Weg! Platteland

Die aap is uit die mou

Ape is slimmer as wat ’n mens dink…

-

Kate Clarence vertel haar twee spanjoele, Pitcher en Sandy, is baie beskermend teenoor haar en Thandi Thutshini, haar regterhand, en daarom hou die ape ’n afstand. Maar die oomblik as Kate en die honde op die strand gaan stap, beweeg hulle in, selfs tot in die huis, op soek na kos.

Kate vertel ook dat ape glad nie ’n probleem is in die tradisione­le dorpies dieper die binneland in nie. “Dis omdat hulle daar afgeslag en geëet word…”

Op die plaas Outlook Trading Post daar naby – die grootste piesangpla­as in die omgewing waar ook macadamia, suikerriet, drakevrug en lietsjies gekweek word – vertel Ishmael Mkhize op ’n toer van die plaas en pakhuis van hulle probleme met ape. “Ons het agtergekom die piesangs verdwyn op groot skaal uit die pakhuis. Toe ons ondersoek instel, kom ons agter die ape trek so teen 12:50, net voor etenstyd, in die groot ou wildevy langs die pakhuis saam. Wanneer die werkers dan op ete gaan, spring hulle tot op die dak van die pakhuis, klim deur ’n ry klein vensters en gaan help hulleself. En dan, ’n uur later, hier teen 13:45, net voor die werkers terugkeer, is die ape weer vort… elkeen met ’n tros piesangs vir padkos.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa