Eet, d­rink, wees ple­sie­rig!

Weg! Platteland - - My Dorp -

DOEN OF DREN­TEL

• Koel af by die Kou­ga­dam

Dié sleu­tel­spe­ler in die val­lei se vrug­baar­heid is ’n be­soek werd. ’n Mens kan ry tot op die dam­wal, en die uit­sig­te is no­gal be­son­ders. Die laas­te ent is ’n mak stuk­kie grond­pad wat jou deur die hart van die Gam­toos se na­tuur­skoon lei. Rond­om ske­mer we­mel dit hier van die vry­ers. Waar? 20 km uit op die R331 na die Ba­vi­aans­kloof se kant toe. Daar’s ’n bord aan die lin­ker­kant wat die laas­te 7 km grond­pad aan­dui. Prys Toe­gang is gra­tis. Kon­tak 042 283 0437

• Die wil­der­nis in

Met die roem­ry­ke Ba­vi­aans­kloof-re­ser­vaat op jou drum­pel kan jy nie die kans laat ver­by­gaan om die on­ge­rept­heid van dié Wê­reld­er­fe­nis­ter­rein te er­vaar nie. Die kloof is be­rug vir sy uit­da­gen­de paaie, maar jy’t nie nood­wen­dig ’n 4x4 no­dig nie; met ’n ge­wo­ne kar kan jy lag-lag on­ge­veer 50 km die re­ser­vaat in ry tot by Poor­tjies; eers daar­na raak dit row­wer. Wees op die uit­kyk vir wild en vis­a­ren­de. En as jy af­trek om piek­niek te hou, ook ver­al vir Kees en Kie. Waar? Ry met die R331 wes, en klim dan op die R332; die rig­ting Ba­vi­aans­kloof toe word met bord­jies aan­ge­wys. Die eer­ste hek is so­wat 40 km bui­te die dorp. Prys R20 per voer­tuig vir dag­uit­stap­pies. Kon­tak 044 923 1702 ba­vi­aans.co.za

MA, EK’S HON­GER!

• Tol­bos-pad­stal-en-re­stau­rant

Hier by Tos­ka Jou­bert en Het­sie S­chee­pers se plek gaan dit lek­ker. Kom koel af on­der die bo­me met ’n kof­fie, of lê weg aan boe­re­kos soos wilds­pas­tei en bo­bo­tie (daar’s selfs af­val). Maar nie­mand gaan jou vlak kyk as jy vra vir ’n bur­ger en tjips nie. (Slegs oop vir ont­byt en mid­dag­e­te.) Die pad­stal is ook tjok­vol lek­ker­nye vir die ba­ga­sie­bak, plus nog er­de­wa­re, k­le­re en hand­werk­pro­duk­te. Dis ’n ge­wil­de af­trek­plek vir bi­kers, ver­al oor na­we­ke. Waar? Op die hoek van F­red Fer­rei­ra- ( Hier’s hy weer… – Reds.) en C­har­lie Ma­lans­traat. Kon­tak 042 283 0437

tol­bos@ba­vi­aans.net

• Pad­langs-pad­stal-en-re­stau­rant

Hei­di M­ül­ler doen dui­de­lik iets reg hier – dié kui­er­plek het in 2011 die kort­lys ge­haal van ons sus­ter­tyd­skrif Weg se kom­pe­ti­sie vir die bes­te pad­stal in die land. Bui­ten vir die pad­stal self, wat ’n mens laat dink aan ’n ou­tyd­se ne­go­sie­win­kel waar jy lánk kan snuf­fel, is die re­stau­rant se kos puik. Hul­le is slegs be­dags oop – maak dus se­ker jy kom sit aan vir brek­fis of mid­dag­e­te. Groot tref­fers is die Leeuloop­ont­byt (ei­ers, ’n lam­s­tjop, boe­re­wors, tjips en roos­ter­koek) en tra­di­si­o­ne­le hoen­der­pas­tei. Waar? F­red Fer­rei­ra­straat (die R331), 7 km uit die dorp aan die Ba­vi­aans­kloof se kant. Kon­tak 042 283 0798

ba­vi­aans@pad­langs.net

• Rip­ple Hill-ho­tel

Die Rip­ple is die e­nig­ste ho­tel op die dorp, en ook die e­nig­ste plek waar jy aand­e­te kan kry. Maar hier word nie ge­speel nie – John Moo­re, die ei­e­naar, bring sy kant met die spys­kaart. Piz­za en vis­ge­reg­te is die spe­si­a­li­teit, maar on­langs is hier ook ’n In­die­se sjef aan­ge­stel. Die ho­tel se kroeg is die e­nig­ste wa­ter­gat wat ná son­on­der oop is – kom vat dus ’n knert­sie voor ete. Son­dae is die kom­buis en kroeg toe. Waar? Paul Fer­rei­ra­straat, net dus­kant die K­wikspar.

ge­kry om hier te kom speel. Dis al­les oor ek die reg­te kon­tak­te ge­had het: Ek en Dok Cra­ven was groot maats se­dert ons ja­re saam op S­tel­len­bosch. Ons was al­bei Sap­pe,” knik hy ter­wyl ons saam kyk deur die ge­raam­de span­fo­to’s in sy stu­deer­ka­mer. Groot na­me soos Da­nie Ger­ber, Ca­rel en Mi­cha­el du P­les­sis, Chris­ti­an S­tewart en Frans Eras­mus het al op uit­no­di­ging vir Pa­ten­sie uit­ge­draf. En dan het die oor­le­wen­des van die Uru­guay­se klub Old Chris­ti­ans, wie se vlieg­tuig in 1972 in die An­des­ge­berg­te neer­ge­stort het en die spe­lers hul­le tot kan­na­ba­lis­me moes wend om te oor­leef, t­wee jaar ná die ramp hier kom krag­te meet.

Met die koms van die pro­fes­si­o­ne­le rug­by-era moes die klubli­ga in dié ge­wes­te ook maar op die ou end die hand­doek in­gooi. Maar oom S.P. ver­an­der vin­nig die on­der­werp. “Ek is mal oor rug­by oor ek so mal is oor men­se.” Hy staar vir ’n oom­blik by die ven­ster uit. “Maar jy moet nie net e­ni­ge mens wees nie. Jy moet ’n ni­ce mens wees.”

Dít, dink ek ter­wyl ek met ’n bak­kie­vrag vol pa­sel­la le­moe­ne uit oom S.P. se pak­huis weg­ry, som die hart van hier­die plek en sy men­se per­fek op. Die dae van brak wa­ter in die boor­de is dalk ver­by, maar sout van die aar­de, dié kry jy nog hier.

Ta­bak­pro­duk­sie in die dis­trik het in die laas­te ja­re skerp af­ge­neem; dees­dae is dit ver­la­te by die Gam­toos-ta­bak­ko­ö­pe­ra­sie. (By die vul­sta­sie langs­aan kan jy da­rem ’n koue Co­ke koop). 2 S.P. Fer­rei­ra, boer, plaas­li­ke le­gen­de en voor­ma­li­ge voor­sit­ter van d

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.