Ka­roo- kui­er in die win­ter

Weg! Platteland - - Briewe - Ja­net en Hen­ty S­cheu­er, NEW HANOVER

Dit het al­les be­gin met ’n ad­ver­ten­sie in Weg: Koos en Je­an Vos­loo van S­tel­len­bosch nooi af­ge­tre­de­nes om vir ’n maand of t­wee op hul­le af­ge­leë plaas in die Moor­de­naar­ska­roo te kom bly en te sorg dat die o­lyf­bo­me en an­der plan­te ver­sorg word.

Ons ry die 1 500 km van K­wazu­luNa­tal se geil groen sui­ker­lan­de na die dor­re Ka­roo­heu­wels, waar ons in die hart van die win­ter in­trek in ’n prag­tig ge­re­stou­reer­de wer­kers­hui­sie met ’n gei­ser, sto­fie en ys­kas wat met gas werk. Daar is t­wee son­krag­lig­te en ver­der ge­bruik ons ker­se en gas­lam­pe. Geen sel­foon­ont­vangs. Geen TV. Geen e-pos. En jy het ’n vier­trek­voer­tuig en ’n he­le uur no­dig om die 12 km Laings­burg toe op die dis­trik­spad af te lê om te gaan voor­ra­de koop.

Ons staan sog­gens eers om 08:30 op wan­neer die son oor die heu­wel ver­skyn. Ons lê in die bed en kyk na die wind­pomp wat draai, ’n spring­bok of rib­bok wat ver­by­stap, ’n muis­hond, ko­nyn, streep­muis… As die mak don­kies jou stem hoor, stap hul­le om die huis en loer by die ven­sters en deu­re in op soek na hul­le ap­pels en per­de­pil­le.

Vir my man wat by die aftreeoord ge­woon­lik rond­skar­rel om pro­ble­me op te los en in­stand­hou­ding te doen, is dit ’n ple­sier om die bo­me nat te lei. Saans teen agt­uur is ons in die bed, elk met ’n warm­wa­ter­sak en ’n boek.

Die af­son­de­ring en ver­la­ten­heid was ’n la­fe­nis. Ons keer te­rug huis toe met nu­we moed. Dalk moet ons vol­gen­de jaar te­rug­kom om weer ons bat­te­rye te her­laai.

Hen­ty in die o­lyf­boord en die ri­vier­loop voor die huis.

Die sit­ka­mer­tjie. Een van die mak don­kies kom vra ’n ap­pel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.