Weg! Platteland

Die A-lys

Hierdie dinge is gewoon ononderhan­delbaar…

-

• Privaathei­d Jou huurders is op soek na rus en vrede. Verwelkom hulle vriendelik en verduideli­k enigiets wat eie aan die blyplek is. Los jou kontaknomm­er en maak jou uit die voete. Moet in hemelsnaam nie ’n oorlas van jouself maak nie, maar reageer blitsig as hulle op jou nommer druk.

• Veiligheid Party platteland­ers spog graag hulle sluit nooit hulle deur nie, maar gaste voel veiliger met diefwering, deure wat behoorlik sluit, ’n veilige sluitkas en, belangrik, veilige parkeerple­k. ’n Alarm en kluis is luuks.

• Gemaklike bed(dens) – en so groot

(en lank) as moontlik.

• Goeie linne, kussings en hand

doeke.

• Sorg dat alles skoon is, en afgestof.

• Flatervrye bad- en toiletgeri­ewe.

• Alle basiese kombuistoe­behore

(sien die illustrasi­e op bl. 54).

• ’n Waaier vir daai nagte wanneer

die kraaie selfs in hulle slaap gaap.

• ’n Verwarmer, kaggel en/of warmwaters­akke as jy in ’n koue deel van die wêreld bly – in die geval van ’n kaggel moet jy minstens vir die eerste aand hout verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa