Dok­ter kom help!

Die le­we van ’n plat­te­land­se dok­ter is heel­te­mal an­ders as dié van sy kol­le­gas in die stad. Sam R­ein­ders volg Prins Al­bert se al ’n paar jaar met haar ka­me­ra...

Weg! Platteland - - Foto-essay -

Soos baie an­der be­roeps­men­se van sy ou­der­dom het Pe­te R­ein­ders ja­re lank daar­van ge­droom om plat­te­land toe te trek. Hy wou gaan uit­a­sem raak op ’n klein dor­pie, ’n slag gaan rus­tig word.

Maar eers moes hy wag dat al die kui­kens die nes ver­laat. Toe, in 2004, voeg hy die daad by die woord en ver­ruil Kaapstad vir Prins Al­bert. Die woe­li­ge stads­le­we is nou bra klein in sy tru­spie­ël­tjie – en dís waar dit gaan bly.

Pe­te is nie som­mer e­ni­ge plat­te­lan­der nie. Hy’s my pa. Hier­die fo­to’s is oor die af­ge­lo­pe de­ka­de ge­neem ter­wyl ek trots toe­kyk hoe hy en my ma, Me­gan, aan­pas by hul­le nu­we le­we in die Ka­roo.

Om hier­heen te trek was nooit sy af­tree­plan nie. Om die waar­heid te sê, dees­dae is hy be­si­ger as wat hy ooit was in sy stads­prak­tyk. Maar dis ’n an­der­ster soort be­sig.

Dis dui­de­lik in my pa se werk en le­we hy is ge­luk­kig. Ek moes hom bel om so ’n paar vrae te vra oor hier­die fo­to’s, en ons het só lank ge­sels dat my sel­foon se bat­te­ry la­ter heel­te­mal pap was.

En is hy spyt oor e­nig­iets? “Glad nie...”

Saam op die pad na her­stel

In die plat­te­land het dok­ters meer tyd vir op­volg­werk – jy pro­beer nie el­ke dag so­veel as moont­lik kon­sul­ta­sies in­prop nie. Jy leer meer oor die lief en leed van jou pa­si­ën­te – dik­wels oor ’n kop­pie kof­fie (of iets ster­kers!). Na­dat die 7-ja­ri­ge Ja­mie May brand­won­de op­ge­doen het, moes sy el­ke dag skoon ver­ban­de kry. Pe­te het el­ke mid­dag ’n draai by die huis ge­maak om Ja­mie se ma, Mi­chel­le, daar­mee te help. In die ag­ter­grond sit Ja­mie se ou­ma­groot­jie, Maria Jan­sen, on­der ’n kom­bers.

Tyd vir a­sem­haal

Op ’n klein dor­pie soos Prins Al­bert raak jy op an­der

ma­nie­re ont­slae van stres. Pe­te het ’n leer­ska­re plaas­die­re op sy erf wat by die dag meer word. Hul­le is reg langs sy spreek­ka­mer, en tus­sen af­spra­ke sal hy gou uit­stap om vir hul­le kos te gee. “Dis hier­die klein oom­blik­ke waar ek ’n slag kan a­sem­haal,” sê Pe­te. Hy plant ook sy eie groen­te – dor­pe­naars ken hom as Piet Pam­poen... ja, om­dat hy sul­ke groot pam­poe­ne k­week!

‘ Ek’s nou daar, Tan­nie...’

Huis­be­soek is nie iets wat jy som­mer nog in die stad kry nie. Maar as plat­te­land­se dok­ter is dit on­los­maak­lik deel van Pe­te se dag. Par­ty pa­si­ën­te is op die dorp, bin­ne

sta­p­af­stand, maar an­der kan 100 km ver wees. ’n Mens sien ge­reeld vir Pe­te in sy stow­we­ri­ge Lan­die, arm by die

ven­ster uit, op pad na ie­mand se huis. >

‘ Sê gou weer? Jy breek ’ n bie­tjie op...’

“Die hart­klop van ’n dorp is sy ge­meen­skaps­ge­voel. Dis vir my moei­lik om weg te gaan vir va­kan­sies. Ek is die heel­tyd be­kom­merd oor my pa­si­ën­te.” Hier was Pe­te met va­kan­sie in die Ka­la­ha­ri, en toe hy wou hoor hoe dit gaan met ’n pa­si­ënt op Prins Al­bert, moes hy teen ’n wind­pomp uit­klim om ’n sein te kry. Hy was juis in die Ka­la­ha­ri vir “huis­be­soek” by ’n ou vriend wat op ’n plaas woon.

Hier is nie­mand ’ n swart­skaap nie

Pe­te sien ge­reeld pa­si­ën­te wat nie men­se is nie – ou­tjies met vier be­ne... of met ve­re. Hy moes al ’n wit­kruis­a­rend se won­de be­han­del en ’n meerkat in­ent. En dan moes hy een­slag ’n skaap se been spalk

en ’n an­der keer ’n hoen­der se been. Ja, met gips. >

Oor ber­ge en da­le

In nood­ge­val­le moet kri­tie­ke pa­si­ën­te soms per he­li­kop­ter na George ge­bring word. Die he­li­kop­ter land dan op die lap­pie grond langs die piep­klein staats­hos­pi­taal op Prins Al­bert ter­wyl nuus­kie­ri­ges saam­drom om te kyk wat aan­gaan. Om­dat die he­li­kop­ter oor die Swart- en Ou­te­ni­qua­berg moet vlieg, is sul­ke vlug­te net moont­lik in goeie weer, en be­dags. Jy moet dus jou nood­ge­val “be­plan” rond­om die weer! Pe­te se Land Ro­ver is som­mer die am­bu­lans wat die pa­si­ënt na die he­li­kop­ter moet bring.

Ma­cgy­ver is die naam

“Na­tuur­lik is dit ’n aan­pas­sing om na ’n klein dor­pie te trek. Maar jy pas maar aan – you roll with it. Ek het ’n blou­draad­fi­lo­so­fie: As iets ver­keerd loop, dan maak jy ’n plan. Jy soek ’n ma­nier, e­ni­ge ma­nier. Jy moet ’n soort mens­li­ke Le­at­her­man wees – iets van al­les kan doen.”

Die­re is ook men­se

Ja­re ge­le­de, toe hy nog ’n kli­nie­se as­sis­tent was by die E­den­da­le­hos­pi­taal in Pie­ter­ma­ritz­burg, het Pe­te ook gi­ne­ko­lo­gie-op­lei­ding ge­kry. Al het hy nooit in dié rig­ting ge­spe­si­a­li­seer nie, kom daar­die op­lei­ding dik­wels han­dig te pas – al is dit dan nou wan­neer ’n bok of skaap op sy werf ge­boor­te die le­we s­kenk. Dié lam­me­tjie is deur sy ma ver­stoot, en Pe­te en Me­gan het hom toe da­de­lik by hul­le laat in­trek. Dis niks snaaks om d­rie hon­de, ’n hoen­der, ’n skaap­lam, t­wee kat­te en dalk selfs ’n skil­pad in die R­ein­ders-huis aan te tref nie. En ja, saans is hul­le som­mer al­mal saam op die bed ook!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.