Slaap­ka­mer

Weg! Platteland - - Jou Eiendom -

Hang- en pak­plek Verskaf ’n kas en ’n paar kle­re­han­gers waar be­soe­kers hul­le k­le­re kan op­hang. ’n Ek­stra bo­nus is ’n bê­re­plek vir hul­le tas (nie op die vloer nie).

Spie­ël Verskaf ’n vol­leng­te­spie­ël, in­dien moont­lik – par­ty men­se kan nie daar­son­der nie.

Warm­goed en ’n waai­er Bui­ten kom­ber­se moet jy sorg vir ’n ver­war­mer of kag­gel. ’n Warm­wa­ter­sak ( Een wat nie lek nie. – Reds.) is ook he­mels. En ont­hou ’n waai­er vir daai snik­he­te so­mer­nag­te!

Bed­dens Koop die groot­ste bed­dens – ver­kies­lik ek­stra­leng­te – met die bes­te ma­tras­se wat jy kan be­kos­tig.

Bed­kas­sies en -lam­pies As jy na hier­die skets kyk, wat­ter kant wil jy slaap? Ja, sit ’n bed­kas­sie en -lamp aan el­ke kant, as­se­blief. En die aan-af­knop­pie moet dui­de­lik sig­baar en be­reik­baar wees.

Bed­de­goed Koop slegs bed­de­goed van na­tuur­li­ke stow­we (soos ka­toen), en ont­hou, die du­vet moet al­tyd een groot­te gro­ter wees as die bed (dus ko­nin­gin­groot­te vir ’n dub­bel­bed, ko­nings­groot­te vir ’n ko­nin­gin­groot­te bed, en­so­voorts). Die bed­de­goed moet ook sil­wer­skoon en son­der e­ni­ge skeu­re of vlek­ke wees – en sorg vir t­wee be­hoor­li­ke kus­sings per gas, plus ge­noeg kom­ber­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.