Suid-a­fri­ka se se­pie-ko­nin­gin

BEV MIS­SING Rain, die A­fri­ka-bad-en-lyf­sor­g­reeks wat 15 jaar ge­le­de deur Bev Mis­sing van S­wel­len­dam be­gin is, is van­dag ’n in­ter­na­si­o­na­le suk­ses­ver­haal wat werk aan meer as 140 men­se verskaf. En nou deel sy haar mag­dom ken­nis in Die Rain-boek oor na­tuur

Weg! Platteland - - 6 Entrepreneurs: Seep -

Rain is ’n spre­ken­de be­wys dat ’n mens wel ’n in­ter­na­si­o­na­le han­dels­merk op ’n plat­te­land­se dorp soos S­wel­len­dam kan be­gin. Wat maak jul­le pro­duk­te u­niek en waar­om vind dit ook op in­ter­na­si­o­na­le vlak so­veel aan­klank? Ons seep word met die hand ge­maak met ’n kom­bi­na­sie van Rolls Roy­ce­ge­hal­te o­lies en bot­ters – dit laat jou vel fan­tas­ties voel, as­of jy jou met room in­ge­smeer het. Dit vol­doen aan Fair­tra­de en Beau­ty Wit­hout Cru­el­ty se ver­eis­tes én dit ver­tel ’n sto­rie. Ver­al ons oor­se­se kli­ën­te waar­deer hier­die ge­hal­te, die na­tuur­li­ke be­stand­de­le wat ons ge­bruik, en die feit dat ons pro­duk­te so ar­beids­in­ten­sief is – en dan is hul­le na­tuur­lik ook be­reid om vir hier­die ge­hal­te te be­taal.

Hoe ver­skil dit van die plaas­li­ke mark? Is Suid-a­fri­ka­ners in­ge­lig oor wat “goeie” seep is? Glad nie! Die mees­te men­se be­skou seep as iets wat jou net moet skoon­maak. Daar­om dink hul­le nie daar is e­nig­iets ver­keerd met die kom­mer­si­ë­le seep in die su­per­mark nie. Hoe­wel al hoe meer Suid-a­fri­ka­ners kies­keu­rig is oor wat hul­le eet en by­voor­beeld kleu­ren pre­ser­veer­mid­dels, trans­vet­te en ge­ne­ties ge­ma­ni­pu­leer­de be­stand­de­le pro­beer ver­my, is hul­le nog nie so uit­soe­ke­rig as dit kom by wat hul­le op hul­le vel ge­bruik nie. Ver­re­weg die mees­te su­per­mark­seep is goed­koop om­dat dit ’n in­dus­tri­ë­le mas­sa­pro­duk is wat met goed­koop, sleg­te be­stand­de­le ge­maak word. Ont­hou, jou vel is soos ’n spons, en al wat goed­koop seep doen, is om dit skoon te maak – dit doen niks in ter­me van voe­ding en be­vog­ti­ging nie.

Rain se pro­duk­te word as “na­tuur­lik” be­mark, maar baie men­se is no­gal ge­skok as hul­le hoor jy ge­bruik ’n “ge­vaar­li­ke en gif­ti­ge” che­mie­se stof soos byt­so­da om seep te maak… Ja, dan pro­beer ek maar ver­dui­de­lik net soos die t­wee gas­se wa­ter­stof en suur­stof saam ’n nu­we stof – ’n vloei­stof ge­naamd wa­ter – vorm, ver­an­der die ver­se­pings­pro­ses die byt­so­da op ’n mo­le­ku­lê­re vlak. Teg­nies be­staan die byt­so­da nie meer nie. Nóg die A­me­ri­kaan­se Me­di­sy­ne­be­heer­raad (die FDA) nóg die Eu­ro­pe­se U­nie ver­eis dat byt­so­da op die be­stand­de­le­lys van seep ge­lys word om­dat dit nie meer daar­in is nie.

Wat is die groot­ste wan­op­vat­tings oor seep­maak, spe­si­fiek seep­maak as ’n be­sig­heid? ’n Be­sig­heid wat nét seep maak, sal een van t­wee din­ge moet doen: Óf jy sal groot hoe­veel­he­de kom­mer­si­ë­le seep aan plek­ke soos ho­tel­le of ge­van­ge­nis­se moet ver­koop óf jy sal duur, hand­ge­maak­te seep aan pe­per­duur lod­ges of op hand­werk­mark­te moet ver­koop. Die Rain-han­dels­merk het oor die ja­re só uit­ge­brei dat ons glad nie meer ’n be­staan sal kan maak as ons nét seep ver­koop nie. Om die waar­heid te sê maak seep maar 9% van ons to­ta­le ver­ko­pe uit.

Wat­ter raad het jy vir en­tre­pre­neurs wat plan­ne het om ’n in­kom­ste uit seep te ver­dien? Moe­nie dit doen nie! G’n en­tre­pre­neur wat al ooit ’n erns­ti­ge be­sig­heid wou be­gin, het ryk ge­word deur nét seep te maak nie – jy moet reg­tig ’n mag­dom seep ver­koop om ’n be­hoor­li­ke om­set te hê. Maar as jy mal is oor die kuns van seep­maak en hou van hand­werk­mark­te, kan jy dit ge­rus oor­weeg.

Ek neem aan jy ge­bruik net jou eie pro­duk­te in die huis… Ja, ek is al­ler­gies vir al­le kuns­ma­ti­ge kleur­stow­we en ge­bruik net Rain se seep – ook as ek reis – om­dat dit 100% na­tuur­lik is en ek nog nooit ’n al­ler­gie­se re­ak­sie ge­had het nie. My guns­te­lin­ge is ons Lo­ti­on Bar en die ma­roe­la­seep. My le­we is no­gal be­sig en ek het nie tyd om my ná el­ke bad of stort met room in te s­meer nie. Ons o­lyf­se­pe maak skoon en be­vog­tig, en is goed vir men­se wat baie be­sig is.

Jul­le woon al tien jaar op die O­ver­berg­se dorp S­wel­len­dam, waar de laas­te Rain-pro­duk ge­maak en dan land­wyd en oor­see ver­skeep word. Hoe­kom het jy nog nie die plat­te­land vir die stad ver­ruil nie? Ek is mal oor klein dor­pies. Ek hou daar­van om op ’n plek te woon waar dit voel of ’n mens reg­tig ’n meet­ba­re ver­skil aan die le­we van plaas­li­ke in­wo­ners kan maak.

rain­a­fri­ca.com rai­n­queen­dood­les.blogspot.com fra­gran­ce­fora­ger.blogspot.com 028 514 2926/27 >

‘Die Rain-han­dels­merk het oor die ja­re só uit­ge­brei dat ons glad nie meer ’n be­staan sal kan maak as ons net seep ver­koop nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.