DE VLUGT PAK IN­DRIN­GERS

Weg! Platteland - - Redakteursbrief - Ur­su­la Pe­ter en John Al­len DE VLUGT >

Ek en my man het in De­sem­ber 2011 ver­huis na De Vlugt, ’n piep­klein dor­pie (as jy 10 hui­se ’n dor­pie kan noem...) in die Prins Alf­red­pas tus­sen P­let­ten­berg­baai en A­von­tuur (op die R62).

Ons het oor­wel­dig ge­voel deur al die in­drin­ger­plan­te in die val­lei, maar het hard en doel­ge­rig ge­werk om van am­per de laas­te in­drin­ger­plant op ons klein erf ont­slae te raak. Ons gaan stap dik­wels in die pas in die rig­ting van A­von­tuur, en ont­hou baie goed hoe ons aan­vank­lik meer as 200 klein wat­tel­bo­me op ons wan­del­tog­te kon uit­trek. Maar die af­ge­lo­pe t­wee jaar het spe­si­fiek die wat­tels só erg uit­ge­skiet dat ons nou moet uit­kap en die stom­pe met Gar­lon verf.

Met die hulp van ’n paar plaas­li­ke boe­re wat ons spo­ra­dies met ar­beid help, kon ons ons eer­ste t­wee uit­roei­ak­sies langs die pad en in die ri­vier­loop van sta­pel stuur. Daar is nog baie te doen – baie meer as wat ons op ons eie kan baas­raak.

In die lig van die ge­skied­kun­di­ge be­lang van die Prins Alf­red­pas wat as hoof­roe­te P­let­ten­berg­baai en Knys­na met die ag­ter­land ver­bind, plus dan Suid-a­fri­ka se wa­ter­skaars­te, is dit ab­so­luut nood­saak­lik dat hier­die in­drin­ger­plan­te uit­ge­roei en die uit­kap-ak­sies ge­reeld op­ge­volg word.

Ons sal graag van e­ni­ge van Plat­te­land se le­sers wil hoor wat ’n soort­ge­ly­ke “stryd” voer en ook van men­se wat in ’n po­si­sie is om re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies soos Work for Wa­ter, Kaap­se Na­tuur­be­wa­ring of e­ni­ge an­der be­wus te maak van ons stryd hier in De Vlugt en om­stre­ke. Dit sal baie help om hier­die mooi hoek van Suid-a­fri­ka te be­waar. Kon­tak ons by 044 752 3014 of

ur­su­la­pe­ter55@gmail.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.