Die ge­hal­te van ver­pleeg­sorg is be­sig om te daal

Die ge­hal­te van ver­pleeg­sorg is be­sig om te daal, is die ge­volg­trek­king van ’n S­tel­len­bos­se pro­fes­sor na­dat sy on­der­soek in­ge­stel het na ver­pleeg­wan­prak­ty­ke in pri­va­te hos­pi­ta­le wat tot si­vie­le ei­se ge­lei het

Vrouekeur - - INHOUD - Deur JACKIE PIE­NAAR-B­RINK

Die og­gend voor­dat Pa­si­ënt A vir ’n o­pe­ra­sie tot ’n pri­vaat hos­pi­taal toe­ge­laat is, het hy nog ’n goeie draf­ses­sie in­ge­kry. Teen laat­mid­dag, na­dat ’n ge­was van 1 cm van sy rug­murg ver­wy­der is, was hy in al­bei be­ne ver­lam om­dat ver­pleeg­per­so­neel nie ag ge­slaan het op klag­tes van sy kant af wat die ge­vaar­lig­te blit­sig moes laat flik­ker het nie.

Die be­trok­ke pa­si­ënt het teen 11:45 by ver­pleeg­per­so­neel be­gin kla dat hy ’n swak­heid in sy reg­ter­voet voel ter­wyl sy lin­ker­voet voor die o­pe­ra­sie die pro­bleem was. So­wat ’n uur la­ter het hy ge­kla dat al­bei voe­te nou ’n pro­bleem is. In al­bei ge­val­le is hy ge­ïg­no­reer. Toe hy teen 14:00 noem dat al­bei sy be­ne swak be­gin voel, is stééds niks ge­doen nie.

Eers heel­wat la­ter het die ge­re­gis­treer­de ver­pleeg­kun­di­ge ag­ter­ge­kom dat al­bei die pa­si­ënt se be­ne lam is. Die chi­rurg is in ken­nis ge­stel, maar teen

17:00 was Pa­si­ënt A ’n pa­ra­pleeg weens on­om­keer­ba­re rug­murg­ska­de.

“Weens swak drei­ne­ring van bloed/ vloei­stof by die o­pe­ra­sie­wond het ’n bloed­klont ge­lei­de­lik op die rug­murg ge­vorm. On­om­keer­ba­re ska­de is dus ver­oor­saak,” ver­dui­de­lik prof Et­hel­wynn S­tel­len­berg van die de­par­te­ment ver­pleeg­en ver­los­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

“In so ’n ge­val is dit van kri­tie­ke be­lang dat nie net die drei­ne­ring nie, maar ook die mo­to­rie­se en sen­so­rie­se funk­sies van die le­de­ma­te ge­mo­ni­tor word, en ook dat daar na pa­si­ën­te ge­luis­ter word.”

Dit was een van meer as 100 ge­val­le waar­mee sy te doe­ne ge­had het in ’n on­der­soek na si­vie­le ei­se wat op ver­pleeg­wan­prak­ty­ke in pri­vaat hos­pi­ta­le ge­volg het.

“Die ge­hal­te van ver­ple­ging is be­sig om te daal, nie net in die staats­hos­pi­ta­le nie, maar ook in pri­vaat hos­pi­ta­le,” sê sy pront­uit. En die aan­tal suk­ses­vol­le si­vie­le ei­se wat daar­uit voort­vloei, het ’n reu­se­pro­bleem vir Suid-a­fri­ka ge­word.

Men­se moe­nie on­der die wan­in­druk ver­keer dat dit sel­de voor­kom nie. Daar is in­der­waar­heid ’n skrik­wek­ken­de toe­na­me in so­wel die aan­tal as die groot­te van die ei­se. Ei­se wat in die mil­joe­ne gaan draai, is dees­dae die norm eer­der as die uit­son­de­ring, waar­sku sy, en ver­wys na die hoog­ste een nóg – R25 mil­joen – wat

in 2013 uit­be­taal is.

Die re­a­li­teit, sê Et­hel­wynn, is dat hier­die uit­ga­wes uit­ein­de­lik maar net na die ver­brui­ker deur­ge­gee word.

Wat haar erg kwel, is dat driekwart van die ei­se wat deel van haar stu­die uitgemaak het, stil-stil bui­te die hof ge­skik is. Me­die­se­fond­s­le­de en an­der ge­brui­kers van dié hos­pi­ta­le – al­mal po­ten­si­ë­le slag­of­fers – het dus nie daar­van te ho­re ge­kom nie.

Sy kon dank­sy ’n toe­ken­ning van die Na­si­o­na­le Na­vor­sing­stig­ting drie jaar ge­le­de be­gin met ’n on­der­soek na fak­to­re in ver­ple­ging wat tot si­vie­le ei­se by­dra.

Haar on­der­soek is in twee fa­ses ver­deel, waar­van die eer­ste op pri­va­te hos­pi­ta­le ge­fo­kus het en reeds af­ge­han­del is. Die t­wee­de fa­se is tans aan die gang en be­kyk ver­pleeg­kun­de­wan­prak­ty­ke in staats­hos­pi­ta­le.

Vir die eer­ste fa­se het sy on­der meer van die hulp van twee mees­ters­graad­stu­den­te ge­bruik ge­maak wat in Maart van­jaar hier­die gra­de ver­werf het. In to­taal het hul­le na 122 wan­prak­tyk-ei­se ge­kyk wat hul­le oor ’n tyd­perk van 11 jaar in Gau­teng en die Wes-kaap af­ge­speel het – die twee mees wel­ge­stel­de pro­vin­sies met die groot­ste hos­pi­ta­le waar ook die mees­te o­pe­ra­sies plaas­vind.

Groot ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sies het vol­gens haar die be­lang van die on­der­soek in­ge­sien, maar op regs­ad­vies nie e­ni­ge hof­do­ku­men­te be­skik­baar ge­stel nie.

Daar­voor moes sy haar op pro­ku­reurs “met ’n mo­re­le kom­pas” ver­laat, en ook die ver­se­ke­ring gee dat hos­pi­ta­le of an­der be­trok­ke­nes waar­oor nie reeds in die me­dia be­rig is nie, nie ge­ï­den­ti­fi­seer sou word nie.

In to­taal is 39% van die ge­val­le waar­mee sy en haar span te doe­ne ge­had het, as ek­streem be­skou, met een vyf­de van hier­die ei­se wat die ge­volg was van pa­si­ën­te wat ge­sterf het.

Weens ver­ple­gings­wan­prak­ty­ke was al­te­sa­me 79% van hier­die pa­si­ën­te ge­nood­saak om lan­ger in die hos­pi­taal te bly. Nog er­ger: 43% moes by­ko­men­de chi­rur­gie kry en 25% is ge­stremd huis toe.

Wat Pa­si­ënt A be­tref, wys Et­hel­wynn daar­op dat die ver­lam­ming voor­kom kon ge­wees het as die ver­pleeg­kun­di­ges ge­luis­ter het na wat die pa­si­ënt ge­sê het. Hul­le be­sef wat­ter spe­si­fie­ke ob­ser­va­sies nood­saak­lik is wan­neer pa­si­ën­te rug­murg­o­pe­ra­sies – of eint­lik maar e­ni­ge ti­pe chi­rur­gie – ge­had het. Ver­pleeg­per­so­neel ver­staan wat­ter kom­pli­ka­sies met ’n o­pe­ra­sie ge­paard kan gaan en wat die im­pli­ka­sies gaan wees as dit ge­ïg­no­reer word en daar nie e­ni­ge ver­tra­ging was nie en die kwes­sie on­mid­del­lik on­der die chi­rurg se aan­dag ge­bring is.

In hier­die ge­val was die pa­si­ënt ’n sa­ke­man wat ge­woon­lik die trap­pe by sy werk op­ge­hard­loop het. Nou is hy weens die na­la­tig­heid van ver­pleeg­kun­di­ges aan ’n rol­stoel ge­kluis­ter.

In haar stu­die het Et­hel­wynn on­der meer die vol­gen­de uit­ge­wys as fak­to­re wat tot die si­vie­le ei­se by­ge­dra het (en ui­ter­aard kan oor­vleu­el):

Ver­suim om rig­ly­ne te volg (91%) ’n Ge­brek aan ken­nis (75%)

Swak mo­ni­te­ring van pa­si­ën­te (69%) Ver­suim om voor­ge­skre­we me­di­ka­sie te gee (66%)

Ge­drag (66%)

Ver­suim om op kli­nie­se te­kens te re­a­geer (63%)

Ge­brek­ki­ge o­plei­ding (52%) Ak­ku­mu­la­sie van fou­te (52%)

Ge­brek aan toe­sig (45%)

Ver­keer­de be­han­de­ling (26%)

Wat Et­hel­wynn glo die ge­vaar­lig­te erns­tig moet laat flik­ker, is dat ge­re­gis­treer­de ver­pleeg­kun­di­ges by 87% van hier­die sa­ke be­trok­ke was. In die t­wee­de plek, op 39%, was in­ge­skre­we ver­pleeg­kun­di­ges.

Daar is heel­wat in die gro­ter ver­pleeg­prent­jie wat haar kwel. Haar on­der­vin­ding is dat pa­si­ën­te­toe­sig oor die al­ge­meen ver­swak het. “In kri­tie­ke sorg moet daar ’n kri­tie­ke­sorg­ver­pleeg­kun­di­ge vir el­ke pa­sient wees. Maar dees­dae word pa­si­ën­te wat uit die te­a­ter kom, deur ’n in­ge­skre­we ver­pleeg­kun­di­ge ver­sorg son­der dat ’n sus­ter na­by is.”

Daar­be­ne­wens word ver­sor­gers toe­ne­mend aan­ge­stel en boon­op in baie ge­val­le as deel van die ver­pleeg­per­so­neel ge­ag ter­wyl hul­le nie oor die no­di­ge o­plei­ding be­skik nie. Sy glo sterk dat ver­sor­gers of subop­ti­ma­le per­so­neel geen­sins in a­ku­te hos­pi­ta­le hoort nie.

Sy merk ook ’n kom­mer­wek­ken­de ge­brek aan in­ter­pre­ta­sie on­der ver­pleeg­kun­di­ges op. Le­sings word op by­kans ro­bot­ag­ti­ge wy­se van ma­sjie­ne ge­neem, maar daar word nie nood­wen­dig op fi­sie­ke te­kens by pa­si­ën­te ge­let of selfs aan hul­le ge­raak nie. Wan­neer ie­mand ’n rug­o­pe­ra­sie ge­had het, is dit tog se­ker­lik nie te veel ge­vra dat ver­pleeg­per­so­neel sal pro­beer vas­stel of daar ge­voel in die pa­si­ënt se be­ne is nie, sê sy met ver­wy­sing na Pa­si­ënt A.

Haar be­vin­dings is on­langs op so­wel na­si­o­na­le as in­ter­na­si­o­na­le vlak voor­ge­dra en pas ook deur die In­ter­na­si­o­na­le Ge­noot­skap vir Ge­hal­te in Ge­sond­heid­sorg (ISQUA) ge­pu­bli­seer.

Sy glo wat in haar stu­die uit­ge­kom het, is maar die oor­tjies van die see­koei en dat daar op die een of an­der ma­nier druk toegepas sal moet word om vei­li­ge en gehalteverpleegsorg vir pa­si­ën­te in pri­vaat hos­pi­ta­le te ver­se­ker.

“Wins kan nie net ten kos­te van die pa­si­ënt na­ge­jaag word nie,” be­na­druk sy.

WAT HAAR ERG KWEL, IS DAT DRIEKWART VAN DIE EI­SE WAT DEEL VAN HAAR STU­DIE UITGEMAAK HET, STILSTIL BUI­TE DIE HOF GE­SKIK IS SY GLO DAT DAAR OP DIE EEN OF AN­DER MA­NIER DRUK TOEGEPAS SAL MOET WORD OM VEI­LI­GE EN GEHALTEVERPLEEGSORG VIR PA­SI­ËN­TE IN PRI­VAAT HOS­PI­TA­LE TE VER­SE­KER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.