.”

Hoe­wel die le­wen­storms Bar­ne­a­ce plat­ge­slaan het, het sy nie bly lê nie. “Ek het deur ge­na­de op­ge­staan. Ek het ’n won­der­li­ke man wat my in al­le op­sig­te on­der­steun. Hy is ook ’n won­der­li­ke pa vir my seuns.”

In haar 22 jaar se sang­be­die­ning het sy 18 CD’S en 4 DVD’S uit­ge­reik. “Ek het ge­mid­deld 100 op­tre­des per jaar en toer die he­le Suid-a­fri­ka vol.”

Ek het ge­glo dis ’n droom en dat ek gaan wak­ker word en be­sef dit het nie ge­beur nie! Ek wou nie sing nie, ek wou nie meer By­bel lees of bid nie. Ek het my­self ook ver­waar­loos. Ek het net ge­lê en my­self be­jam­mer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.