Weg! Platteland

Só maak jy

-

A Vorm ’n sirkel met ’n ou draadhange­r en draai groen bloemiste-kleeflint daarom. Maak drie stukke langerige tou ewe ver van mekaar aan die sirkel vas. 1 Wenk As jy van ’n meer bonkige krans hou, kan jy ’n wingerdloo­tkrans as basis gebruik.

2

B Maak ’n “wors” met die mos en begin draai dit in ’n spiraalvor­m om die draad. Bind die mos plek-plek met fyn gare aan die draad vas. Draai genoeg mos om sodat die draad nie sigbaar is nie. 2

Wenk

As jy nie mos kan kry nie, kan jy ook dodder gebruik. C Pak die lugplante op die krans uit totdat jy tevrede is met hoe dit lyk. Maak dit dan met fyn gare stewig op die mos vas. Werk versigtig, want lugplante breek maklik. Dié plante sal gelukkig wees as jy hulle een keer per week ’n ligte missproei met water gee. 3

D Spuit die gedroogde papawerblo­mkoppe goud of silwer en laat dit droog word. Druk dit op verskillen­de plekke in die mos in totdat die krans mooi genoeg is vir Kersfees! 4 Wenk Gedroogde olyftakkie­s, dennebolle of enige interessan­te groot sade sal net so mooi lyk.

E Vat die drie toupunte bymekaar, sorg dat hulle ewe lank is en maak ’n knoop. Hang nou jou krans op aan die hakie wat jy reeds op die regte plek ingeskroef het. 5 Marissa is die eienaar van die blomwinkel Opus in Woodstock, Kaapstad. Gaan kyk by

opusstudio.co.za vir nóg idees of bestelling­s.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa