O bok­kie ek wil jou hê... Bok­ke is ko­miek­li­ke, kop­pi­ge die­re – en ja, be­hal­we vir hul­le vleis, melk, wol en vel kan hul­le ook troe­tel­die­re wees

Bok­ke is ko­miek­li­ke, kop­pi­ge die­re, maar ook baie in­tel­li­gent, aan­pas­baar en ge­hard. En ja, met ge­noeg aan­dag kan hul­le in­der­daad ook “troe­tel­die­re” wees – par­ty sal selfs met melk vir hul­le lo­sies be­taal.

Weg! Platteland - - Voorblad - TEKS YO­LAN­DA WES­SELS

Hul­le sê ’n bok is ’n bok, en ’n bok is ’n blik­sem. (Ons het ge­hoor daai rym­pie be­gin met“’n man is ’n bok...” – Reds.) Dis die hei­li­ge waar­heid, maar net om­dat die ge­seg­de na ’n en­ke­le bok ver­wys. Bok­ke is trop­die­re, en as jy net een aan­hou, soek jy moei­lik­heid (wat jy be­slis gaan kry). Sul­ke al­leen­lo­per­die­re ont­wik­kel dik­wels ge­drags­pro­ble­me en hul­le stre­ke en ver­ken­nings­lus sal jou tot ra­ser­ny dryf.

Maar kan bok en sy maat reg­tig troe­tel­die­re wees? Ja, mits jy nie op soek is na ’n plaas­ver­van­ger of maat vir Wagter, die brak, Ka­rel, die kat, of Pol­lie, die pra­te­ri­ge pa­pe­gaai, nie en jou bok­ke toe­laat om in die eer­ste plek, wel, bok­ke te wees. Oor­see is daar heel­wat bok­lief­heb­bers wat smid­dae met hul­le troe­tel­bok gaan stap, maar jy kan maar daar­van ver­geet dat ’n bok saans op jou skoot gaan lê of leer om die sand­bak in die ga­ra­ge as toi­let te ge­bruik...

Bok­ke in A­fri­ka

Die eer­ste skrif­te­li­ke ver­wy­sing na bok­ke aan die suid­punt van A­fri­ka da­teer uit 1661, ne­ge jaar na­dat Jan van Rie­beeck aan die Kaap aan­ge­land het. ’n Na­ma­kwa-prins het ge­du­ren­de ’n eks­pe­di­sie ’n bok as ge­skenk aan die be­soe­kers ge­gee. Van­dag nog speel die bok ’n sen­tra­le rol in tal­le van ons in­heem­se kul­tu­re, en boer­bok­ke is ook een van ons oud­ste in­heem­se klein­veer­as­se wat spe­si­fiek ge­teel is vir ons har­de kli­maats- en wei­dings­toe­stan­de.

Bok­ke word aan­ge­hou vir hul­le vleis, melk, wol en vel. Die ge­wild­ste vleis­ras­se is boer­bok­ke, in­heem­se bok­ke, die Sa­van­na en Ka­la­ha­ri Red. Die ge­wild­ste melk­ras is die Saan­en, wat oor­spronk­lik van S­wit­ser­land af kom en so­wat 1 200 ℓ melk in 305 dae kan le­wer – dus om­trent 4 ℓ per dag! An­go­ra- en kasj­mier­bok­ke kraai weer ko­ning as dit by wol kom.

Die boer­bok is amp­te­lik die pro­duk­tief­ste en vrug­baar­ste vleis­bok ter wê­reld en word in tal­le in­ter­na­si­o­na­le kruis­teel­pro­gram­me ge­bruik om die ge­hal­te en pres­ta­sie van an­der lan­de se in­heem­se bok­soor­te te ver­be­ter. Die boer­bok be­skik oor die ver­moë om wei­ding van swak ge­hal­te om te ska­kel in baie ge­son­de rooi­vleis met die laag­ste cho­les­te­rol­vlak naas wilds- en vol­struis­vleis. Boer­bok­vleis wat op ’n vroeë ou­der­dom be­mark word, is be­son­der sag, sap­pig en geu­rig, in teen­stel­ling met die vleis van vol­groei­de bok­ke wat taai is en soms ’n on­ge­wens­te geur het.

Hoe­wel boer­bok­ke meer as vol­doen­de melk vir hul­le lam­mers pro­du­seer, is dit nie raad­saam om hul­le te melk nie – die lam­mers het die melk no­dig om­dat dit hul­le groei­tem­po op­ti­maal hou. >

’ n Bok vir ‘sports’

Kort­om: Al wat ’n bok reg­tig wil doen – en dit word deur bok­boe­re be­ves­tig – is (in volg­or­de van be­lang­rik­heid) eet, d­rink, speel, ba­klei en paar. ( Klink ’n bie­tjie soos die on­der­dorp. – Reds.) Maar van al­les bly eet die lek­ker­ste.

Jou bok­ke sal baie gou leer jy is die een wat die lek­ker­nye bring – maak vre­de daar­mee dat kos al­tyd die ba­sis van jul­le ver­hou­ding sal vorm. Moet nooit op jou bok­ke skree of hul­le slaan nie. Bly al­tyd kalm, moe­nie skie­li­ke be­we­gings of har­de ge­lui­de maak nie, en praat sag­gies, want ’n bok is in die eer­ste plek ’n bok en nié ’n blik­sem nie.

BAIE DAN­KIE

aan Jo­han S­teyn, Wal­ter Cur­le­wis en Mi­chel­le en Ma­ri­zel­le Kru­ger vir in­lig­ting en raad.

LINKS Bok­ke is trop­die­re – ’n en­kel­dier sal gou lelike ge­drags­pro­ble­me ont­wik­kel. REGS Die bok­ke is baie vrug­baar en glad nie sei­soens­ge­bon­de nie. Ooie het ge­mid­deld 1,8 lam­mers en meer­lin­ge is al­ge­meen, met heel­wat drie­lin­ge wat voor­kom.

Dié boer­bok­ke vorm deel van Jo­han S­teyn se Pa­tri­ot-boer­bok­stoet in die dis­trik Graaff-rei­net in die Oos-kaap. Boer­bok­ke ver­kies bo­me en veld­bos­se as ba­sie­se dieet (hul­le eet rof­weg 70% bla­re en 30% gras), maar lê ook weg aan ’n mag­dom plan­te wat min­der sm

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.