Weg! Platteland

So maak jy

-

A Kies ’n geskikte plek in jou tuin. ’n Fontein wat jy van die huis af deur ’n venster kan sien, is baie aangenaam op die oog, maar dink ook aan die klank. Jy wil gestreel word deur die geluid van bewegende water, veral op ’n pragtige somersaand. 1

B Bepaal hoe groot jou fontein kan wees vir die ruimte. Moenie ’n enorme ontwerp kies vir ’n plekkie waar ’n klein, eenvoudige ontwerp beter sal pas nie. Moet egter nie die waterbak te klein of vlak maak nie, want dan gaan jy sukkel met groen water weens alge.

C Teken ’n plan met afmetings en die belangrike besonderhe­de, soos die plasing van die dompelpomp/vloeipyp/kragkabel/ spuiter/versiering­s, en dies meer. Maak veral seker dat die elektriese kabel so veilig as moontlik gelê word. Let wel Ons het besluit om ’n bestaande standbeeld as die fonteinkop te gebruik en het die afmetings van die bak daarvolgen­s bereken. Ons het besluit om ’n fotovoltaï­ese sonstelsel te gebruik om die pomp aan te dryf, maar ’n standaard-ac-waterpomp werk net so goed. D Steek af en spit die slote vir die betonvoeti­ngs. 2 As jy standaardg­rootte sement- of kleistene gaan gebruik (klip is ook ’n moontlikhe­id, afhangende van watter eindresult­aat jy wil hê), moet die betonvoeti­ngs minstens 100 mm dik en 200 mm breed wees.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa