Ti­aan Lan­ge­neg­ger soek na ou­mas se kos­ge­hei­me

Ti­aan ont­hou waar­voor Ti­aan Lan­ge­neg­ger die land deur­kruis op soek na ou­mas se ge­hei­me in die kom­buis, gee mens ’n knop in die keel

Vrouekeur - - INHOUD - Deur MARYKE RO­BERTS

Ek be­soek Ti­aan Lan­ge­neg­ger ty­dens een van die e­pi­so­des van Ti­aan ont­hou. Hy kom haal my by my mo­tor. Sy oë blink van op­ge­won­den­heid oor sy gas vir die dag, Lo­na Haas­broek van So­mer­set-wes. Haar huis sit hoog teen die Hot­ten­tots­hol­land-ber­ge op die his­to­rie­se Lou­rens­ford-land­goed.

Die 32-ja­ri­ge Ti­aan het baie om oor op­ge­won­de te wees: Die pro­gram is ’n reu­se­suk­ses, hy is ’n paar maan­de ge­le­de ge­troud en hy en sy vrou, Na­dia, het pas huis ge­koop.

Sy groot­ste vrees, sê hy, is dat ons gaan ver­geet hoe om werk­lik te kook. “Dis dees­dae net te mak­lik om klaar­ge­maak­te kos te koop of dis­se te maak wat jy net in die oond druk om iets op die ta­fel te sit. Niks kom eg­ter by die ma­nier waar­op ons ou­mas ge­kook het nie.”

Ons stap bin­ne­toe. Ek sit in die hoe­kie en word vin­nig in­ge­trek in die ma­gie­se be­ko­ring van die ver­fil­ming.

Lo­na se se­nu­wees knaag ef­fens toe die ka­me­ras vir die eer­ste in­set­sel be­gin rol, maar toe Ti­aan se hart­lik­heid en op­reg­te be­lang­stel­ling in haar re­sep en sy her­koms haar om­vou, ont­span sy heel­te­mal.

Dis hoe ky­kers die af­ge­lo­pe ses we­ke saam met Ti­aan oor die wyd­te en breed­te van die Wes-kaap tot doer in die Vry­staat ge­kui­er het. Hy het al in die Sand­veld oor aar­tap­pel­suur­deeg­brood; op Die­mers­dal oor boe­re­wors en bil­tong; op Dar­ling oor ap­pel­tert en hoen­der­pas­tei; en in Bloem­fon­tein oor pam­poen­pof­fer­tjies ge­kui­er.

Ti­aan het nóú saam met Er­rie­da du Toit, in­houds­ver­vaar­di­ger van pro­gram­me soos Kok­ke­door en Koe­ke­door, ge­werk om die reg­te in­houd vir Ti­aan ont­hou te kry.

In el­ke pro­gram is daar ’n ou­ma wat wys hoe sy haar be­ken­de re­sep maak en Ti­aan gee dan sy eie kin­kel aan die re­sep. Dis ’n nu­we ge­daan­te vir staat­ma­kers soos pam­poen­pof­fer­tjies, melk­tert en sop – soos jy dit nog nooit van­te­vo­re ge­sien het nie.

Er­rie­da sê: “Dit was ’n hoog­te­punt in my kos­le­we om saam met Ti­aan, die re­gis­seur Hein S­choltz en die pro­duk­sie­span aan so ’n ge­hal­te­reeks te werk.

“Sul­ke pro­gram­me is no­dig, want dit her­in­ner ons aan die diep e­mo­si­o­ne­le band wat ons met kos het. En na­tuur­lik het die men­se by wie hy gaan kui­er het met hul won­der­li­ke sto­rie­ver­tel­ling hul har­te en her­in­ne­rin­ge vir hom en vir die ky­ker oop­ge­maak.

“Ti­aan en die tra­di­sie­be­wa­kers bou ’n brug­gie tus­sen gis­ter en van­dag wat ons al­mal kan oor­steek. Dis wat my so op­ge­won­de maak van Ti­aan ont­hou: Die nu­we vind in­spi­ra­sie by tra­di­sie, die een ver­kwik die an­der.”

Er­rie­da sê dis goeie ver­maak wat ook leer­saam is. Daar is so ’n oor­vloed kos­pro­gram­me en aan­lyn re­sep­te.

“Ti­aan ont­hou is ’n sag­te uit­no­di­ging om ho­kaai te roep en die ka­neel te ruik. Dit wys wat ag­ter en om en tus­sen die ly­ne van ’n re­sep ge­beur, daai lief­li­ke klein ri­tu­eel­tjies wat in selfs die be­ken­de en al­le­daag­se van kos­maak op­ge­sluit is.”

Ti­aan sê dis vir hom ge­wel­dig be­lang­rik dat ons Suid-a­fri­kaan­se koser­fe­nis be­houe moet bly.

“Baie van ons ont­hou dae toe jy jon­ger was en by jou ou­ma se huis aan­ge­kom het en daar is bak­ke en bak­ke vol kos op die ta­fel. Ek wou daar­die re­sep­te, met al hul ver­skil­len­de geu­re en sma­ke, gaan soek.

Hul­le het daar­die dae met ba­sie­se be­stand­de­le ge­kook en son­der die kort­paaie wat ons dees­dae ge­bruik. As ons nie be­gin om daar­die me­to­des vas te lê nie, sal dit ver­lo­re gaan.”

Vir Ti­aan is dit as­of daar am­per ’n ge­ne­ra­sie­ga­ping is in hoe ons kook. “Ons ou­mas het nog werk­lik ge­kook, maar dees­dae is ge­rief die be­lang­rik­ste. Ons moet weer werk­lik be­gin kóók.”

Ti­aan se eie ont­hou be­gin al op skool toe hy wit­sous en pan­ne­koek kon maak voor hy by die stoof kon by­kom. Sy in­spi­ra­sie kom van sy ma, Sa­re­ne, en ou­ma, Ma­rie Kel­ler­man, en van groot­word in ’n huis van kos en kui­er.

Hy was die Sun­day Ti­mes se Jong Sjef van die Jaar en op 26 was hy U­ni­le­ver Food So­lu­ti­ons se Sjef van die Jaar. Maar dis sy 2013­kro­ning as me­de­wen­ner van die kook­pro­gram Kok­ke­door saam met Myn­hardt Jou­bert, wat sy le­we in­gry­pend ver­an­der het. Hy was ’n sjef by die be­kroon­de sjef Ber­tus Bas­son se O­ver­tu­re­re­stau­rant bui­te S­tel­len­bosch, toe hy vir die pro­gram in­ge­skryf het. Hy was toe al ver­skeie ja­re lank ’n ge­kwa­li­fi­seer­de sjef en ver­tel dat die pro­gram op die reg­te tyd oor sy pad ge­kom het.

“Kok­ke­door het my die drif ge­gee om my dro­me ver­der te neem. As sjef werk jy 16 uur per dag, soms se­we dae per week. Daar is baie uit­da­gings en van ’n per­soon­li­ke le­we is daar min spra­ke. Ná ons ge­wen het, het ek vier jaar lank as vry­skut­ter op daar­die golf ge­ry.”

Hy is ook ge­kies as be­oor­de­laar van Koe­ke­door, die bak­pro­gram wat op ky­knet uit­ge­saai is. Dit was moei­lik om aan die an­der kant te wees, ver­tel hy. “Ek het nog nooit voor­heen ’n Tv­pro­gram aan­ge­bied nie en om voor die ka­me­ras te wees, was nie mak­lik nie.

Hul­le het daar­die dae met ba­sie­se be­stand­de­le ge­kook en son­der die kort­paaie wat ons dees­dae ge­bruik. As ons nie be­gin om daar­die me­to­des vas te lê nie, sal dit ver­lo­re gaan

“Maar ek hou van uit­da­gings; daar­die hek­kies wat die le­we in jou pad sit. Dit laat jou groei en jou­self be­ter te leer ken,” ver­tel hy.

Hy het ook ’n ko­s­a­tel­jee op S­pier ge­had, in die­self­de ge­bou waar sy ou­ers ont­moet het en la­ter ge­troud is. Ti­aan het ’n paar kook­boe­ke op sy kerf­stok: Ma­kie­tie, wat hy en Myn­hardt, sy span­maat in Kok­ke­door, saam die lig laat sien het en hy het ook ge­help met die sa­me­stel­ling van die Koe­ke­door­boe­ke.

Hy er­ken dat hy toe be­sef het dat trou nie per­de­koop is nie en huis­koop ’n vas­ter sa­la­ris verg.

Hy het by Gent­le­men’s S­pi­rits op Blaau­w­klip­pen­land­goed as sto­ker van die be­ken­de T­ri­ple Three­je­ne­wer en ­schnapps be­trok­ke ge­raak. “Om met geu­re te werk, is maar die ba­sie­se be­gin­sel van sjef­wees en met die sto­ke­ry was ek ver­ant­woor­de­lik vir die he­le pro­ses – van die reg­te tyd om die pe­re te pluk, tot die ver­pul­ping en fi­na­le pro­duk.”

Die i­dee ag­ter Ti­aan ont­hou is na­tuur­lik van­uit sy eie kos­her­in­ne­rin­ge ge­bo­re. Sy vroeg­ste kos­her­in­ne­rin­ge kom van sy ou­ma Ma­rie af. Wa­ter­blom­me­tjie­bre­die met swart­pe­per en sky­we suur­le­moen en Son­dag­hoen­der met aar­tap­pels. En die ont­hou van sy ou­pa Frans Kel­ler­man wat die oor­skie­trys met kar­ring­melk toe­ge­gooi en met ’n ou­tyd­se sop­le­pel ge­ëet het.

“En na­tuur­lik my ma se bees­stert wat vir twee dae lank kook. Jy moet stort as jy klaar gee­ët het, want jy is o­ral taai.”

Sy droom vir die reeks is dat el­ke ky­ker hul eie kos­her­in­ne­rin­ge sal her­be­soek en dat jy jou eie ou­pa of ou­ma gaan her­ken. Hy sê selfs die ou­er ge­slag se be­na­min­ge vir goed, soos “toe­ge­reg”, in plaas van ons mo­der­ne “by­kos”, is vir hom kos­baar.

Die kui­ers laat hom nou an­ders na kos kyk, er­ken hy. Hy be­sef dat hy ’n groen­tjie is wat ko­s­er­va­ring be­tref en maar eint­lik min weet as hy met ge­sou­te bak­kers en kok­ke in hul kom­bui­se kui­er. “Daar is nie ’n reg­te of ver­keer­de ma­nier of re­sep nie. Al­les is maar net jou weer­ga­we. Ek be­sef dit met el­ke kui­er. En ook dat ons al­mal sto­ries het wat ver­tel en ont­hou moet word.”

Ti­aan sê in die ge­jaag­de le­we is ge­maks­kos of weg­neem­e­tes vir so baie men­se die e­nig­ste uit­weg. Kos voor die TV het ons ver­leer om met me­kaar te ge­sels – om reg­tig te luis­ter. Hy hoop die reeks bring daar­die om­die­ta­fel­sit­en­kui­er­tra­di­sie te­rug.

Hy en Na­dia, wyn­ma­ker by Wa­ter­kloof­Wyn­land­goed, het juis hier­die waar­des in hul hu­we­lik in­ge­bou. Hul­le maak graag saam kos, ge­sels oor hul dag en sit oor­kant me­kaar aan ta­fel, die TV en ra­dio af. Hul­le het by ’n kos­en­wyn­fees ont­moet.

Sy bring die bes­te in hom na vo­re, ver­tel hy. “Sy het ’n baie po­si­tie­we uit­kyk op die le­we en ek het soms ’n raps op die vin­gers no­dig. Sy bring daar­die ver­troue en vei­lig­heid dat ek my vler­ke ver­der kan sprei. Sy sê al­tyd: ‘Doen dit net!’”

Hy sê dat baie goed wat nou in sy le­we ge­beur, nie nood­wen­dig só goed sou uit­ge­werk het as Na­dia nie aan sy sy was nie.

Hy ver­tel dat sy se­nu­wees maar knaag voor el­ke op­na­me, maar die lek­ker van sy eie pro­gram is gro­ter as die se­nu­wees. “Dis vir my heer­lik om die sto­rie te kan ver­tel soos ek dit graag wil ver­tel. Dis nou my beurt en die eind­re­sul­taat is selfs be­ter as wat ek my dit voor­ge­stel het.

“Ek wou ’n meer do­ku­men­tê­re styl – eer­der as ’n kook­pro­gram – aan­pak en daar­om het my re­sep­te nie hoe­veel­he­de nie. Ons ver­wys ook te­rug na han­de vol en bak­han­de vol, soos die ou­er men­se des­tyds ge­kook het. As jy die ba­sie­se goed van kos­maak ken, sal jy kan kook en hier­die pro­gram moet net weer daar­die von­kie in jou aan­steek.”

Hy prys die pro­duk­sie­span wat saam met hom ge­werk het en sê die re­gis­seur, Hein, is die sto­rie­ver­tel­ler ag­ter die skerms, wat die i­dees in Ti­aan se kop ge­stal­te gee.

Ti­aan ont­hou is Maan­dag­aan­de om 18:00 op ky­knet met ver­skeie her­ha­lings ge­du­ren­de die week. Die eer­ste sei­soen loop op 24 De­sem­ber ten ein­de, wan­neer Ti­aan sy ou­ma Ma­rie se wa­ter­blom­me­tjie­bre­die kook

As jy die ba­sie­se goed van kos­maak ken, sal jy kan kook en hier­die pro­gram moet net weer daar­die von­kie in jou aan­steek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.