Trek met jou kop

Weg! Platteland - - Briewe - Sa­lo­me Star­ke, NEW HANOVER

Ons het ne­ge jaar ge­le­de op New Hanover kom af­tree na­dat ons 30 jaar ge­reeld hier by my swa­er kom kui­er het en ook baie van hul­le vrien­de leer ken het. Al moes ons aan­pas­sings maak, was ons nog nooit spyt oor dié be­sluit nie.

’n Mens moet met jou kop – en nie met jou hart nie – plat­te­land toe trek. Droom is lek­ker, maar die prak­tie­se din­ge is be­lang­ri­ker. Maak ’n lys van moets en moe­nies en waar jul­le be­reid is om kom­pro­mieë aan te gaan. Vind uit oor die naas­te hos­pi­taal, die naas­te dok­ter, s­ko­le, ker­ke, win­kels, sport­ge­rie­we, bi­bli­o­teek, vei­lig­heid, sen­trums waar be­jaar­des ver­sorg word, en plaas­li­ke diens­le­we­ring. Gaan praat met men­se op die dor­pie waar­heen jul­le wil ver­huis en ver­geet van die ei­en­doms­a­gen­te – dis hul­le werk om ’n i­dil­lie­se prent­jie te skil­der!

Wan­neer die be­sluit – en die groot trek – ag­ter die rug is, is dit tyd om aan te pas en in te pas. Jul­le ge­sind­heid teen­oor die nu­we tuis­dorp en die in­wo­ners is ge­wel­dig be­lang­rik, en nie­mand gaan jou met ope arms ver­wel­kom as jy ge­du­rig te­rug­ver­lang en ver­tel hoe­veel be­ter jou vo­ri­ge bly­plek was nie. Wees vrien­de­lik, steek jou hand uit, vra raad, sluit aan by die dorp se be­dry­wig­he­de, fonds­in­sa­me­lings en ge­meen­skaps­pro­jek­te... slegs dan wag ’n blink toe­koms en dro­me wat ver­we­sen­lik kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.