Pluk die vrug­te...

Weg! Platteland - - Tuindagboek -

Gaan oes hier­die so­mer self heer­li­ke vars vrug­te by een van dié pla­se reg oor die land.

AAR­BEIE Red­ber­ry-plaas, George

Ge­niet 6 ver­skil­len­de stroop­soet aar­bei­va­ri­ë­tei­te wat jy self pluk, of ont­span in die tee­tuin ter­wyl die kin­ders po­nie ry. Ver­ken ook die groot­ste plant­dool­hof in die Sui­de­li­ke Half­rond met 7 aar­beis­ta­sies en ’n ton­nel! Wan­neer? No­vem­ber 2014 tot ein­de Ja­nu­a­rie 2015 (Maan­dae tot Sa­ter­dae 09:00-16:00). Waar? Geel­hout­boom­pad op die R404 by George. Prys R15 vir ’n 500 g-bak­kie en R25 vir ’n 1 kg-bak­kie. Kon­tak 044 870 7123

red­ber­ryfarm.co.za

MAN­GO’S

Man­go Mania, Hoed­spruit Ge­niet ’n trek­ker-en-wa-rit tot by die man­go­boor­de en soek dan vir jou ’n sak van die mooi­ste man­go’s uit. Proe ook van die nu­we ek­so­tie­se va­ri­ë­tei­te op die plaas en koop droë man­go’s en man­go­sap. Wan­neer? 25 Ja­nu­a­rie en 22 Fe­bru­a­rie 2015. Waar? Ba­va­ria-land­goed, 8 km bui­te Hoed­spruit op die R527. Prys R30 toe­gang en R5/kg vir die man­go’s. Kon­tak 015 795 5380

am­miem@ba­va­ri­af­ruit.co.za

VYE

Hoog­wa­ter-vy­e­plaas, Wol­se­ley Loop rus­tig tus­sen die vy­e­boor­de en eet en pluk vye tot jy soet is tot oor jou ore. Of koop ’n bot­tel wyn en ’n kaas­bord (of kof­fie en koek) en span uit on­der die bo­me. Wan­neer? 23 Ja­nu­a­rie tot 27 Fe­bru­a­rie 2015 (slegs Sa­ter­dae 08:00-13:00). Waar? Hoog­wa­ter-plaas, op die R43 in die rig­ting van Ce­res. Prys R40 p.p. en R5 per bak­kie wat jy huis toe neem. Kon­tak 083 762 2803

hoog­wa­ter­cot­ta­ge.co.za

DRUI­WE

Hands-on Har­vest, Ro­bert­son Ge­du­ren­de dié fees, wat oor t­wee maan­de strek, kan jy by ver­skeie be­ken­de wyn­pla­se kyk hoe die Ro­bert­son­ners wyn maak. Jy kan ook self drui­we pluk, sor­teer of fyn­trap, op ’n trek­ker­rit deur die win­gerd gaan of ’n wyn­proe op ’n per­de­kar doen. Be­soek die web­werf vir ’n pro­gram. Wan­neer? 7 Fe­bru­a­rie tot 29 Maart 2015. Waar? In en om Ro­bert­son. Prys El­ke ak­ti­wi­teit het sy eie prys; be­spreek min­stens 3 dae voor die tyd. Kon­tak hands­on­har­vest.com

BES­SIES

Bes­sie­fees, Ha­e­nerts­burg Pluk en eet so­veel blou­bes­sies of fram­bo­se as wat jy kan op een van d­rie pla­se bui­te Ha­e­nerts­burg, gaan op ’n toer van die pak­hui­se en ge­niet en koop van die ve­le tuis­ge­maak­te bes­sie­pro­duk­te op die dorp. Wan­neer? 14-15 Fe­bru­a­rie 2015. Waar? Ha­e­nerts­burg en om­stre­ke, op die R71 tus­sen Po­lo­kwa­ne en T­za­neen. Prys R40 p.p. (R20 vir kin­ders o.10). Dit sluit in so­veel vrug­te as wat jy kan eet, ’n pak­huis­toer en ’n bes­sie­dran­kie. Kon­tak 082 903 7593

ber­ry­fes­ti­val.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.