Dis een jaar la­ter...

Weg! Platteland - - Redakteursbrief - Jo­han & Pe­ter

Ver­le­de jaar dié tyd was ons op he­te ko­le. Wel, meer as ge­woon­lik, want toe was ons be­sig met die heel eer­ste uit­ga­we van Plat­te­land. Die pro­duk van maan­de se be­plan­ning en meet en pas en skaaf. Eint­lik was dit ’n skoot in die don­ker, om­dat ons nie pre­sies ge­weet het wie die tyd­skrif in hul­le win­kel­trol­lie sou laai nie.

Van­dag, vier uit­ga­wes la­ter, het die ko­le ge­du­ren­de sak­tyd nog geen­sins af­ge­koel nie, maar nou weet ons vir wie ons hier­die tyd­skrif maak, en dís ’n ge­rus­stel­len­de ge­dag­te: Dis men­se wat lus voel vir die le­we en din­ge dóén. Men­se wat trots is op hul­le huis en hul­le dorp en hul­le land. Men­se wat vir ons brie­we skryf en Facebook-bood­skap­pe los en bel met voor­stel­le, kom­pli­men­te en, ja, ook klag­tes. Mee­le­wen­de le­sers.

Maar ons is ook om ’n an­der re­de dank­baar, en dit is die sy­fer by die rooi Abc-lo­go regs on­der op hier­die blad. Die sy­fer wat sê meer as 35 000 men­se het ge­noeg ver­troue in ons ge­had om daai R42 uit te haal. (’n Spe­si­a­le dank aan die 1 630 le­sers wat som­mer vir ’n jaar in­ge­te­ken het, en ook aan die­ge­ne wat on­danks ad­mi­nis­tra­tie­we pro­ble­me en Pos­kan­toor­sta­kings deur­ge­druk het tót jul­le die tyd­skrif in die pos­bus ont­vang.) Wat het ons ge­leer? Eer­stens: Die plat­te­land is eer­der ’n son­der­lin­ge plek in men­se se hart as ’n klomp ge­hug­gies ver van al­les af. Daar­van is die groot klomp le­sers in ons ste­de ’n be­wys. T­wee­dens: Daar’s geen re­de om kom­mer­si­eel te leef nie, want kyk net wat maak plat­te­lan­ders al­les self: Heu­ning, jêm, kaas, seep, noem maar op. En der­dens: Die sto­ries op die plat­te­land is ge­noeg (en ook be­son­ders ge­noeg) vir ’n boek so dik soos die Ken­nis- en­si­klo­pe­die­stel.

Ge­niet hier­die vyf­de uit­ga­we van Plat­te­land, die va­kan­sie­uit­ga­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.