Weg! Platteland

Badkamer en toilet

-

Tweelaag-toiletpapi­er Ja, jy weet dit tog: Niemand hou van Shoprite se goedkoopst­e nie.

Handdoeke Verskaf die grootste, luuksste handdoeke van katoen of bamboes (geen sintetiese stowwe nie, asseblief) wat jy kan – verkieslik ’n “bathsheet” en ’n kleiner gesighandd­oek. Gewone grootte handdoeke is derde prys.

Wasbak en stort Die stort moet groot genoeg wees en die stortkop hoog genoeg sit sodat langerate dit ook kan gebruik (as jy die kop kan draai, des te beter). Sorg verder dat die “arm” wat uit die muur steek, lank genoeg is, anders moet gaste met hulle rug teen die muur staan sodat ’n paar druppels water darem óp hulle kan val.

Toilet Toets self die toilet voor en nadat jy gaste gehad het. Spoel hy reg? Stoot die water op? Is die sitplek en deksel stewig vas en sonder krake wat boude knyp? ’n Toilet kan ’n bitter smaak los.

Geiser Dit moet groot genoeg wees en genoeg warm water verskaf sodat die aantal gaste wat daar oornag, almal kan skoonkom. ’n Gasgeiser wat die water verhit soos wat dit nodig is, kan heel moontlik meer ekonomies wees.

Krane Die warm- en kouewaterk­raan van die wasbak, stort en bad moet duidelik gemerk wees, nie drup nie... en beslis ook nie omgeruil wees nie.

Spieël Verkieslik by die wasbak, en op ’n hoogte waarop Casper de Vries én Victor Matfield hulleself in die oë kan kyk. Dis ’n uitdaging, maar wel moontlik.

Seep Verskaf ’n ordentlike koekie seep (of vloeibare seep) by die wasbak en stort – ’n mens voel effens onbeholpe as jy probeer skoonkom met een van daardie klein koekies seep wat hotelle en gastehuise so graag uitdeel en eintlik bedoel is vir handewas. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa