Be­stem­ming Die Kzn-suid­kus kan goed ru­moer én rus­tig wees

Die “Suid­kus” – dis nou die strook see en sand in K­wazu­lu-na­tal tus­sen Dur­ban en die Wil­de­kus – moet se­ker­lik een van die ge­wild­ste va­kan­sie­be­stem­mings in die land wees. Maar vir die in­wo­ners gaan die le­we bui­te die be­dry­wi­ge tye sy nor­ma­le gang.

Weg! Platteland - - Voorblad - TEKS EN FO­TO’S PE­TER VAN NOORD

Klein­tyd kon min din­ge daar­die op­ge­won­den­heid e­we­naar wan­neer jou ou­ers ie­wers in die laas­te helf­te van die jaar aan­kon­dig: Ons gaan see toe! Jy’t on­mid­del­lik jou tas uit­ge­gra­we en so­lank die be­lang­rik­ste in­ge­gooi – swem­broek, hand­doek, em­mer-en-gra­fie, sul­ke din­ge. Jy’t ter­stond be­gin droom oor daar­die oom­blik as jy vroeg­og­gend, wan­neer die son oor die see op­kom, oor een van die woud­oor­trek­te heu­wels ry en die eer­ste keer die In­die­se O­se­aan voor jou sien oop­val soos ’n boek. Jy’t ge­fan­ta­seer oor die ge­voel van fyn, warm see­sand tus­sen jou to­ne, al daai sout­smaak in jou mond ge­kry wan­neer jy voor ’n aan­stor­men­de bran­der in­duik. Voor jou gees­tes­oog het jy tros­se pie­sangs en sta­pels pyn­ap­pels en rye en rye mand­jies langs die pad ge­sien met smou­se wat breed glim­lag. Die dae hel­der en son­nig en per­fek…

Maan­de lank was dit om­trent al waar­aan jy kon dink: daar­die d­rie of wat sa­li­ge we­ke by plek­ke met ek­so­tie­se na­me soos War­ner Be­ach, Win­kle­spruit, Il­lo­vo Be­ach, Um­ko­maas, Clans­t­hal, I­fa­fa Be­ach, St. Mi­cha­els-on­Sea, Port Ed­ward…

In die Suid­kus het me­ni­ge “Trans­va­ler” net een ding kom doen: Leeg­lê!

Ons le­we is híér

Dis ’n he­le paar de­ka­des se­dert daar­die sorg­vrye dae van die ja­re se­wen­tig en tag­tig, en din­ge lyk an­ders in die Suid­kus. Na­dat jy by Dur­ban van die N3 af suid ge­swenk het op die N2, soek jy ver­geefs na die ein­de van die stad. Die string dor­pies van die Suid­kus het met die ja­re ál na­der aan me­kaar ge­kruip, am­per soos ’n kon­ser­ti­na wat a­sem uit­blaas. Dis eers diep in die Hi­bis­kus­kus, hier ná Ramsgate – na­dat die N2 die R61 ge­word het – dat die dor­pe weer dorp be­gin word. Uit­ein­de­lik, by Port Ed­ward, die laas­te plek voor­dat jy saam met ’n hand vol taxi’s oor die M­tam­vu­na­ri­vier die Oos-kaap in­ry, kry die ruig­tes die oor­hand oor pad en huis en win­kel­sen­trum. Die son het al ge­groet, land se kant toe. Oor die see staan die maan vol en flam­bo­jant uit die ho­ri­son uit op. Die dorp se stra­te is ver­la­te, maar knap voor die vuurtoring, en­ke­le blok­ke van die strand af, wer­skaf ’n vrou stok­siel­al­leen op ’n lap­pie grond met rye en rye groen­te. Met ’n groot glim­lag dra Eugenia Gx­agx­i­so wa­ter in ou ver­fem­mers aan. >

“Ons is om­trent 15 vroue wat in dié ge­meen­skap­s­tuin werk,” ver­tel Eugenia, wat in Bi­za­na, ge­boor­te­dorp van O­li­ver Tam­bo, net min­der 60 km van hier af, woon. “Ons plant ma­dum­be, kool, ta­ma­ties, uie, wor­tels, pa­tats en spi­na­sie hier­so. Ons sorg dat die arm men­se, siek men­se en kin­ders kos in hul­le maag kry.”

On­der op die strand is g’n siel in sig nie.

Reg ag­ter die vuurtoring wag Ian en Es­maré Gethen ons in by die voor­deur van hul­le bed-en-ont­byt­plek, Aloe Inn. Die Ge­thens het vier jaar ge­le­de hier­heen ge­trek na­dat hul­le twin­tig jaar op die dor­pie Plump­ton G­reen in Sus­sex, En­ge­land, ge­woon het. Ian het ’n vier­slaap­ka­mer­huis op 13 ak­ker grond by ’n tan­te ge­ërf. “Dit was won­der­li­ke ja­re in En­ge­land, en ons het die wê­reld vol ge­reis, 94 lan­de ge­sien,” ver­tel Es­maré. Bui­ten Ca­mil­la Par­ker Bo­w­les, vir wie Ian se tan­te leer kos­maak het (Maar kan sy nog e­nig­iets ont­hou? – Reds.), was Plump­ton ook al die tuis­te van men­se soos die skry­wer Da­niel­le S­tee­le; Jim­my Pa­ge, ki­taar­spe­ler vir Led Zep­pe­lin; Keith Ri­chards van die Rol­ling Sto­nes; en die ak­teur Ja­mes Wil­by.

Die Ge­thens het be­sef hul­le sal al­tyd vreem­de­lin­ge wees daar. “Ons het ’n win­kel­tjie ge­had wat e­nig­iets van brei­pen­ne tot wol ver­koop, én het die pos­kan­toor be­dryf. Ons het bui­te­land­se va­lu­ta ver­koop, pen­si­oe­ne uit­be­taal, én dan het ons d­rie oon­de ge­had waar­in ons brood, crois­sants, pas­teie en piz­zas ge­bak het.” Maar steeds was hul­le bui­te­stan­ders. “Ons wou eer­der die res van ons le­we hier in Suid-a­fri­ka deur­bring. Hier­die is die bes­te leef­styl in die gan­se wê­reld, al die mo­les­te en pro­ble­me ten spyt.”

Ja, hul­le sou graag meer or­dent­li­ke re­stau­ran­te hier wou sien; hul­le mis C­hi­ne­se en T­hai­se eet­plek­ke. “En ons is ver van ’n mall af – as jy be­hoor­lik in­ko­pies wil doen, moet jy die pad vat Shelly Be­ach toe, 35 km hier­van­daan,” sê Es­maré. Sy raak vir ’n oom­blik ef­fe som­ber. “Ons dog­ter, Sarah-ja­ne, het in En­ge­land ag­ter­ge­bly. Sy’s nou 33,

‘Ons wou eer­der die res van ons le­we hier in SuidA­fri­ka deur­bring. Hier­die is die bes­te leef­styl in die gan­se wê­reld, al die mo­les­te en pro­ble­me ten spyt.’

ge­troud met t­wee kin­ders, en sal nie te­rug­kom nie. Ons sien hul­le da­rem een keer per jaar.”

Port Ed­ward is nog pu­re dorp, een met nie min­der nie as 9 ker­ke. Es­maré rits hul­le al­mal in ’n rym­pie af: Christ Ge­ne­ra­ti­on C­hurch, AGS, Nu­we A­pos­to­lie­se kerk, NG kerk, Ka­to­lie­ke kerk, Me­to­dis­te­kerk, Gospel Black C­hurch, Her­vorm­de kerk, Je­ho­va se Ge­tui­es… “Ek is ’n hap­py clap­py. Son­dag­og­gen­de gaan al­mal op die dorp kerk toe en dan is dit be­ach toe vir ’n braai.”

Vol­gens Es­maré woon skaars 20% van die men­se tus­sen Port Ed­ward en Port S­heps­to­ne vol­tyds hier, maar op Port Ed­ward is dit na­der aan 70%. “Ons is 3 500 men­se op die dorp, wat ’n groot vis­sers­ge­meen­skap in­sluit. Maar in De­sem­ber sak hier mak­lik 35 000 men­se op die dorp toe – dan staan al­les stil en jy ry mak­lik 2½ uur mall toe. Dán vat ons die pad – ons trek heel­te­mal uit die gas­te­huis en ver­huur die he­le plek aan ’n ge­sin.”

En hoe hou ’n mens die res van die jaar die pot aan die kook? “Ek sou sê 90% van ons gas­te is sa­ke­men­se, met die res va­kan­sie­gan­gers,” sê Ian.

Na­tuur­lik is die le­we op so ’n klein dor­pie nie net ro­se­geur en ma­ne­skyn nie. Dit kan maar bra een­saam raak, ver­tel Ju­dy Arm­strong, ’n weduwee wat al t­wee de­ka­des in dié wê­reld woon en nie net haar eie hon­de­sa­lon van die huis af be­dryf nie, maar ook die gra­tis ad­ver­ten­sie­blaad­jie Lo­cal is lek­ker uit­gee.

“Ek en my man, Ce­cil, het dié huis meer as 20 jaar ge­le­de ge­koop, en aan­ge­bou, ’n twee­de ver­die­ping op­ge­sit. Maar Ce­cil is 4 jaar ge­le­de oor­le­de, en nou sit ek al­leen in die groot huis…”

Én, sê sy, die dorp het ook maar sy din­ge­tjies. “Ja, Port Ed­ward is ’n ga­we, stil plek­kie, maar ons sien ook ag­ter­uit­gang hier: Die heer­li­ke klein strand­jies is nie meer vei­lig nie, en die >

mu­ni­si­pa­li­teit doen niks aan die paaie wat so ag­ter­uit­gaan nie. En ja, al ken ’n mens al­mal per­soon­lik, het die dorp ook sy kwo­ta klieks en skin­der­bek­ke. Én ek voel die plaas­li­ke on­der­ne­mings word nie be­hoor­lik on­der­steun nie – men­se gaan gee hul­le geld mak­lik op U­von­go, Mar­ga­te en Shelly Be­ach uit.”

Ju­dy se hu­mor­sin sit ge­luk­kig vlak. Dít sien ’n mens in haar on­deun­de glim­lag, maar ver­al in Lo­cal is lek­ker se 16 ge­fo­to­sta­teer­de blaaie waar­in e­nig­iets van bloe­mis­te­win­kels, vis­ge­rei­win­kels, be­stuur­sko­le, hon­de­sa­lon­ne en haar­sa­lon­ne tot dok­ters en siels­he­lers ge­ad­ver­teer word. Selfs Port Ed­ward se Su­pers­par gooi aas uit met ge­skenk­be­wy­se wat ge­wen kan word. O­ral tus­sen die ad­ver­ten­sies, op by­na el­ke blad, is grap­pies ver­steek, ju­weel­tjies soos dié: “Your Fa­vou­ri­te Bank now fi­nan­ces Lo­bo­la. Mar­ry on cre­dit with e­a­sy monthly re­pay­ment terms. Fai­lu­re to pay will re­sult in the Bank sel­ling the wi­fe on aucti­on to re­coup their los­ses. If you don’t want her any mo­re, sim­ply miss a pay­ment or two, and she’s go­ne!! Your Bank, ma­king li­fe Sim­pler, E­a­sier, Bet­ter.”

Vir aand­e­te sit ons af na die Peg & Pun­ter, nie ver van die dorp se hoof­krui­sing met sy paar win­kel­tjies nie. Hier’s ’n Vi­bra­cre­te-bin­ne­hof, ’n groot­skerm-tv waar­op ’n rug­by­wed­stryd uit­ge­saai word, en ’n bord­jie wat maan: “Dress co­de: Smart ca­su­al, Strict­ly no pets al­lo­wed.”

Dis ver­la­te toe die kel­ne­rin ons be­stel­ling neer­skryf. Net by een an­der ta­fel sit t­wee jong Duit­sers wie se groe­pie da­rem tot ’n lang ta­fel aan­ge­groei het teen die tyd dat ons ham­bur­ger-ent­jips voor ons neer­ge­sit word. Am­per al­mal dra kort­broek en tek­kies.

Bui­te pak die wol­ke saam. Deur die laas­te paar gleu­fies kaats die maan ’n by­na ver­blin­den­de lig oor die see met sy skuim­tong.

‘Selfs by die see is daar boe­re wat die oë he­mel­waarts slaan en vra: “Wan­neer wyk die wind?” of “Wan­neer kom die re­ën...” ’

O boe­re­troos…

’n Be­wolk­te week in Sep­tem­ber leer ’n mens ’n paar din­ge oor die Suid­kus. Een: Hier waar jy in jou kin­der­ja­re die lek­ker din­ge en die groot bran­ders kom op­soek het, is die le­we nie een uit­ge­re­kte va­kan­sie nie. T­wee: Daar’s le­we aan die an­der kant van die hoof­pad, weg van die see af. D­rie: Selfs by die see is daar boe­re wat die oë he­mel­waarts slaan en vra: “Wan­neer wyk die wind?” of “Wan­neer kom die re­ën...”

Ed­die Cum­ming het Be­a­ver C­reek, sy plaas on­ge­veer 6 km bin­ne­land in met die I­zin­gol­we­ni­pad, in 1984 ge­koop. ’n Pie­sang­plaas was dit des­tyds. “Tóé was die mees­te pla­se pie­sang­pla­se; dees­dae is dit om­trent 75% ma­ca­da­mia; 20% pie­sang, met die res dan groen­te of blom­me of kof­fie. Ek het no­gal baie ge­leer oor kof­fie se­dert ek daar­die eer­ste eks­pe­ri­men­te­le lap­pie kof­fie­bo­me ge­plant het…”

Op een van Ed se kof­fie­plaas­toe­re – jy gaan van die bo­me en bes­sies reg­deur tot by die roos­ter­ma­sjien en die proe­lo­kaal – hoor jy wat­ter uit­da­ging dit is om met kof­fie te boer (sien die kas­sie “Ken jy jou koffiefeite?” hier­naas), al sit jy hier in ’n sub­tro­pie­se ge­bied met ’n ge­mid­del­de jaar­lik­se re­ën­val van 1 500-3 000 mm. >

“Al­te­sa­me t­wee der­des van ons plaas is dro­ë­land – dus sui­wer af­hank­lik van re­ën­val. Op die res het ons be­sproei­ing, en hier vaar die bo­me veel be­ter.” Hy frons. “Ons het baie drin­gend re­ën no­dig… ver­al ná hier­die wind van die af­ge­lo­pe paar dae.”

Kin­der­spe­le­tjies is ’n kof­fie­boer­de­ry ge­wis nie. “In tro­pie­se ge­bie­de is die pro­duk­sie on­ge­veer 3 ton per hek­taar, ter­wyl dit hier net mooi die helf­te daar­van is. Dis om dié re­de dat ons nie prys­ge­wys met hul­le kan mee­ding nie, hoe­wel ons geen tree ag­ter­uit hoef te staan as dit by ge­hal­te kom nie.” Tans pro­du­seer Be­a­ver C­reek 7 ton kof­fie per jaar.

“Dan is dit ook ge­wel­dig ar­beids­in­ten­sief: Die bes­sies word nie ge­lyk ryp nie en moet boon­op op ’n baie spe­si­fie­ke ma­nier ge­pluk word. Ons oes van Maart af reg­deur tot Sep­tem­ber. As dit nie ryp ge­noeg is nie, sal dit nie don­ker ge­noeg roos­ter nie.”

Van hul­le be­skeie be­gin het Be­a­ver C­reek uit­ge­brei tot ’n plaas met 60 000 bo­me, en Ed se t­wee seuns, Dy­lan en Rob­bie, het hul­le in­tus­sen by die on­der­ne­ming aan­ge­sluit. Hul­le k­week nie net kof­fie nie: Die fa­mi­lie koop uit ver­skeie lan­de bo­ne aan wat hul­le dan self roos­ter en ver­meng. En hul­le be­dryf die Kof­fie­klub (deel van die Wyn van die maand-klub), waar le­de vyf keer per jaar 6 pak­kies kof­fie van 250 g elk ont­vang. Hul­le bied daag­liks die kof­fie­toe­re aan vir be­soe­kers. Én dan is daar nog die kof­fie­win­kel, waar jy kan eet en d­rink en snuf­fel en koop en proe en kof­fie­he­mel toe gaan…

Raak dit on­draag­lik wan­neer die bin­ne­lan­ders in De­sem­ber op hul­le wê­reld toe­sak? “Nee wat,” sê Dy­lan ge­la­te. “Dis baie nat, dis ’n groot cha­os, maar jy leer saam­leef met daar­die cha­os. Dis eint­lik net erg van mid­del De­sem­ber tot die eer­ste week van Ja­nu­a­rie, en daar­die d­rie we­ke stel ons in staat om el­ke jaar uit te brei.”

Bui­te het die eer­ste drup­pels be­gin val. Op Ed en Dy­lan se ge­sig­te ver­skyn ’n groot glim­lag. En die kof­fie­bo­me se bla­re dié skitter be­hoor­lik in die grys lig.

K­l­ein­dorps wat wérk

Net ’n klein ent­jie noord, by Sout­h­broom, is ’n ben­de blou­a­pe min ge­pla deur die re­ën. Hul­le sit in die palm­bo­me ag­ter die Golf Hou­se-gas­te­huis en kog­gel die t­wee span­joe­le van Ka­te Cla­ren­ce, die ei­e­naar. “Ja, die a­pies is baie stout – hul­le is ag­ter brood en vrug­te aan,” sê T­han­di T­huts­hi­ni, Ka­te se reg­ter­hand in die gas­te­huis.

Ka­te be­skou nie die ape as die pro­bleem nie, maar wel men­se. “Ons neem hul­le ha­bi­tat weg, en daar­om gáán dit ’n pro­ble­ma­tie­se si­tu­a­sie wees. Die be­lang­rik­ste is dat ’n mens hul­le nie kos gee nie, en dís wat bui­te­lan­ders so graag doen.” Sy be­duie na t­wee vel­le pa­pier teen die ken­nis­ge­wing­bord in die voor­por­taal: “How and why we should li­ve with ver­vet monkeys.”

Ka­te is gaan­de oor die le­we op Sout­h­broom. “Dis sta­dig en stil; hier kry jy nog bos. Eint­lik is ons maar ’n plaas­ge­meen­skap­pie – ons het nog nie eens ’n ri­ool­stel­sel nie – maar as jy die hel­der lig­gies soek, dan is dit nie te ver weg nie. Dit is ’n vrien­de­li­ke dor­pie wat in die va­kan­sie­sei­soen be­hoor­lik gons: El­ke huis bars uit sy na­te; kin­ders loop in die stra­te rond; ons kan nie ’n ta­fel

‘Dis baie nat, dis ’n groot cha­os, maar jy leer saam­leef met daar­die cha­os. Dis eint­lik net erg van mid­del De­sem­ber tot die eer­ste week van Ja­nu­a­rie, en daar­die d­rie we­ke stel ons in staat om el­ke jaar uit te brei.’

in ’n re­stau­rant kry nie… Maar dis lek­ker din­ge om oor te kla. Ons be­sef toe­ris­me is deel van die re­de hoe­kom ons oor­leef.”

Hier’s streng re­ëls op die dorp: Geen ge­bou mag ho­ër as t­wee ver­die­pings wees nie; geen “Te koop”- of “Ver­koop”bord­jies word by hui­se toe­ge­laat nie, en ook geen bord­jies van groot maat­skap­pye soos Co­ca-co­la of Castle nie. “Dis dalk ’n klein­dorp­se men­ta­li­teit, maar dit werk uit­ste­kend; dis goed vir ’n dorp. Ek sal hier ’n huis koop om­dat ek nie kan sien wat al­les te koop is nie – daar word geen bood­skap uit­ge­stuur nie.”

En dan moet jy op Sout­h­broom spe­si­a­le toe­stem­ming kry as jy ’n boom wil af­kap.

Ka­te ver­tel hier’s ’n lek­ker ge­meen­skaps­ge­voel op die dorp, wat on­ge­veer 400 per­ma­nen­te ge­sin­ne – meest­al ou­er men­se – huis­ves. “Ons het >

’n sorg­sen­trum be­gin by die dok­ter en vee­arts. Ons sien om na ou­er men­se wat dalk net uit die hos­pi­taal ge­kom het, help hul­le om hul­le voe­te te vind, vat vir hul­le hoendersop.”

En is daar din­ge wat min­der lek­ker is op die dorp? Ka­te dink ’n oom­blik na: “Hier’s nie ’n te­a­ter nie… maar dis nie eint­lik ’n pro­bleem nie… O ja, roes! ’n Mens be­stee no­gal baie tyd aan in­stand­hou­ding, want ál­les roes hier.”

Hier van die hoog­te­tjie af sit ons op die stoep en kyk uit oor die see wat on­der die wa­si­ge wolk­kom­bers in­kruip. On­der by die gholf­baan is g’n siel in sig nie. Só was dit ook die af­ge­lo­pe paar dae op plek­kies soos Lei­su­re Bay, T.O.Strand, G­len­mo­re Be­ach, Mun­ster en Tra­fal­gar. By die Wild Co­ast Sun on­der in die Oos-kaap was die e­nig­ste te­kens van le­we ’n klom­pie blou­a­pe wat ver­veeld tus­sen die bla­re rond­ge­krap het. Bo by die O­ri­bi­ra­vyn het net een gil in die diep­tes weer­klink toe ’n jong Ka­pe­naar oor die af­grond ge­duik het. Dis stil. Ver­la­te.

Maar ’n mens weet: In die bin­ne­land is daar kin­ders wat die dae af­tel tot De­sem­ber. En dan is dit ’n gans an­der sto­rie hier. Dán skyn die son hier. En ja, selfs die boe­re is dan te­vre­de.

Ken jy Ramsgate se strand só? by die Bi­lanhlo­lo­ri­vier­mon­ding wag die trap­boot­jies op be­dry­wi­ger dae.

Men­se wer­skaf vroeg­og­gend op ’n groen­te­plaas aan die I­zin­gol­we­ni­pad. 2 Eugenia Gx­agx­i­so gee op Port Ed­ward wa­ter in die ge­meen­skap­s­tuin waar sy en 15 vroue vir min­der­be­voor­reg­tes kos k­week. 3 Ian en Es­maré Gethen op die stoep van hul­le oor­nag­plek, Aloe In

ORGIDEEPARADYS S­te­pha­nie T­homp­son en haar man, Ron­nie, het vroe­ër ja­re met pie­sangs ge­boer in die Muns­ter­dis­trik, maar se­we jaar ge­le­de af­ge­tree. “Ek het be­sef hy gaan my mal maak,” spot S­te­pha­nie, “hy moet iets kry om te doen. Toe gaan ons aan met die or

DAAR KOM DIE WA... P­hum­la­ni Ny­a­wo­se van Ga­ma­lak­he en Pas­cal Par­chet van Shelly Be­ach ry van Dins­dae tot Sa­ter­dae in die Suid­kus rond met ’n mo­bie­le groen­te­win­kel. Hier staan hul­le op Tra­fal­gar in die re­ën.

G’N PIE­SANG­RE­PU­BLIEK Die sor­te­rings­wie­le in The Out­post se pie­sang­pak­huis. Die 275 ha pie­sangs word met die hand geoes, ge­sor­teer en ver­pak vir groot su­per­mark­groe­pe soos Wool­wort­hs. Hier werk on­ge­veer 300 men­se.

’n Kof­fie­plan­ta­sie op Be­a­ver C­reek. REGS As jy die rooi kof­fie­bes­sie druk, skiet t­wee glib­be­ri­ge boon­tjies uit, maar dis ’n lang pad voor hul­le gerooster word. LINKS Wie op Tra­fal­gar hoef dan ooit stad toe te gaan? Jou haar­kap­per, siel­kun­di­ge, ma­ke­laar e

Op dié rot­se tus­sen Sout­h­broom en Tra­fal­gar laat g’n visser man wat sy sout werd is, hom af­skrik deur gu­re weer nie.

1 Jo­seph Nd­lo­vu werk vir Sout­h­broom Con­ser­van­cy en pa­trol­leer die dorp vir vang­strik­ke, spe­si­fiek vir bok­kies. Hy woon op Mar­ga­te, en ry el­ke dag met die fiets wat die ge­meen­skap vir hom ge­gee het. 2 T­han­di T­huts­hi­ni en Ma­riet­te K­hu­ma­lo laat din­ge vlot lo

By die O­ri­bi-ra­vyn kan die dap­pe­res oor die af­grond duik en luis­ter hoe hul­le gil­le in die oop­tes weer­galm. Lou­rens de Bruyn (op die in­las­fo­to), ’n re­ken­mees­ter van Kaapstad, het die moed by­me­kaar ge­skraap, maar Ka­ren, sy vrou, het net ge­kyk. ( dui­de­lik w

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.